Kan SA toestroming uit Zim hanteer?

Beitbrug-grenspos Foto: newzimbabwe.com

Die Suid-Afrikaanse regering beweer hy het ʼn gebeurlikheidsplan om ʼn toestroming van mense uit Zimbabwe die hoof te bied, maar erken in dieselfde asem hy het nie die vermoë om so iets te hanteer nie.

Siyabonga Cwele, minister van binnelandse sake, sê sy departement het ʼn gebeurlikheidsplan ingeval ʼn menigte mense oor die grens by Beitbrug probeer kom weens die gewelddadige betogings noord van die Limpoporivier. Dit behels onder meer om meer immigrasiebeamptes na die grenspos te stuur.

Die Suid-Afrikaanse owerheid hou die situasie by die Beitbrug-grenspos fyn dop terwyl betogings oor ʼn 150%-toename in brandstofpryse in Zimbabwe tot betogings gelei het wat gou in onluste ontaard het. Die nuwe prys van amper R45 per liter is die hoogste ter wêreld, terwyl Zimbabwe nagenoeg die 156ste armste land ter wêreld is.

Die owerheid in Zimbabwe het reeds twee maal internetverbinding in die land laat afskakel om te keer dat burgers deur middel van die sosiale media betogings reël.

Die onluste maak die kans groter dat Zimbabwiërs toevlug in Suid-Afrika sal kom soek, sê die regering, al hoop Cwele die onrus in die buurstaat sal binnekort bedaar. Na raming woon sowat 3 miljoen Zimbabwiërs reeds in Suid-Afrika – wettig sowel as onwettig – maar 17,1 miljoen het in hul vaderland agtergebly.

“Het ons die vermoë om [ʼn toestroming van derduisende mense] te hanteer?” het Cwele in ʼn onderhoud met die SAUK gesê-vra. “Ek dink nie ons het die vermoë om die onverwagte groot getalle te hanteer nie.

“Tydens die Kerstyd is dit beter, want dit word beplan, ons weet mense sal huis toe reis, maar as daar gebeure is wat mense laat beweeg [kan ons nie beplan nie]. Daarom hoop ons hulle sal hul probleme uitstryk.”

Cwele sê amptenare het nie die afgelope twee weke ʼn toename in reisigers ervaar nie; dit sê vir ons die situasie in Zimbabwe het ons nog nie regtig geraak nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Paul ·

Hehehehe ….. “Die Suid-Afrikaanse regering beweer hy het ʼn
gebeurlikheidsplan om ʼn toestroming van mense uit Zimbabwe die hoof te bied, maar erken in dieselfde asem hy het nie die vermoë om so iets te hanteer nie.”

Nodeloos om enigiets verder te sê.

Cyril ….. help!

Gert ·

Cyril kan nie help nie, hy is besig om ‘n padda stadig te kook.

Frieda ·

My bure kom van Zim. Sy t haar broer gaan haal sy se mense stroom oor hiernatoe is baie besig by grensposte.

My 2c ·

En daar suig die SA sponsie weer al die water op. Dis so gerieflik om net oor te loop. Geen paspoort. Geen werk. SA sal sorg. Dis mos lekker.

Chris ·

Ek haal aan; “Die Suid-Afrikaanse owerheid hou die situasie by die Beitbrug-grenspos fyn dop”.

Hannah ·

Dis reg Chris…hul hou die BB grenspos fyn dop….
Kyk en kyk weer…maar sien NIKS

Piet Lourens ·

Ekstra beamptes by die grenspos sal nie die keer wat onwettig oor die grens loop nie.

leser ·

miljoene loop, swem langs die brug na suid afrika
miljoene wat ons belasting geld gaan opmors

Frans C ·

Op sosiale media is daar ‘n skokkende video oor geweld in Zimbabwe.Die ANC-regering swyg oor dit en dit gaan die sg vrye liberale wêreld ogesien en ongehoord verby.

Mag Suid Afrika so iets gespaar bly.

Johann M van Heerden ·

Waar is ons oppad heen? Almal van Afrika stroom in sonder beheer op ons grense. Ek dink persoonlik ons is gedoem met ons huidige regering. As ons kyk hoe plakkershutte opskiet en dan word nog krag en ander dienste gratis vir hulle gebied. Ons gaan ook inmekaar val. Die wat ‘kan’ of liewer die wat moet moet maar betaal en word onbeskaamd gemelk deur selfs die DA in die Weskaap. Ek is moedeloos want daar is geen hoop vir die wit minderheid nie. Ons word van alle kante aangeval en rubriekskrywers in die media hou aan haper op on ‘ historiese’ bevoorregting. Regtig? Na 25 jaar van ‘demokrasie’?

