Kenners krap kop oor Eskom-aanstelling

André de Ruyter

Die aanstelling van André de Ruyter as die nuwe bestuurshoof van die sukkelende Eskom is uit talle oorde verwelkom, terwyl ander wonder of hy die beste kandidaat vir dié posisie was.

De Ruyter is Maandag, ná maande se bespiegeling, aan die stuur van sake by die beleërde elektrisiteitsverskaffer aangestel. Sy eerste taak sal wees om die kragreus te herstruktureer om meer doeltreffend te wees en ook die land se kragverskaffing te verseker, ten einde verder ekonomiese verval te voorkom.

In ʼn gesprek met Maroela Media sê Ted Blom, ʼn energiekenner, dat hy onkant gevang is deur die besluit, omdat De Ruyter nie ʼn ingenieursagtergrond het nie. Dié voormalige bestuurshoof van Nampak, wat ook 20 jaar in senior bestuursposte by die petrochemiese reus Sasol gedien het, het ʼn LLB en MBA agter sy naam.

“Ek is taamlik verbaas oor sy aanstelling, omdat sy CV aandui dat hy geen ingenieursvaardighede het nie. Die minister het self aangekondig dat dit ʼn vereiste is. Tans blyk dit dat ons weer begin waar ons ʼn jaar terug was, met ʼn raad sonder enige van die nodige vaardighede.”

Dit sal nie die eerste keer wees dat dié 51-jarige  ʼn omdraaistrategie in werking moet stel nie. In sy rol as Nampak se hoof moes De Ruyter die moeilike taak aanpak om die onderneming om te draai nadat dit deur moeilike ekonomiese omstandighede in twee van sy hoofmarkte, Angola en Nigerië, getakel is.

Kritici wys egter daarop dat die verpakkingsonderneming se aandeelprys met sowat 75% gedaal het sedert De Ruyter vier jaar gelede die leisels oorgeneem het.

“Ek twyfel of hy die taak gaan kan aanpak om die herstrukturering teweeg te bring, maar hy het wel die vaardighede om die maatskappy na moontlike privatisering te lei. Dit is definitief nou ʼn moontlikheid,” sê Blom. Ander het die besluit geloof.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) se Wayne Duvenage sê dat die organisasie De Ruyter se aanstelling verwelkom. “Ons ekonomie hang van Eskom af en stabiele, bevoegde leierskap is nou nodig om die organisasie om te draai. Wanneer dit by ʼn gebroke entiteit soos Eskom kom, kan De Ruyter se kundigheid die werk gedoen kry.

“Ons vertrou dat daar egter geen verdere politieke inmengery sal wees in sy rol nie en dat die regerende party hom sal toelaat om sy moeilike werk uit te voer om Eskom reg te ruk. Ons hoop De Ruyter kan die bal nou aan die rol kry.”

Duvenage het ook opgemerk dat die onderneming nou kontinuïteit benodig, nadat dit die afgelope tien jaar deur tien verskillende bestuurshoofde se hande is.

Was daar beter kandidate?

Heelwat kenners van die bedryf het gedink dat Andy Calitz, die voormalige bestuurshoof van LNG Canada, die leisels sou oorneem. “Dit was ons voorspelling,” het Roger Lilley, energiekenner gesê.

Die ander kandidate vir die pos het die voormalige Eskom bestuurshoof, Jacob Maroga ingesluit. Hy was aan die stuur van sake van 2007 tot 2009.

“Daar was ten minste ses kandidate wat dit in die broek het om die entiteit reg te ruk, met ʼn sterk Eskom-agtergrond en ʼn sterk energie-agtergrond,” sê Blom. Hy sê verder dat daar ook sterk internasionale kandidate was wat die leisels sou kon opneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

barend v d westhuizen ·

moenie gepla wees daar oor nie een van die dae sal china in beheer wees van dit hulle is stadig maar seker om oral in te wurm

Zoro ·

Het die Ted Blom niks positive om te sê nie – n drank verkoper is nie noodwendig n alkolis nie

Johan Louw ·

NUM is besorg oor Transformasie…. Die teendeel is genoeg bewys dat ESKOM op sy kniee is as gevolg van juis die sogenaamde Transformasie en BEEEE.

