Metrorail-dienste tussen Pretoria en Johannesburg is Woensdagoggend tydelik ontwrig as gevolg van gesteelde kabels op albei lyne by Olifantsfontein.
Volgens Metrorail kon tegniese spanne die gesteelde kabels teen 08:00 vervang.
Die trein wat tussen Kaalfontein en Olifantsfontein loop, is weer in diens asook die trein tussen Pretoria en Johannesburg.
Die maatskappy het vir geduld van pendelaars en werkgewers gepleit weens moontlike vertragings.
Sowat twee miljoen pendelaars word daagliks in Gauteng, die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap deur Metrorail vervoer.
Die passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) besit 317 van die 468 stasies van waar Metrorail sy dienste bedryf. Transnet Freight Rail besit die oorblywende stasies.
Patroleer die spoorlyne met helikopters. Hulle dit doen dit met die Pretoria Delmas lyn.
Plaas ‘n algehele verbod op die handel in 2dehandse koper.
Sabotasie in die DA beheerde rade.
LouE dis n uitstekende idee. Summier 15 jaar tronkstraf indien jy handel in koper. Ek glo nie daar is nog n land in die wereld, waar die burgers hulself so in die voet skiet nie. Brand treine, staak, brand skole af. Wat nog alles. Maar ons wil werk he en by die werk kom en geskoold raak. Nou hoe bring mens die kloutjie by die oor?