Kaapstad na hoogste hof oor plakkers

Die grondbesetters word verwyder. Foto: AfriSake

Die Stad Kaapstad gaan die Konstitusionele Hof nader om ʼn stokkie voor onwettige grondbesetting op munisipale grond van die Kaapstad-metro te steek.

Maroela Media het vroeër berig duisende voorvalle van onwettige plakkery is sedert verlede jaar aangemeld en kos die stad miljarde rand.

Tydens dié besettings word tydelike strukture en tentkampe reg oor die metropool opgerig, van parke tot sypaadjies, onder brûe en tussen snelwegversperrings.

Die Kaapstadse hooggeregshof het verlede jaar die stad verbied om teen onwettige besetters op te tree. Dit is teen hierdie besluit wat die stad verlof versoek het om te appelleer.

Volgens die burgemeester, Dan Plato, gaan die stad die hoogste hof in die land nader om uitsettingsbevele te kry ingevolge die Wet op Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onwettige Besetting van Grond (PIE).

“Die voortgesette grondbesettings het ’n negatiewe impak op die stad se vermoë om aan sy grondwetlike mandaat te voldoen,” sê Plato.

“Die meeste van die grond wat onwettig beset word, is nie geskik vir die vestiging van nedersettings of die installering van grootmaatdienste nie. Die stad maak reeds van belastinggeld gebruik om tot die bedryf- en instandhoudingskoste van informele nedersettings by te dra.”

Volgens Plato was daar in 2017 altesaam 14 289 grondbesettings in die stad. In 2018 het dié getal drasties tot 87 500 besettings toegeneem.

“Teen 2018 was sowat 2,3 miljoen ha munisipale grond deur onwettige plakkers beset. Teen 2020 het hierdie syfer tot 2,4 miljoen ha grond toegeneem. Dit sluit in grond wat deur die stad en private entiteite besit word.”

Volgens Plato is dit dus nie net die stad wat deur hierdie onwettige besettings geraak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Di ·

Ja Rooikappie nooi mos sy “brothers” van regoor die wereld om verniet hier te kom plak en social grants te trek en tot 10 kinders elk te kry. Ek kan my kop op ‘n blok sit dat 99% van hierdie plakkers immigrante is.

Shakespeare ·

If you do not treat them as their superiour they will devour you…. Albert Schweitzer

JM ·

Daar sal ernstig besin moet word oor die ongebreidelde bevolkingsaanwas in Suid-Afrika.

Di ·

Verseker – DIT is ons grootste ondergang in die land. Stop die grants vir elke kind en begin met sterilisasie dan sal dit drasties verminder. EFF moedig intussen hulle aan om elkeen 10 kinders te kry, wonder waar al die geld vandaan moet kom

Kokerboom ·

SA regstelsel is pateties! Besef hul nie wat implikasies is van onwettige grondbesetting?!!!
Stuur die flippen Ooskapenaars terug. Hul het nou daai provinsie opgevoeter !

Dup ·

Alles fyn beplan om Kaapstad soos die meeste ander mislukte munisipaliteite te laat lyk.Dit is al wat hulle kan doen!

Harley Davidson ·

Vra vir ‘n referendum en stig af van die piesang Republiek van Suid-Afrika met sy piesang republiek wette.

Anton ·

Dit is seker die simpelste oplossing wat ek nou al ooit gehoor het. Met die eerste verkiesing wen die ANC, en dan sit jy met groter probleme as wat jy nou het.

AW ·

Moet Nié Verbaas wees en of Ongelukkig nie, indied die Hoogste Hof, teen die DA Beslis.

Carl ·

Weet die mense waarvan hulle praat? 2.4Miljoen hektaar (‘n hektaar is 10,000m², dus 0,01km²) wat beteken dit is 24,000km² (2% van RSA se oppervlakte) of ‘n area van 100kmx240km – en dit in die metropool…..klink soos Zuma somme. Dan Plato is reg – dis ‘n groot probleem, maar sy somme klop nie.

Frank ·

Alles opgeneuk in die Oos Kaap, nous dit die Wes Kaap se beurt

pompies ·

Ja so hardloop hulle weg van die plek wat hulle broers wat hulle ingestem het regeer na die plek waar daar werk en kos en water is wat deur die vyand regeer word.

Yvonne ·

Deel van die ANC se strategie om die Kaap in te palm en te verniel…ons bid vir uitkoms

annie ·

Dalk kan die DA probeer uitvind hoeveel geld ons van die VN en die buiteland kry om die strome migrante hierheen af te wentel want dit moet ‘n winsgewende ooreenkoms wees. Duisende id-boekies vir volwassenes en kinders moet gedurig afgehaal word by binnelandse sake en talle naamsveranderinge pronk in die Staatskoerant. Hoeveel parlementslede en munisipale amptenare is werklik Suid-Afrikaanse burgers? Sassa en Nsfas sorg vir duisende uitlanders… en die ANC is tjoepstil.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die demografie van die Wes-Kaap is besig om teen ‘n ongekende tempo sodanig te verander dat die bevolkingsamestelling van die Wes-Kaap die nasionale demografie van die hele Suid-Afrika gaan weerspieël. Wat en wie dryf die proses? En wat gaan die gevolge wees . . . ? Besluit self. Caveat Wes-Kaap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.