Die stad Kaapstad het Dinsdag kennis gegee van sommige paaie wat tydelik gesluit gaan wees vir die komende staatsrede en voorbereiding daarvan.
“Om voorsiening te maak vir die staatsrede en die opening van die parlement op Donderdag, 9 Februarie, het die nasionale regering en die polisie versoek dat sommige paaie in en om die middestad vanaf 06:00 gesluit moet word,” het Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdepartement, in ʼn verklaring gesê.
Sy het gesê van die paaie sal ook Woensdag van 17:00 gesluit wees vir voorbereidingswerk en repetisies.
“Die padsluitings sal die normale vloei van verkeer in en om die sakekern, Nuweland, en die lane van die M3 en N2 na die stad beïnvloed. Padgebruikers word versoek om daarvolgens hul roetes te beplan.”
ʼn Volledige skedule van die paaie en tye wat dit gesluit gaan wees, kan hier besigtig word.
Die opening van die parlement begin Donderdag om 19:00.
Gee my die rede vir die vermorsing van miljoene sodat mense in ‘n gehou kan sit en slaap???
En wie betaal vir die ” partie”? Die ancee? Kom weer.