‘Kaper’ doodgeskiet tydens jaagtog

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

(Argieffoto: Kent Williamson)

’n Vermeende kaper is doodgeskiet en ’n beampte van ’n voertuigopsporingsmaatskappy ernstig gewond. Dít ná ’n koeëlreën en ’n jaagtog deur die strate van ’n nedersetting digby Durban in KwaZulu-Natal.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, sê beamptes van ’n opsporingsmaatskappy is omstreeks 09:00 van ’n motorkaping in Montclair, in die suide van Durban, in kennis gestel. Hulle het die gekaapte voertuig in die Umlazi-nedersetting digby die stad opgespoor en agternagesit.

“’n Skietgeveg het tydens die jaagtog tussen die onbekende aantal kapers en beamptes uitgebreek,” sê Gwala.

Die beampte is per helikopter na ‘n fasiliteit geneem vir verdere mediese behandeling (Foto: Netcare911)

“Een kaper is tydens die jaagtog doodgeskiet en een van die beamptes is gewond.”

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici is omstreeks 11:52 na die toneel ontbied waar hulle die gewonde beampte behandel het. Die beampte, in sy 30’s, is in die maag geskiet.

Hy is in ’n kritieke toestand per helikopter na ’n gespesialiseerde fasiliteit geneem vir dringende mediese behandeling.

Die polisie het die gekaapte voertuig in die nedersetting teruggekry, maar die oorblywende kapers het daarin geslaag om te vlug.

“Klagte van motorkaping en poging tot moord word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Althes ·

Here ek bid dat U die gewonde werknemer se lewe sal spaar en hy wonderbaarlik genees.

Adeline ·

Vinger taal vra…. Hoekom is veiligheids beamptes van enige maatskappy nie toegerus met koeël vaste baaitjies en beskermende klere nie?
In die lig van die verskriklike mag van oorvloedige kriminele optrede van groepe en bendes met (wie weet waar die vuurwapens en ammunisie vandaan kom) en die mag wat dit moet kan beheer so onvermoë is dit duidelik dat alle veiligheids personeel deur hulle maatskappye wat hulle verteenwoordig om die tipe van misdaad aan te spreek met dieselfde ontvanklike geweld – beskerming moet geniet van letterlik gepantser te wees soos Robo-cop of hoe?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.