Jongste Covid-19-statistieke bekendgemaak

(Argieffoto)

Suid-Afrika het nou meer as 712 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 897 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagaand bevestig dat 712 412 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 891 nadat nog 48 sterftes aangemeld is. “Van die 48 sterftes aangemeld het sewe in die afgelope 48 uur plaasgevind.”

Tot dusver het 643 523 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.

Suid-Afrika het tot dusver 4 657 116 toetse vir Covid-19 gedoen, 23 445 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap93 20313,1%
Vrystaat55 0157,7%
Gauteng226 69531,8%
KwaZulu-Natal121 97017,1%
Limpopo17 0982,4%
Mpumalanga29 1954,1%
Noordwes32 5474,6%
Noord-Kaap21 1513%
Wes-Kaap115 53816,2%
Totaal712 412100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 52487 746
Vrystaat1 46740 823
Gauteng4 696205 643
KwaZulu-Natal3 183112 455
Limpopo45115 991
Mpumalanga59427 833
Noordwes40328 727
Noord-Kaap25617 326
Wes-Kaap4 317106 979
Totaal18 891643 523

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mad Mike die Rhodesiër ·

Hierdie statistieke lyk baie groot, maar vergelyk dit met die jaarlikse griep-statistieke en hierdie is ‘n doodgebore vulletjie. Tog is ‘n pandemie nodig om die Antichris-regering in te bring…

gehasie ·

Wat is ons te wagte!! Inperkings op onbewese sg. Pandemie terwyl die werklike pandemie loshande vrylik rondhardloop?

Antoinette ·

Wat verwag mens? Oral waar die rooi gepeupel saamdrom is daar geen maskers of afstand nie. Ek voorspel nog baie, baie gevalle .

Maggies ·

Ek glo die getal is baie hoër in ag geneem dat nie elke persoon wel getoets is nie. My man het Covid-19 in ‘n hospitaal aangesteek, na ‘n operasie.
Hy is na ‘n paar dae ontslaan en is 4 dae later in kennis gestel dat hy blootgestel was aan Covid. Ons het onsself in isolasie gehou.
‘n Paar dae later het hy begin opbring en is positief getoets.
Kort daarna het ek sowel as my seun wat by ons woon, simptome getoon. Ons het besef dat dit Covid-19 is.
Ek was die siekste van ons drie, maar is nooit getoets nie.
Daarom neem ek aan dat daar nog baie meer sulke gevalle kan wees.
Buiten dit… nie almal het die finansies om hulself te laat toets nie.

Lorette ·

Niks in hierdie land van ons verbaas my meer nie! Elke oggend oppad werk toe, sien ek hoe die mense sonder maskers op straat loop in groepe. Hulle kry dan selfs die R350.00 by die Poskantoor sonder dat hulle maskers dra!

Bella ·

En weereens vra ek waar kry hulle die statistieke van die sterftes? Hoe is net 7 mense dood i. Die laaste 48 uur. Maar meer word gerapporteer. Ek verstaan dit regtig nie.

Jacobus ·

Alweer ‘n poging tot paniek saai. ANC strooipop beleid. WGO rapporteer dat sterftes weens TB dubbeld dié van Covid. In ag genome ons regering se ingebore oneerlikheid word dié sterfte ook by COVID verreken.

My siening ·

Min gesondheid hulle het moes nou vir jou verduidelik jy lieg oor syfers!

Mudguard ·

Em om te weet wie herstel het moet jy seker weer getoets word as jy positief getoets het. Wat nie gebeur nie. Of is ek nou sommer simpel ?

Dirk Mostert ·

1,897 gevalle uit 23,445 toetse = 8,09% teenoor 8,36% vir die vorige periode. Die tempo van nuwe infeksies neem steeds af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.