Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto: pixabay)

Suid-Afrika het nou meer as 1 594 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 2 191 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Saterdagaand bevestig dat 1 594 817 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 724 nadat nog 37 sterftes aangemeld is: twee in die Vrystaat, 21 in Gauteng, sewe in KwaZulu-Natal en sewe in die Noord-Kaap.

Tot dusver het 1 514 088 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 861 611 toetse vir Covid-19 gedoen, 29 873 sedert die vorige verslag.

Meer as 382 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap196 24712,3%
Vrystaat91 5575,7%
Gauteng427 78226,8%
KwaZulu-Natal337 25421,1%
Limpopo64 1514,0%
Mpumalanga78 9585%
Noordwes68 9864,3%
Noord-Kaap41 8302,6%
Wes-Kaap288 05218,1%
Totaal1 594 817100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 588184 460199
Vrystaat3 91383 3754 269
Gauteng10 762412 1834 837
KwaZulu-Natal10 427321 1695 658
Limpopo2 33661 452363
Mpumalanga1 40276 620936
Noordwes1 72563 6873 574
Noord-Kaap92536 8984 007
Wes-Kaap11 646274 2442 162
Totaal54 7241 514 08826 005

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fritz ·

Een sterfte is n tragedie. Miljoen sterftes is statistiek.
Josef Stalin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.