Khampepe-verslag ‘ontnugterend’, ‘kantelpunt’ vir US

Die Universiteit Stellenbosch. (Argieffoto: US)

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag die Khampepe-verslag oor bewerings van rassisme by die instelling bekend gemaak – en die DA het reeds aangedui dat hy dit in die hof sal betwis.

Die US het Sisi Khampepe, ʼn afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, aangewys om die ondersoek na beweerde rassisme te lei.

Die ondersoek, wat in Junie ʼn aanvang geneem het, het gevolg op ʼn voorval waartydens Theuns du Toit, destyds ʼn student, op medestudent Babalo Ndwayana se besittings by die Huis Marais-koshuis geürineer het. ʼn Video van die voorval het soos ʼn veldbrand versprei en het hewige reaksie ontlok.

Du Toit is tydens ʼn tugverhoor skuldig bevind dat hy die universiteit se reëls oortree het en is geskors. Hy het teen die besluit geappelleer en daar word nog gewag op die uitslag van dié verhoor.

Khampepe maak verskeie aanbevelings in die verslag.

Oor die Huis Marais-voorval bevind sy ook dat Du Toit rassisties opgetree het en sê die “transformasieprojek was verlore op die studenteleiers van Huis Marais”.

“Hulle het herhaaldelik hul frustrasie te kenne gegee oor die feit dat daar van hulle verwag word om nasionale probleme op te los wat hulle nie geskep het nie. Hulle het duidelik nie verstaan of ingeneem hoe bestaande stelsels en hul gedrag dalk die probleme voortsit nie.”

Sy sê studenteleiers was van mening dat Du Toit se gedrag nie rasgedrewe was nie, maar die gevolg van drankmisbruik.

Khampepe beveel ook aan dat die nuwe huiskomitee en primarius van Huis Marais leierskapopleiding en mentorskap ondergaan om hulle te help om wat “ooglopend ʼn baie toksiese kultuur is, te help hervorm”.

Theuns du Toit

Die verslag lui: “Die kommissie het, nadat hy die aanbevelings gedoen het, tot die gevolgtrekking gekom dat die universiteitsgemeenskap geleenthede mis om te kommunikeer, te konnekteer en mekaar in terme van ooreenkomste, eerder as verskille, te verstaan.”

Khampepe het ook bevind die universiteit moet die transformasiehulpmiddels tot sy beskikking gebruik.

“Indien dit nie gebeur nie, is dit onwaarskynlik dat die universiteit sy historiese letsels gaan afskud, gaan genees en groei tot die nasionale bates waarna hy streef.”

Die kommissie beveel ook aan dat ʼn verpligte leerplan ingestel word om ʼn kritiese proses van besinning en groei te fasiliteer.

DA wil hof toe

Dr. Leon Schreiber, die DA se kiesafdelingshoof vir Stellenbosch, het die verslag as “verregaande” bestempel en sê dit maak Afrikaans “die sondebok vir enige en alle probleme by die universiteit”.

“Die Khampepe-verslag eskaleer die aanval op Afrikaans tot ongekende vlakke deur die sewe miljoen sprekers van Afrikaans – die mees diverse taal in Suid-Afrika – effektief te blameer vir enige en alle rassespanning en voorvalle soos die urineringskandaal,” sê Schreiber.

Hy sê die bevinding is ontwerp om aan Wim De Villiers, US-rektor, die verskoning te bied wat hy lank gesoek het: om Afrikaans as akademiese taal heeltemal uit te skakel.

“Om Afrikaans met rassisme gelyk te stel is nie net ’n walglike belediging vir ’n hele taalgemeenskap in Suid-Afrika nie. Dit is ook heeltemal irrasioneel, gegrond op anekdotiese en totaal nie-verteenwoordigende bewyse, en in stryd met alles waarvoor ons grondwetlike demokrasie staan.”

Schreiber sê die DA het sy prokureurs reeds opdrag gegee om die Khampepe-verslag in die hof te betwis.

“As die voorste politieke kampvegter vir taalregte in die parlement, sal die DA geen koste ontsien nie om die waardigheid van ons inheemse tale – insluitend Afrikaans – te beskerm.”

‘Kantelpunt’ vir US

Prof. Wim de Villiers. Foto: US

Die US het in reaksie op die verslag gesê die ondersoek is aangevra as deel van die universiteit se verbintenis om diskriminasie en rassisme te bestry.

“Die verslag van die Khampepe-kommissie, met die bevindinge en aanbevelings wat in die verslag vervat is, is ’n kantelpunt vir die US. Met die aanstelling van die kommissie en die gepaardgaande ondersoek het die US homself kwesbaar gemaak en aan moontlike kritiek blootgestel. Met die oog op die toekoms, beskou ons hierdie kommissie egter as ’n belangrike belegging in die welstand van ons universiteit,” sê De Villiers.

