Jong man verdwyn spoorloos

Dagan Read. Foto: Verskaf

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na Dagan Read (25) wat Saterdag die laaste keer deur sy ouers gesien is.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, het gesê nadat ʼn saak van ʼn vermiste persoon by die polisie aanhangig gemaak is, het die polisie vasgestel dat hy Maandag omstreeks 10:00 die laaste keer deur sy vriende op die N2-snelweg naby die Settlers Nasionale Museum in Grahamstad gesien is.

“Volgens ʼn familielid is Read onlangs op borgtog vrygelaat in verband met ʼn saak in Upington in die Noord-Kaap waar ʼn voertuig sonder die eienaars se toestemming gebruik is. Hy is goed opgevoed en ly aan depressie,” het Govender gesê.

Read het ʼn swart denimbroek, bruin skoene, ʼn groen serp en blou baadjie gedra toe hy die laaste keer gewaar is. Hy het ook ʼn Ferrari-rugsak by hom gehad.

“Die vermiste persoon word nie as gevaarlik beskou nie, maar dit is raadsaam om hom versigtig te hanteer aangesien sy toestand tans onvoorspelbaar is,” het Govender bygevoeg.

Enigiemand wat weet waar Read hom dalk bevind, word versoek om konst. John Groep by 046 604 2000 of 078 867 9569 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Bipoler en NIE onvoorspelbaar ·

En dit is hoekom daar so ‘n stigma aan depressie gekoppel word ” Die vermiste persoon word nie as gevaarlik beskou nie, maar dit is raadsaam om hom versigtig te hanteer aangesien sy toestand tans onvoorspelbaar is”, het Govender bygevoeg. RERIG???

Elke tweede artikel iewers in die media word daaraan gewy om die stigma rondom ‘mental health’ te probeer verwyder….

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.