Verseker ·

Verseker sal die stert weer die hond swaai. Indien die hond nie geswaai kan of wil word nie, sal hy ook uitgewerk word, al sou hy Eskom kan of kon regruk. Ek is van mening dat Barend v,d Westhuizen reg is. Ek sal seker al stof wees, maar ek wil nog verder gaan. Hierdie land sal nog n Chinees kry as staatspresident.

Johan ·

Jip, ek werk in uitvoere en sien hoe China Afrika stelselmatig oorneem. Zambië se ekonomie het juis laas jaar sy gat gesien die die Chinese Zesco (hul Eskom), nuwe lughawe in Lusaka en ander staatsbates oorgeneem het weens lenings wat Zambië nie kon terugbetaal nie…

Eks bang SA sit ook vorentoe met só ‘n probleem!

Heinrich ·

Al was hy met gr 4, hy moet net 50/50 gaan dan sal teniminste 50% van eskom werk.

Jimmy ·

Eskom is te oud en lomp om te privatiseer. Privatiseer eerder die sektor deur meer IPPs toe te laat, sowel as ‘n private transmissie netwerk. Terloops, ‘n Chief Restructuring Officer is aangestel om die groep in drie te verdeel.

Bert ·

Weet ook nie so mooi nie.
In sy 4 jaar by Nampak het die maatskappy se waarde met 75% gedaal terwyl hy elke jaar multi miljoene aan bonusse uit hulle gesuig het.

Kerneels ·

En dan was Tito nog die voorsitter daar. Dis kommerwekkend.

skurweberg ·

Hulle het na iemand gesoek met die volgende eienskappe: Hy moet kan bestuurder , hy moet uitstekende leierseienskappe he , sy werkswaardes en werksetiek moet bo verdenking wees. Jy kan 3 tegniese grade en 3 ingeneurs grade he, maar as die ander eienskappe ontbreek, voorspel dit chaos. In die privaat onderwys gebeur dieselfde met uitstekende resultate. Daar is baie baie meer as net die regte kwalifikasies as jy met INTEGRITEIT MOET BESTUUR.

Kobus ·

Eskom het wel korrupsieprobleme en ‘n geldkrisis, maar die kern probleem tans is tegnies van aard. Daarvoor het jy’n BEng nodig wat die bul by die horings kan pak en tegniese besluite kan neem.

Peet ·

Wat help ‘n ingenieurs graad as al die grade wat daar ís niks uitrig of doen nie. As hy dan ‘n voltydse retrenchment visie het kan hy ten minste die plek meer streamline.

Jaco Weber ·

Kobus, nee, wat my laat moed skep is juis dat hy NIE ‘n ingenieur is nie. Hy moet bestuur, nie die plek reg ingenieur nie en daarvoor het jy ‘n bestuurder nodig. Ons het al baie, baie kere gesien dat ingenieurs se vermoëns beperk is tot die tegniese en dat hulle baie swak bestuurders is wat gladnie die groot prentjie kan sien of strategies kan dink nie. Hulle het ‘n ingeboude onrealistiese verwaandheid en geloof in hulle eie vermoë maar probeer alles opbreek in konkrete, klein tegniese oplossings. Die gemors waarin Sasol bv op die oomblik is, is ‘goeie voorbeeld.

Neels ·

Jaco, jy maak nou bewerings wat ingenieurs sal ontstel. Die besluite om Medupi en Kusili te ontwerp en te bou is juis geneem toe “bestuurders” in beheer was. Wat daar gebeur het is geskiedenis. En onthou, De Ruyter was die dryfkrag agter Sasol se mislukte LCCP.

marous ·

Waarom word daar van ligte pigment gebruik gemaak as die plekke planke toe is ? Is dit ‘n eish probleem ?

Wingman ·

Sodra die Zuma faksie die Ramaphosa faksie uitwerk dan is hierdie man op sy eie. Kan moonlik afgedank word, maar die pakket sal baie goed wees.

Judge Dredd ·

Sal geen verskil maak – politieke idiologie en unies sal Eskom kelder…….

