Die Kommissie vir die bevordering en beskerming van die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe (KGT-Kommissie) het die hof se vonnisoplegging van Themba Josiah Thubane verwelkom op ʼn reeks aanklagte, waaronder huisbraak, ontvoering en moord.
Lees meerAlles vir Maandag 26 Augustus 2019
Soldaat se liggaam in kattebak gevind
Die verkoolde liggaam van ʼn lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is in ʼn motor se kattebak gevind.
Deursigtige ondersoek geëis ná Watson se dood
Die afsterwe van Gavin Watson, die uitvoerende hoof van die eertydse Bosasa, kan ʼn groot impak hê op die werk van die Staatskapingkommissie, en dit is dus noodsaaklik dat die SAPD ʼn deeglike en deursigtige ondersoek moet doen as daar net ʼn sweempie is van vuilspel.
Lesings by NMU opgeskort
Lesings by die Nelson Mandela-Universiteit (NMU) is Maandag opgeskort ná ʼn betoging deur ontstoke studente wat bekommerd is oor veiligheid op die kampusse.
Benoni-nagklubmoord: Só verloop gebeure glo op noodlottige aand
ʼn Ma van Boksburg-Suid het Maandag kop onderstebo geluister na die gebeure wat glo gelei het tot die dood van haar seun in ʼn kuierplek verlede jaar.
ToekomsVenster: Hy is kragtig
Sal die Here ons nie in die tyd waarin ons lewe deur die opstandingskrag van Jesus nuwe lewe laat vind nie? Moenie net by die ou dinge stilstaan nie.
Afrikaspele: SA ryg steeds medaljes in
Suid-Afrika laat steeds die medaljes inrol by die Afrikaspele in Marokko.
’n Matriekafskeid van hoop
“Ek kyk vir hom aan in my hande. Daar is geen lewe in hom nie. Ek is onbewus dat my seun in my hande gesterf het. Hy is dood. En ek sê Here, ek weet nie wat makeer my seun nie, maar ek pleit die bloed van die Lam oor hom.”
Egpaar se moordenaar gevonnis
“Jy het voor hierdie hof gestaan sonder om hoegenaamd berou te toon en dít terwyl jy steeds ʼn web van leuens gespin het.”
Kolisi sal Bokke lei
Min verrassings in Rassie Erasmus se groep van 31.
Ope brief: Jansen het gehelp om dié nuwe kultuur te skep
Die enigste manier om so ’n kultuur op universiteite te voorkom, is dat universiteitsbesture moet ophou dans na die pype van betogers en politici en moet begin om waardes van wedersydse erkenning en erkenning onder studente te bevorder.
Drie gevonnis wat man 37 keer skiet
Die regter het Berry se moord as “gevoelloos en brutaal” bestempel. “Dit was niks minder nie as ʼn voorafbeplande teregstelling.”
Tiener dood in plafon gevind
“Paramedici het in die plafon ingeklim en die beweginglose liggaam van die seun in die plafon aangetref.”
Die Proe’toria-fees is om die draai!
Die vierde Proe’toria-fees is om die draai – bespreek jou kaartjies nou aanlyn.
Jong man verdwyn spoorloos ná ongeluk
Volgens Jordan Lessing is sy broer se selfoon in die motor gevind. Daar was egter geen teken van hom nie.
Zuma ‘het opdrag gegee’ dat regeringspreekbuis moet waai
Simons het bygevoeg Chabane was ooglopend ontsteld toe hy hom vertel het van Zuma se oproep, en het gesê hy is nie geneë met die opvolger wat Zuma gekies het nie.
Robot-sterte vir bejaardes
Oumense moet sterte hê, volgens navorsers by Tokio se Keio-Universiteit.
Waar stilte woon
Daar is net een ding wat die Wes-Kaap kort: die Bosveld. Of so het ek gedink tot ek die geleentheid gekry het om Wildehondekloof Privaat Wildreservaat te besoek.
Dié kunstenaars by nuwe musiektoekennings te sien
Pretoria FM het vanjaar op 17 April, op dieselfde dag dat die kykNET Ghoemas plaasgevind het, aangekondig dat hy ʼn aparte musiektoekenningsgeleentheid gaan aanbied.
Luister: Johny Klein – Storievertel se hartklop by Aardklop
Volgens Johny Klein het hy hom nog nooit self as ʼn gebore storieverteller gesien nie. Maar wanneer hy sy mond oopmaak, vloei die stories byna organies uit sy mond en kan jy nie anders nie as om aan sy lippe te hang en weggevoer te word na ʼn wêreld waar dié stories jou realiteit raak.