Kabeldiewe hou wagte by silo’s aan

Foto ter illustrasie (Foto: Maroela Media)

Tien gewapende rowers het sekerheidswagte by graansilo’s in die Vrystaat vasgebind en aangehou terwyl hulle kosbare koperkabels geroof het.

“Op Goeie Vrydag, net ná middernag, het een van die sekerheidswagte by Welgelee-silo’s in Virginia ondersoek ingestel nadat ʼn alarm afgegaan het. Hy is na buite en het gesien daar is gepeuter met van die koperkabels,” het kapt. Stephen Thakeng Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die wag is terug na die sekerheidsgebou om sy kollegas hieroor in te lig, toe tien mans met vuurwapens die gebou binnegekom het. “Hulle het die wagte met die wapens gedreig, hulle met hul skoenveters aan mekaar vasgebind en aangesê om op die vloer te gaan lê.”

Twee van die verdagtes het die wagte aangehou terwyl die res koperkabels van die perseel af gesteel het, waarna al tien verdagtes van die toneel gevlug het. Volgens Thakeng kon die sekerheidswagte daarin slaag om hulself los te wikkel. Hulle kon toe vasstel dat kabels ter waarde van R132 000, asook hul selfone, gesteel is. Hulle is daarna per voet na die Virginia-polisiestasie om die voorval aan te meld.

Die polisie ondersoek ʼn klag van sakeroof.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

kyk na die wagte se verskillende ernsvlak van die beserings ens, leunverklikker toets mag dalk die waarheid uitbring.

Shakespeare ·

Die kader wagte is onbevoeg, omkoopbaar, skelm en useless soos die miljoene kaders in die Staat sektor…PUNT !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.