Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, het Gerwel beskryf as ʼn “dapper leier”. Volgens De Lille het Gerwel studente-inskrywings vir alle rasse toeganklik gemaak toe hy in die laat 1980’s as rektor van die Universiteit van die Wes-Kaap aangewys is.
“Herbenaming is ‘n kritiese deel van regstelling, aangesien dit ons in staat stel om ons verlede te onthou, terwyl ons bepaal watter soort toekoms ons graag wil bou,” het De Lille gesê. “Prof Gerwel se lewe, wat gekenmerk is deur ‘n onwrikbare verbintenis tot ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese samelewing, is ‘n voorbeeld van die soort toekoms wat ons vir Kaapstad wil hê.”
De Lille het Gerwel beskryf as ʼn “pionier van Madiba se reënboognasie-visie” en het gesê sy glo dat versoening ʼn proses eerder as ʼn gebeurtenis is. “Wanneer ons in Jakes Gerwyl-rylaan afry, moet ons besin oor die pad wat hy vir ons gebaan het, en oorweeg of ons op pad is na dieselfde visie.”
“Kom ons neem die tyd om te besin oor of ons van daardie visie weggedwaal het, en laat ons die moed hê om weer ons pad terug te vind,” het De Lille gesê.
Gerwel is in 2012 in die ouderdom van 66 na ’n hartomleiding oorlede.
Die man wat die destydse Afrikaanse UWK verengels het.
More Hanno, ek wonder hoe voel sommige vorige presidente vanoggend. Net laas week was sy naam ter sprake, vir die herbenoeming van ‘n straat, en dit was nie suksesvol nie.