Pieter van der Westhuizen, Joost se broer, het aan Maroela Media gesê hulle is bewus van die gerugte. “Dit is die derde keer dat die soort gerugte die ronde doen.” Van der Westhuizen het gesê dit gaan onder die omstandighede goed met sy broer.
Die 44-jarige oud-Springbok is in 2011 met motorneuronsiekte gediagnoseer. Van der Westhuizen is in ’n rolstoel en praat moeilik.
Ai tog wat is dit met die mense wat sulke vals berigte versprei?
Die man is so siek, maar hoe geestes siek moet mens wees om ander se pyn en lyding vir eie gewin te gebruik? Dis eintlik skokkend.
Uitstekend gestel Una. Na wat ‘n mens elke dag in die koerant lees en wat in die wêreld aangaan, kan jy nie dink daar is mense wat nog genot uit ander se swaarkry kan put nie. Maar die Here sien alles. Daar sal met mense soos hulle afgereken word.
Mense hou van sensasie …..even al moet hulle dit self verwek