Sê-maar-net ·

Ek bewonder hierdie man se durf. Om ESKOM te red gaan ‘n geloofsdaad wees. Hy is selfs bereid om teen ‘n laer salaris te werk. ESKOM het seker oorgenoeg knap ingenieurs om die Bestuurshoof by te staan! Dis mos nie ‘n Een-manshow nie!

Marius ·

Hy gaan virseker glad nie baie langk hou nie so 2 tot 3 maande dan kom almal weer met die “RACE” kaart of “OOM JAN” uit as hy moet begin met restructuring gaan die bollie anyway klaar spat of n strike soos gewoonlik of n Union like niks van wat hy alweer doen nie of eskom kan brand soos als gewoonlik

DS ·

Nampak is besig met retrenchments (ja dis ‘n feit ken iemand wat daardeur geraak word) so hy het een skip laat sink nou verwag hulle hy moet’ n klaar gesinkte skip red. Nee iets is baie snaaks…. So ‘n “Bosasa kom ons betaal vir gunsies en gawes reukie” aan hom…… ????

johan ·

DS – en dis `n slegte ding? As hy maar net toegelaat word om mense by Eskom af te dank, sal dit `n groot positiewe skuif wees om hulle balans-staat te herstel. Die hoop sal egter beskaam want ons regering (en die unies wat hulle aan bewind hou), sal dit nie toelaat nie.

pieter ·

Hys n goeie keuse hy moes sasol se ceo geword het toe vat hul di ou van kanada toe skuif hy nampak toe was n goeie streng bestuurder by sasol gee kans en support hom 110% escom sal verander

Siener ·

Dan is hy een van die senior bestuurders wat teen die wittes gewerk het met die Sasol aandele. Nie een wit persoon by Eskom gaan in hom en sy verlede glo nie. Een van die dae kry al die swart werker ook aandele in Eskom verniet.

Jakkie ·

Nee Siener, hy was reeds weg by Sasol toe die aandeelstelsel verander en wittes uitgeskuif is, daardie aandeelstorie is die afgelope drie jaar geïnisieer. Dit is daardie tweeling CEO’s wat nou die trekpas gekry het se nalatingskap. De Ruyter het reeds vyf jaar gelede toe die Kanadees aangestel is, ander weivelde gaan soek want Sasol het hom ‘n skop tussen die tande gegee deur hom oor die hoof te sien as CEO. Sasol se nuutaangestelde CEO het juis onder De Ruyter gewerk in die chemiese bedrywighede, maw De Ruyter was vyf jaar gelede sy direkte hoof.

Jimmy ·

Jakkie, De Ruyter was die LCCP se hoofargitek. Die tweeling se lot was sy nalatenskap.

Leon ·

Hoe weet jy ‘n maatskappy is op sy einde. Hulle bring boontjie tellers in. Dan is dit net ‘n kwessie van tyd dan maak hulle die deure toe. Gebeur gereeld. Hulle bring nie mense met die kennis van die industrie nie. Die boontjie teller weet net van geld maak en dit is 10% van die probleem. Die tegniese sy is 90% van die probleem. Totsiens ESKOM.

Johan ·

Leon, internasionaal is tussen 1 uit 4 en 1 uit 5 Bestuurshoofde CA’s of ouens met a MBA – want besighede is daar om geld te maak (of gelyk te breek). `n Bestuurshoof maak selde sy hande vuil – hy stel (bevoegde) mense aan om dit vir die firma te doen. Ek reken ouens met `n sake-agtergrond wat toegelaat word om besluite te neem met die minimum politieke inmenging (dis natuurlik net `n wens in ons land), is `n goeie skuif!

F ·

Miskien moet die ander goeie kandidate aangestel word op die Raad. Dan sal Eskom beslis regkom.

K.p ·

Hoekom as dit nie n kader is moet daar n verlaging wees van salaris. Dit beteken as jy nie die plek in die grond wil inry met jou beperkte kennis moet jy n vermindering van salaris aanvaar.