Die Verlore Skaap ·

Jys reg !
Maar julle moet verstaan dat Zimbabwe is eintlik deel van SA. Die een beinvloed die ander.
Die een se pyn is die ander sin

Henk ·

80 persent van zimbabwe is klaar in SA. Wat gaan nog 18 persent saak maak? Die res van nigerie en kenia is seker ook oppad. Hulle was seker ook reeds voor 1652 iewers in SA woonagtig

Helen ·

Ditto Henk, kon dit nie self beter gestel het nie. Ek wonder net watter Afrikaland gaan ons Suid Afrikaners toelaat om net oor hul grens te stap.

Gaps ·

Hoop hulle weet daar is nie nog n land onder SA nie. Dan wil ek sien waarheen hardloop hulle almal.

Johanna Botha ·

Om te dink in 1978 was die zim dollar meer werd as n Britse Pond ….nou is toiletpapier meer werd ….wys jou net wat n gemors dit nou is …die gebalde vuis het verander in n bakhand ?? = ????

Gert ·

Stompie, jy is reg!. Nou haal almal vir Trump so uit oor sy planne! Daar is geen alternatief nie! Suid Afrika is reeds in die ergste moeilikheid denkbaar, nou moet ons nog ‘n paar miljoen vlugtelinge probeer help, weens beleide van hulle regering wat nou slaafs nagevolg word deur ONS regering!!!
Siek!

Frikkie Geld en huis ·

Mbeki se droom, van oop grense, word uiteindelik ‘n realiteit

Paul ·

Genadige vader en ons is nie eens Europa nie, maar sit aan die suidpunt van Afrika.

Hoc est bellum ·

10 % van die vlugtelinge beweeg deur die doeaneposte. Die ander 90 % klim oor of loop deur die stukkende grensheinings.

Santie ·

Presies. Niemand kom deur die grenspos in nie. Hulle kom deur die stukkende heinings. Daar was baie onlangs ‘n program waarin daar gepraat is dat die gate in die heinings so groot is dat selfs ‘n lorrie daar kan deurry. En baie ander kleinder gate. Daar is hope voetspore gevind. Maar aan die ander kant. wat sou ons doen as daar op ons geskiet word en SA is die enigste uitkoms? Ek en jy sou ook maar hierheen gevlug het.

Chris du Plessis ·

Joe 2:2 ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.
Joe 2:20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

ferdi ·

Dit was eers di broodmantjie van Africa toe die wit rasiste daar geboer het nou is hul vermoor en alles verwoes deur di arme onskuldige agtergeblewemde onderdrukte swart mensies siestog

Anoniem ·

Die probleem le nie net by Beitbrug nie dit gaan verder op al langs die Limpopo. Daar is geen behoorlikke grens patrollis nie hulle kom deur die limpopo boere wat walle in die Limpopo gebou het om water op te dam ander grensposte soos Platjan. Hulle gaan instroom en SA gaan met n groot probleem sit. SA ondervind al klaar probleme met onwettige mense in die land.

Eddy ·

Regering is te vrotsig om n noodplan te hê.die land is vervuil met Zimbabwieërs.Ons het ons eie probleme en nou nog vir hulle ook the moet plek gee.Dis als daai fossiel Robert Mugabe se skuld…..””You keep your Britain, I keep my Zimbabwe…”” ☺

Hanna Hoekom ·

Gee sommer vir elke Zimbabwier n Suid-Afrikaanse ID dokument met die intrapslag. Hulle gaan dit in elk geval (onwettig) bekom. Gee sommer n Sassa kaart ook, want dis net n kwessie v tyd voor hy in daardie ry beland… Ek wil net weet waar hierdie Afrikane heen gaan vlug die oomblik as Suid-afrika ook sink. Dan is net die diep blou see oor! En alles gaan natuurlik ou Jan se skuld wees.

Anoniem ·

Die gebeure wat nou voor ons oë ontvou het Mugabe begin in 2000 toe HY die hardwerkende BOERE van hulle plase af verjaag het – GEWELDDADIG ! Die einste mense wat nou moet vlug uit hulle land omdat hongerte besig is om hulle in te haal was die Pionne van Mugabe Hulle moet nou op SY voorstoep gaan bakhand STAAN ! Ai toggie sal AFRIKA nooit LESSE LEER NIE ?

Gaps ·

Hoekom hardloop hulle nie noord nie…dom vraag want daar is nie blankes wat vir hulle kan sorg nie.

