Kenner erken ‘geen bewys’ tussen ernstige Covid-19, rook

(Argieffoto: Unsplash)

Die organisasie Tax Justice SA (TJSA) het ʼn hernieude beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van tabakprodukte op te hef, nadat ʼn vooraanstaande kenner gesê het daar is “geen bewyse” dat rokers hospitaalbeddens tydens die Covid-19-pandemie gaan beset nie.

Yusuf Abramjee, stigter van TJSA, het Vrydag gesê prof. Lucille Blumberg, adjunkdirekteur van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), het in ʼn aanlyn uitsending van die instituut gesê: “Daar is geen direkte en goeie inligting of navorsing wat rook met ernstige Covid-19 verbind nie.”

Volgens Abramjee het die regering ná 17 weke van ʼn verbod op die verkoop op tabakprodukte nog nie ʼn enkele bewese mediese rede kon aanvoer vir die rede waarom die verkoop van tabakprodukte steeds taboe is nie.

“Die enigste begunstigdes is misdadigers in die onwettige handel wat R100 miljoen per dag verdien deur ʼn gaping in die mark uit te buit en peperduur sigarette aan desperate Suid-Afrikaners te verkoop.

“Een van die regering se eie vooraanstaande kenners, prof. Blumberg, het vandag erken daar is geen bewys wat daarop dui dat rokers ʼn groter gevaar weens Covid-19 loop nie. Sy noem egter nie dat daar internasionale navorsing is – wat deur ander kenners nagegaan is – wat wys dat rokers minder geneig is om weens Covid-19 in die hospitaal te beland nie.”

Abramjee sê Suid-Afrika het in hierdie stadium die enigste verbod op die verkoop van sigarette en dat 300 000 werksgeleenthede in die tabakwaardeketting weens die besluit in die gedrang is. Die staat is boonop sowat R4 miljard in verlore aksynsbelasting kwyt.

“Terwyl die hele land spook om die kruin van die virus te verwerk, word hulle vertel dat eerlikheid en harde werk nie betaal nie, maar misdaad wél.

“In plaas daarvan om boewe en onbewese mediese vooroordele te beloon, behoort die regering eerder na die wetenskap te luister en die verbod dadelik op te hef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Pieter Rubeus ·

Jy verstaan nie. Die staat is aanmekaargesit met bedrog. Dit het begin in 1994 ……

Karin ·

Jaja Zuma en res van regering gaan hul gehoor gee nee. LAAT ONS ERDER AAN HONGER EN WERKLOOSHEID OMKOM

Persheks Adri ·

Dis mos presies wat ons sê! Die regering is vol korrupsie en NDZ en haar kinders maak onwettige geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Hulle mors lekker ons geld met onnodige goed en luukshede vir hulself… Dink nie aan die daaglikse belasting geld nie en nog minder oor werkloosheid! Die redenasie darem in die slim regering gaan my verstand te bowe

Prikkie ·

Maar dit het alle redelike mense sonder bymotiewe van dag een af geweet het ons nie!

Hier word ‘n ander agenda gedryf. Wat vra jy? Wel ons kan maar net bespiegel.

Persheks Adri ·

Korrupsie en NDZ se geld maak op swart mark met haar onwettige gemors wat sy dink ons sal koop…

Hoekom ·

Moet nie vergeet dat hulle dit nou verkoop sonder om belasting te betaal nie. Bedrog en belasting ontduiking. Geldwassery se moses…Hulle almal hoort in die tronk.

Vanessa ·

Ek stem. Daars geen bewyse. Ons rokers pas onsself mooi op!!!!!! Sy hoef haar nie oor ons te bekommer nie.

Persheks Adri ·

Ek stem saam met jou! Sy’s in elk geval nie bekommerd oor ons nie net haar geld maak vir onwettige verkope van haar gemors sigarette wat haar kinders verkoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.