“Ons is nou in die proses om die verslag te bestudeer en ons ten volle besig te hou met die bevindinge en aanbevelings. Dit is ’n topprioriteit vir die universiteit.

“Dit is ’n ontnugterende oomblik vir die universiteit. Dit is duidelik dat swart personeel en studente nie hier welkom voel nie, ondanks ons doelbewuste transformasiepogings tot nou toe. Ons moet nou die werklikheid in die oë kyk dat daar ’n gaping is tussen ons bedoelings wat transformasie-inisiatiewe betref en hoe dit in werking gestel word.

“Ons sal hard moet werk om ons institusionele ondernemings te belyn met alles wat in die praktyk en op voetsoolvlak gebeur,” sê De Villiers.

Die Khampepe-kommissie het ook na die US se kultuur in die algemeen gekyk, sowel as ʼn beoordeling en oudit van US-beleide-, bedryfsprosedures en reaksies gedoen. Daar is gekyk na voorvalle van rassisme, die huidige stand van diversiteit, billikheid en insluiting in die US se kampuskultuur, met spesifieke verwysing na rassisme en vooroordeel.

“Hoewel baie bevindinge in die verslag bemoedigend is, is spesifieke denkfoute geïdentifiseer. Daar is baie werk wat voorlê deur die hele US, in die belang van ál ons studente en personeel, in die opregte bedoeling om verwelkomend en inklusief te wees.

“Regter Khampepe het verskeie aanbevelings gedoen wat ons nou bestudeer. Ons sal die bevindinge evalueer en aksieplanne in werking stel om die sake te hanteer wat verbeter moet word en aandag moet kry.”

  • Die US sal Woensdagmiddag ʼn aanlyn mediavergadering oor die verslag aanbied waartydens die rektor en rektoraat meer terugvoer sal gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Oros Soros ·

Het hulle dan nou rerig iets anders verwag? Die woke agenda sal mos orals bevorder word.

Leon ·

As enige mens enige iets anders verwag het as wat oud regter Khampepe gese het is hulle baie naief ???
Sy sou presies dit gese het as hulle haar opinie sou vra sonder enige voorvalle ???????
Die waarheid is dat dit presies is soos dit elke dag in die samelewing gaan en is n wereld wye tendens en sal nooit verander nie
Dit is soos dit is as almal net wil eerlik wees daaroor

Reinald ·

Stuur jou kind oorsee om te studeer (uitgesluit sommige Amerikaanse en Kanadese instellings), ongeag sy huistaal, kleur of etnisiteit. Dan kan dit ten minste in ‘n meer normale milieu ontwikkel!

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is Russiese universiteite wat top grade aanbied in Engels. En dis sagter op jou beursie.

JM ·

Stellenbosch Universiteit wat deur wit Afrikaners begin is en van wie Wim de Villiers nou ontslae wil raak!

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, die ou profs van so 100 of wat jaar gelede het hard geveg vir Afrikaans. Maar die veg is uit die Afrikaner. Ons kla net.

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloops, Afrikaners se ou kenmerk: Bou, deel, gee weg.

annie ·

Ag ja, die UCT-styl sal die volgende stop wees. Grootse veranderinge kom en weg met sy uwe die rektor… Vervang met ‘n inklussiewe wyse-van-formaat en geheime vergaderings to diep in die nag. Die bloudruk is gereed. Indien De Villiers glo hy gaan hierdie rondte wen, is daar slegte nuus. Die US se naam sal ook verander en Stellenbosch sal in die toekoms misgery wil word deur vakansiegangers want die ronmelhoop sal die herinneringe van weleer uitwurg tot fake life galore. Koebaai goeie ou dae.

Republikein in die Wes Kaap ·

Teen 2030 sal daar nie ‘n enkele Afrikaner in ‘n senior posisie wees nie

Dup ·

Deel van die US se verbintenis om van blanke Afrikaanssprekendes ontslae te raak…..

Jannie van Niekerk ·

Indien Wim de Villiers (de Viljee) enige vorm van integriteit het, sal hy die Jan Maraisfonds wat aan US bemaak is ter bevordering van Afrikaans as Wetenskaptaal, aan ‘n Afrikanerorganisasie wat Afrikaans wil bevoordeel, oordra. Mnr Marais se bedoeling was dat sy erflating vir AFRIKAANS moet wees. Hulle moet ook nie met die belaglike stelling vorendag kom dat mnr Marais eintlik bedoel het sy erflating is vir alle tale nie. Indien die trustees daardie fonds vir enige iets anders as Afrikaans aanwend is dit blatante diefstal.

annie ·

Agter-geblewenes se miljoene $’s in sitbanke se gemene deler setel in agter-lik/agter-af/agter-uit. Die Afrikaanse Woordeboek en Langenhoven se ere-toekenning vir sy bydrae tot Afrikaans is seker al verwyder.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sowat 20 jaar gelede het die hooggeregshof in Kaapstad (of dalk Pretoria) in ‘n saak beslis dat universiteite kan bepalings in nalatenskappe na goeddunke wysig. Dit was nadat ‘n “Engelssprekende” swart student ‘n ou beurs ontvang het wat geoormerk was vir ‘n “behoeftige Afrikaner” student.

