Verskeie persone in Kaapstad het Vrydag op sosiale media aangedui dat hulle ʼn meteoriet deur die lug sien trek het.
Eyewitness News het berig die Sterrewag het bevestig hy het ʼn paar berigte ontvang oor ʼn “brandende voorwerp” wat in verskeie dele van die stad gesien is.
Luisteraars van Kommetjie tot die Paarl het aan EWN gesê hulle het iets deur die lug sien trek.
Die Sterrewag stel ondersoek in.
Just saw #meteorite burning up over Khayelitsha #CapeTown south of #N2. Burnt up in blue-green streak parallel with freeway towards city. ?
— Wilhelm Kühn (@Wil_helm) May 20, 2016
Anyone else just see that giant green #meteorite above Cape Town?
— Richard Finn Gregory (@finngregory) May 20, 2016
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Dalk deel van die nuwe Stephen King fliek wat verfilm word?
Nee, dis die nuwe vliegtuig van ons president op ‘n toetsrit.
Was dit voor of na die Brannas en Coke.
Seker ‘n Meteor en nie ‘n Meteoriet?
Meteoroid (buite atmosfeer) na Meteor (in atmosfeer) na Meteoriet (op die grond).
Nou watter teleskoop kan ek koop om ook die ding te aanskou en miskien nog verder te kyk in die hemelruim. Daar is so baie op die mark, hoe kies mens die regte een, waarna moet mens kyk?