Kettingbotsing ná samaritaan langs pad getref word

‘n Kettingbotsing op die N2 buite Durban. (Foto: Netcare911)

ʼn Kettingbotsing het laat Saterdagaand op die N2 naby Durban plaasgevind toe ʼn motor ʼn man raakgery het. Die man het na wat verneem word ʼn motoris langs die pad bygestaan nadat dié se voertuig onklaar geraak het.

“Paramedici van Netcare911 het gereageer op ʼn ongeluk op die N2 by Solomon Mahlangu-rylaan naby Ridgeview in Durban, KwaZulu-Natal. Inligting van die ongelukstoneel af ontvang, dui daarop dat ʼn barmhartige samaritaan wat ʼn motoris langs die pad bygestaan het, deur ʼn verbygaande motor getref is,” het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911, Sondag gesê.

‘n Kettingbotsing op die N2 buite Durban. (Foto: Netcare911)

“Dit het ʼn tweede ongeluk, wat ʼn trok, twee motors, ʼn sportnutsvoertuig en ʼn minibustaxi betrek het, tot gevolg gehad.”

Verskeie mense het geringe tot ernstige beserings in dié ongeluk opgedoen.

“Hulle is deur verskeie nooddienste op die toneel behandel en na nabygeleë hospitale geneem,” het Herbst gesê.

Dit is nie bekend wat met die voetganger gebeur het nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wielspore ·

Neem kennis – grafiese kommentaar. Jare gelede het my vriend saam sy vrou en seun in hul privaat hoedanigheid by ‘n ongelukstoneel gestop om bystand te lewer, hy is ‘n paramedikus van beroep. Sy voertuig het langs die pad gestaan met sy vrou en seun binne toe ‘n swaar voertuig in die ongelukstoneel injaag en met ander voertuie bots, sy motor het aan die brand geslaan en sy vrou en kind het in die ongeluk ontkom.
Dit is so jammer dat mense opofferings maak en da self die hoogste prys betaal. Sterkte aan die vriende en familie.

Miskruier ·

Jesus het gesê daar is geen groter liefde as dié wat hul lewe vir n ander aflê, in hierdie geval sy kosbaarste besittings, God gee ook die krag om voort te leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.