Christa ·

Natuurlik Sal Hy Nou op die sinkende skip gesit word. As die ANC skip Nou sink Sal dit ons Wie mense wees wat blameer word. As Hy gered word Sal ANC weer oorneem vir volgende rit

Foxi ·

Gee die nan n kans, miskien verbaas hy ons. En ja, ten minste was hy op skool………

Spoor ·

Verseker is hy bevoeg. Hy sal daarmee ook seker maak dat daar bevoegte ingeniers is om hul werk te doen.

Jakkie ·

Spoor presies, nou sal dié ingenieurs wat werkloos is, in die buiteland ‘n heenkome moet vind en elke paar maande moet terugkom huis toe, moontlik weer in die bedryf ingetrek word.

Kobus ·

Nee, nuwe mense sal nie aangestel word nie. Die nuwe CEO word juis ingebring om te herstruktueer en/of eenhede te verkoop. Hy het dit voorheen gedoen met Sasol se chemiese eenheid in Europa. Eskom werkers moet maar lig slaap.

Bess ·

Ag jy droom hierdie is n anc insider hy sal slegs swartrs aanstel ek kan nie glo jys so naief nie…

EKKE ·

Ek stem saam met Johan Louw. BAIE instansies is op hulle knieë agv BEEE!!

Siener ·

Geen bestuurder by Eskom kan getrust word nie. Almal het verskuilde agenda’s. Hy is aangestel om van mense ontslae te raak maar die verkeerde mense gaan loop. Dan val die totale krag in SA. Ek sien ‘n donker SA in die toekoms as die werkers teen bestuur gaan opstaan.

Blommie ·

Ek wil nou nie die een wees wat die nuus breek nie.
Maar julle weet hy is wit ne

Sirkus ·

Hom aangestel want dit is te laat om eskom te red en nou kan hulle weer die wit man blameer…

Lindy van Wyk ·

As ek NAMPAK se aandeelprys kyk spreek dit nogal vanself.

CJ ·

Ek is dankbaar ek het nie hierdie man se challenges nie – dit spring vanuit alle oorde op hom. Sterkte, ou maat. Eerder jy as ek.

Philip ·

Moet asseblief nooit in die toekoms weer ‘n woord herhaal wat Ted Blom sê nie.
Vat dit van iemand wat regtig in die energie bedryf werk. Hy weet minder as niks van wat in ‘n kragstasie of in Eskom gebeur nie.
Maroela media sal net goed doen deur hom te vermy.

Frik ·

Daar is niemand by Eskom wat iets van ‘n kragstasie weet nie.

clipper ·

Mnr Blom, ek hoor baie van jou en neem aan jy is n ervare energiekenner, maar waar kom jy daaraan dat iemand n ingenieur moet wees om Eskom te bestuur. Miskien weet jy dit nog ni9e want dit val buite die energiekennis veld, maar om enigiets te bestuur, hetsy Eskom of Suid Afrika verg net die kennis om te lei en om te weet hoe om die regte mense vir die poste aan te stel. As jy dit doen sal daardie mense die nodige kennis en agtergrond he. Van wanneer af moet Carlos Goshn geweet het hoe om n Nissan aan mekaar te sit om Nissan en Renault te bestuur? Hy het geweet hoe om mense te motiveer en wie om aan te stel

Jannie van Niekerk ·

Ek weet nie waaarom kla die mense nie. Nie een enkele een van die ANC politieke aanstellings het oor ‘n ingenieurskwalifikasie beskik nie. Nie een van hulle het ‘n bewese rekord van suskses gehad soos mnr de Ruyter nie. Hulle is inteendeel as parlementstlede aangestel elke keer as hulle Eskom in die afgrond in bestuur het.

Kobus ·

Gaan kyk na die kwalifikasies van top Chinese kabinetslede en die topbestuur can staatsinfrastruktuur groepe. Dan sal jy besef hoekom hulle daar en in Afrika woeker.

Sven ·

De Ruyter se bewese sukses met Sasol se LCCP spreek vanself.

Adam ·

Waarom sal blankes kla indien ander blankes ‘n senior betrekking losslaan. Ek is sprakeloos!!

Frik ·

Die sukses van die LCCP was een van sy groot nalatenskappe by Sasol.

KrokodilBotha ·

Eskom is n long drop, is maar net weer n nuwe persoon wat daar gaan sit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.