Jongste Covid-19-syfers bekend

Die totale getal Covid-19-gevalle in Suid-Afrika was Dinsdagaand 7 572. Dié syfer het dus met 352 (4,9%) toegeneem sedert Maandag. Die syfers is Dinsdagaand deur die departement van gesondheid bekendgemaak.

Tien meer sterftes is ook weens die nuwe koronavirus aangeteken. Dit bring die getal sterftes weens Covid-19 sedert Maart op 148 te staan. Dié sterftes is in die Wes-Kaap (7), Kwa-Zulu Natal (1), Gauteng (1) en die Oos-Kaap (1) aangeteken.

Die Wes-Kaap het sover die meeste sterftes aangeteken (71), gevolg deur KwaZulu-Natal (36), die Oos-Kaap (18) en Gauteng (15). Die meeste Covid-19-gevalle (3609) is ook tot dusver in die Wes-Kaap aangemeld, hoewel dit belangrik is om te noem dat toetsing in dié provinsie ook die afgelope week noemenswaardig opgeskerp is.

ʼn Totaal van 10 523 toetse is die afgelope 24 uur landswyd uitgevoer, amper ewe veel in die private as in die openbare sektor.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Suid-Afrikaners Dinsdag herinner om hul hande gereeld vir ten minste 20 sekondes te was. “Om jou hande sorgvuldig te was kan lewens red,” het hy gesê.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Willem ·

VRA ELKE DAG VIR MAROELA VIND UIT HOEVEEL GEVALLE TOETS ELKE PROVINSIE

Annelie ·

Toetsings of “screenings”……… ek dink die getal besmette persone is veel meer……. “screenings” is by ons gedoen en as jy nie getoets WIL word nie, is dit nie nodig nie????????
Eers word vrae gevra oor jou gesondheid, dan of jy oorsee gereis het en dan of jy met n besmette persoon in aanraking was. Daar word gevra of jy n hoë koors het en net gesê jy moet heeldag jou masker dra en dan word jy beleefd gegroet…. baie vinnig, maklik en aangenaam, maar ek kan mos jok oor my simptome as ek wou????? O ja, en hul toets jou nie as jy in n normale woonbuurt woon nie… Lancet sal jou toets teen n fooi van R800….

Lizzy8 ·

Wens net mense wil hul oe oop maak. Het al van ‘n paar gevalle gehoor, waar hulle weier om mense te toets. Selfs met hoe koors, en ander simtome wat daarmee gepaard
gaan. Hulle word net eenvoudig nie getoets nie.

Hein ·

Hoekom staan die media nie bietjie saam nie. Se julle weier om verder gevalle te publiseer voor regte syfers nie verskyn nie. Kyk bietjie na Wes Kaap se syfers. Hulle het aangeteken 3 ure voor die tyd dat daar 3677 geval is en nationaal slegs 3609 gewys. Kan staat nie aangekla word vir fals nuus nie? Ek dink gevalle oral is al baie hoër as wat dit wys. Julle werk word moeilik gemaak. Vra bietjie wat aangaan en hoekom sulke foute gemaak word. En dan intussen word gevalle se syfers so baie rondgeskuif. Noord Wes en Vrystaat is van die plekke waar dit gebeur.

André ·

Kan julle asb die getalle toetse wat in elke provinsie gedoen is saam met die positiewe gevalle ook wys? Julle skets ‘n negatiewe prentjie van die Wes Kaap….waar by verre die meeste getoets word. Dan kan almal ook sien watter provinsies sleep hulle voete…

Cabytheron ·

Ek glo niks wat die staat sê nie. Onthou, natuurlik is daar geldelike gewin met die ‘scanning’. Ai tog, die redes vir die tyd mors en verkeerde roetes en planne volg is so onnodig. Ons weet mos al lankal alles is korrup. Hoekom nog so draai en draai. Vat nou tog al die geld en kry tog klaar.

antieke antie ·

ek het dit snaaks gevind dat iemand wat met covid 19 post mens in aanraaking was …net vrae gevra is en gese is omdat hy nie simptome het nie kan hy terug gaan werk toe……

koos10 ·

Na aanleiding van die berig oor Agnus en dat hy 4 keer getoets is, moet daar dringend aanpassings kom op hierdie getalle:
Sê vir ons hoeveel mense is positief getoets en dan hoeveel positiewe toetse daar is!

As dieselfde persone wat positief toets,meer as een keer getoets moet word om te bepaal of hulle nog positief is, dan kan dit mos onmoontlik nie as ‘n nuwe getal besmetting getel word as die persoon nogsteeds positief is nie. Waar kom hierdie getalle vandaan????
Iewers is daar GROOT fout met die regering se wiskunde, maar nou ja jy kan dit seker verwag as 30% nodig is om dit te slaag op skool.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.