Koos 100 ·

Ek wil so baie sê, maar 99% sal nie deur MM geplaas word nie, so net een ding. Wim moet gaan.

Martie Smartie ·

Enige wit ouer wat nog sy/haar kind aan US wil laat studeer, moet maar mooi dink

Republikein in die Wes Kaap ·

Waar anders gaan jou kind dan ingenieurswese, medies of fisiese wetenskappe studeer? Alles is nou slegs in Engels, insluitend argitektuur, bourekenkunde, veeartsenykunde en weerkunde. Maar lyk my dit grief net ouers, die jonges pas aan.

Nie Verbaas ·

En wat het die bogenoemde te doen met die kamtige rassistiese probleem?

Bertie ·

As iemand nie Afrikaans wil hoor nie, omdat hy van kleins af geindoktrineer is om Afrikaans te haat, by wie lê die probleem? Definitief nie die Afrikaanssprekende nie. Maar nou word hulle die sondebok gemaak!

Swerwer ·

Rassisme het nooit bestaan nie tot die huidige Kommunistiese ANC Regering aan bewind gekom het.
Ongelukkig loop hul met oogklappe en sal nooit hul foute erken nie. Waar het jy al gesien dat wilde diere en mak diere paar.

Francois ·

So sal die US ook nog verstik in middelmatigheid en dit alles met die dawerende goedkeuring van die huidige “bestuur” en alles om tog net almal ter wille te wees en om tog sooo PC te wees.

Jacques Dawie ·

Die debakel, waar die regering alle Afrikaanse instellings vervang met Engelse ekonomiese bemagtigde studente. Die regering het nog nie een instelling gebou vir die voortbou van hul eie kultuur nie. In stede, moet hul alles wat reeds gestig is oorneem. Skep water in die diepkant en gooi dit in die vlak kant, maar het nie die insig om eerder nog swembaddens te bou nie. Is Potch is n Afrikaanse dorp? Kommunistiese strategie waar die taal die voorbok vir alle kwaad voorgedoen word, geskiedenis verhaal homself. Moet jouself nie vra hoekom die verskillende spesies miere in die houer mekaar aanval nie, vra eerder wie skud die houer. Die korrupte regering kan nie eenheid in die land bekostig nie, want hul sal nie kan aangaan met hul plundering nie…

gatgogga ·

Ons moes al lankal almal saamgewerk het om die Kaap te help afstig. Dit is die enigste manier om universiteite en skole vir ons nageslag te verseker. Ons is die geslag wat aandadig was aan die oorhandiging van hierdie hele land aan die ANC – ons is nou verantwoordelik om reg te maak. Ons is skuldig – en ons sal moet terugbaklei as ons enigiets wil red.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou praat jy! Ons moet red wat nog te redde is.

Vexed ·

Waar begin ‘n mens, hulle praat van ‘n nasionale bate, ja dit was maar sal nooit weer wees nie. Dan histories letsels. Die letsels is dan vars, geskep deur US bestuur en politieke kriminele. So dit gaan nie verander nie. Die enigste idee wat ek het is dat elke hoender maar op sy eie stellasie sit. Verdeeldheid is tog waarvoor werklik geveg word. Dit is hoe die bestuur en ons politieke kriminele tog hulle beursies gaan vol hou.

Fran ·

Ek verkies om met my mense te woon en werk. Maak dit nou van my ‘n rassis? Balaglik siek ANC

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaans het daar gesneuwel. En jong Afrikaners sê niks.

Nommer 7 ·

SU se koshuisreels stipuleer dat ‘n student nie weer in ‘n koshuis toegelaat word indien die student gedruip het nie. Hierdie reel word net toegepas op wit studente. Die Khampepe verslag spreek nie hierdie onregverdigheid aan nie.

Wildemien ·

En so, liewe kommissie, blaas jy rassehaat aan! Wim, ou maat, as jy die ander deel van die bevolking actually gaan vra gaan hulle OOK vir jou sê hulle voel nie welkom by die US onder jou bestuur nie. Maar jy vra mos net een groep en dan skryf jy dit in ‘n verslag neer.
Die interessante ding van jongmense is dat hulle nie goed vaar onder dwang nie. As jy hulle vir ‘n slag uit los sal jy verbaas wees om te sien dat hulle eintlik nie issues met mekaar en diversiteit het nie! JY, my ou, JY, krap waar dit nie jeuk nie en dan kan jy nie verstaan as dit begin bloei nie.

Jannie van Niekerk ·

Ek wonder of oompie Wim nog Afrikaans (kan) praat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.