Vryheid ·

Afrika sal Afrika bly, derde wereldse denke. Daar is nie plek vir blankes in Afrika nie net jou geld is vir hulle aanvaarbaar. SA en Zim sal nog een word. Net jammer ek het nie geimigreer toe ek destyds die geleentheid gehad het nie!

Tinkie Nagel ·

Stuur sommer hulle weermag ook saam, dalk hardloop n paar miljoen saam met hulle, as daai manne hier losbrand

John ·

Kyk maar hoe het dit tydens die afgelope feesseisoen op ons grense gelyk. Uitlanders en swendelaars gebruik die besige tye om hul planne uit te voer. Onlangs is aangedui dat net 12 miljoen burgers in Zim oor is, maar dit lyk eerder na skaars 5 miljoen. Ons bevolking het sedert ’94 verdubbel, ons ekonomie het gekrimp, ons putte is leeg en Exkom wonder nog steeds hoe ‘n gloeilamp werk. Ons het nie genoeg geld om eers kuikendraad om ‘n nuwe skoolgebou te span nie.

Antionette ·

Al kan hulle dit hanteer sal hulle nie, die val mooi in met verkiesing… dis mos duisende kruisies wat vir ANC getrek gaan word. Met of sonder ID, binne n week het hulle almal een.

Wit koei ·

Moenie worry julle, die regering melk net die wit koei harder, dan kan ons mos sorg vir die buurmense. Pretoria se strate lyk in elk geval lankal na Zimbabwe met honderde smouse wat gemors verkoop en hulle ware sommer net daar op die sypaadjie vervaardig. Dit lyk op baie plekke soos rommelhope. Baie van hulle slaap net daar. Dis ‘n nare gesig en hulle is reg in ons woonbuurte waar hulle ongestoord huise dophou en jou bewegings in detail ken. En wat doen die DA en Solly Msimanga? Sweet blou all. Niks. En ironies my woonbuurt waar ek ten duurste erfbelasting betaal en my paaie waarvoor ek betaal en waarvoor die instromingelinge nie ‘n sent betaal nie, lyk soos rommelhope en hulle slaap gratis in my woonbuurt. Wonderlike land. Melk die wit koei, melk haar

Eddy ·

Dis die probleem wat ons met die Somaliërs het hier in Bellville,Kaapstad.Hulle vervuil daai plek.daar is nie eens plek op die sypaadjie om te loop nie.ek het al 2008 daaroor geskryf maar nee toe sê hulle dis haatspraak.! Haatspraak se voet! Jy kannnie die waarheid onder die mat vee nie

Trots Afrikaans ·

Daar sal ‘n slang sonder kop uit Rhodesia kom…… een van Siener se tekens.

Justice ·

Mugabe `n rolmodel vir Suid Afrika – ek hoop dat Ramaphosa in sy woorde van weleer stik.

At Dippenaar ·

Goot nuus vir Binnelandsesake. Menere, hulle is oppad en hulle gaan beslis nie deur Beitbrug kom nie.

De Villiers ·

Ironies dat die wêreld so tekere gegaan het oor Suid Afrika in die apartheidsjare en sanksies ens. ingestel het as strafmaatreëls. Apartheid is afgemaak as sonde teen die mensdom, maar wat hier gebeur in Zimbabwe is ‘n erger onreg wat gepleeg word teen die burgers van die land (kyk maar na die videos en foto’s van die opstande daar, maar wees GEWAARSKU, dis nie vir sensitiewe kykers bedoel nie). En die wêreld is nou doodstil daaroor. Die rede waarskynlik omdat Zimbabwe nie regtig baie waardevolle grondstowwe of olie besit nie.

En daar gaan ons land se misdaad net verhoog, en meer onwettige immigrante hier (permanent) agterbly.

christa ·

natuurlik is Gauteng die aangewese plek vir die Zimbabwieers. Ons poorte is wawyd oop vir al die werkloses. SA kan nie eers sy eie mense van werk voorsien nie maar die land is vol uitlanders vir wie SA werk het.

Juan ·

well dalk moet ons wat so gemoor word daai kant toe stroom en n nuwe land daar begin hahah

Michelle ·

Wie terg hy nou ons het nie nodig met te sit en wag vir betogers of wanneer hulle probleme uitsorteer nie hulle het al lankal vrylik oor die grens gestroom en doen dit nog steeds as ons mooi kyk is hul een van die dae almal hier. Daar is bitter min wetstoepassing as dit kom by wie is wettig en onwettig in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.