‘Kill the Boer’ nie haatspraak – hof

Julius Malema in die Randburgse landdroshof (Foto: Skermgreep uit video van hofsaak)

Regter Edwin Molahleni het Donderdag in die gelykheidshof in Johannesburg AfriForum se aansoek teen Julius Malema en die EFF oor die lied “Kill the Boer” met koste van die hand gewys.

Die lied is reeds vroeër deur die Menseregtekommissie (MRK) tot haatspraak verklaar. AfriForum wou hê die hof moet Malema en sy aanhangers verbied om dit te sing.

Die hof het egter bevind dat AfriForum nie voldoende bewyse kon lewer dat die lied geweld veroorsaak het en gevolglik op haatspraak neerkom nie.

Die hof het ook bevind dat die sing van die lied nie plaasmoorde op wit mense aanhits nie.

Tydens die uitspraak het Molahleni aangevoer dat die lied nie letterlik opgeneem moet word nie, soos Malema vroeër in die hof getuig het.

Maroela Media het vroeër berig adv. Mark Oppenheimer, regsverteenwoordiger van AfriForum, het in Junie tydens slotbetoë aangevoer Malema se getuienis in Februarie vanjaar wys dat hy ten gunste van geweld is en wit mense haat.

Oppenheimer het betoog dat haatspraak baie meer as net onbillike diskriminasie wil bereik. “Die sing van “Kill the Boer” kom op aanhitsing van geweld neer.”

Hy het ook verwys na Malema se uitsprake teenoor wit mense, dat hulle almal skuldig is en steeds moet betaal vir wat hul voorvaders gedoen het.

Malema het vroeër in die hof getuig die lied moet nie letterlik opgeneem word nie, aangesien dit bloot op die stelsel van onderdrukking gerig is. Die boer is volgens Malema bloot die gesig van grondbesetting.

Terwyl die EFF die uitspraak verwelkom het, het AfriForum aangedui dat hy teen dit gaan appelleer.

“Hierdie uitspraak skep ’n baie gevaarlike presedent. Die steurende boodskap wat met hierdie uitspraak gestuur word, is dat die aanmoediging van die gruwelike moord van ’n sekere groep gebaseer op hul identiteit aanvaarbaar is en geen gevolge dra nie,” het Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, ná afloop van die hofsaak gesê.

“Vandag se uitspraak het bewys hoe die politieke bestel in Suid-Afrika besig is om te radikaliseer, veral teen minderhede. ’n Politieke bestel waar die aanhitsing en romantisering van geweld teen minderhede deur die regbank goedgekeur word, is nie ’n vrye, demokratiese bestel nie, maar ’n onderdrukkende bestel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

Michael ·

Jy as blanke sal nie kan nie, jy sal net daar gestraf word. Onthou die land is mos nou hul land, om n blanke in Suid-Afrika te wees is nes n bedreigde spesie sonder bewaring.

Tania ·

ek reken so … want hy se die liedjie is nie haat praak nie so ons kan seker sing en doen wat ons wil, …. maak sin hy het nou eintlik die pad oopgemaak vir enige liedjies sing, ons mag nie eers die ou stem sing wat net ‘n mooi lied is nie maar die regter se dat die lied van hulle nie haat spraak is nie kan dit nie glo nie

Tino ·

Ek dink jy kan, jou verweer waneer jy in die hof kom is dat dit nie letterlik op geneem moet word nie

Kenny ·

Geweet daar gaan niks van kom nie want almal ons regters ingesluit is bang vir die nar

asjassie1 ·

Die regter is seker n meeloper van Malemma. Appelleer die uitspraak

Hector ·

Belaglik en absurd!

Hoe kan enige mens nog wil dink dat ons die Suid-Afrikaanse regstelsel ernstig moet opneem terwyl daar sulke uitsprake in Suid-Afrikaanse howe gemaak word!

Geert ·

Dit is nou n goeie bewya dat die regstelsel nie onpartydig is nie. Ons moet dit tog net nie daar laat nie. Hierdie uitspraak is gek.

Vanessa ·

Nou ja dan kan ons ook nou aan ‘n liedjie begin dink!!!

Kenny ·

Ons het een maar dis tronksake daarvoor het hulle seker gemaak

Papsak ·

Weereens bewys dat Malemma en sy kaders kan doen net wat hulle wil en dat hulle maar haatspraak mag gebruik maar doen wit dit dan is dit dadelik toe gesluit wat se daai bewoording kill the boer kill the farmer dit is skoon ophitsing en niks anders nie maar hulle kom weg met moord maar ja ek stem nie saam met daai regter nie pluk by dommie

Arno ·

Malema het nie vir een oomblik ooit bekommerd gelyk in die media of tv nie! Hy het vooraf alreeds geweet dat hy daarmee gaan wegkom!

Sandra ·

Dis reeds as haatspraak deur MRK bewys. Afri Forum moet apelleer. Die arrogante Malema moet ‘n slag in die bek geruk word. En die korrupte spul regters saam met hom. Dis absoluut belaglik!

Oshol ·

Dit sal nie toegelaat word om te sing wat ons op die hart het nie .

Henri ·

“Tydens die uitspraak het Molahleni aangevoer dat die lied nie letterlik opgeneem moet word nie, soos Malema vroeër in die hof getuig het.”

So die gewraakte k-woord moet ook nie letterlik opgeneem word nie en kom dus ook nie neer op haatspraak nie, aldus die pateet van ‘n regter se siening…

Jan Seerot ·

Liewe land! As die spul die ou SA vlag sien, bevuil hulle hulleself. Maar die woord “kill” beteken tog net dit. Moes die mense nie gesplete tonge gehad het nie?

Mariana ·

Niks anders verwag nie. Daai duiwel kom weg met als,gn wonder hy verbeel hom hy is onaantasbaar. Hy is arrogant maar lyk my selfs die regters is bang vir hom. Maar hy sal nog sy moses teëkom, hy en sy EFF. Nou gaan hy nog meer verwaand wees.

Henry ·

Dit kon mens verwag het. As dit andersom was sou dit n ander uitslag gewees het.

Jack ·

Die dubbele standaarde en ongelooflike blatant partydige uitsprake wat ons moes aanskou die afgelope 4 jaar of so is skokkend.Die regstelsel duik in die grond in.

Aletta ·

SA is ‘n grap. Snaaks hoe haat spraak net in sekere maniere gesien word. O die sirkus met al sy narre….

BARNEY ·

Ja, so word ons volk uitgelewer aan die duiwel. Wanneer gaan die vervolging en haat ophou? Die weeklike vrede sal eers kom wanneer Konig Jesus op die Troon sit en vir die vervolgers wys wie Hy is.

gatgogga ·

Barney, vertel bietjie vir ons: wat laat jou nog glo dat “Konig Jesus” ons goedgesind is, en nie die swartes goedgesind is nie?

Nie Verbaas ·

So nou kan ons maar “kill the blackman” sing. Die “regter” moet die brein van n miggie hê. As n regter nie die intellek het om te besef dat daar groot fout met “kill the Boer” is nie, het hy duidelik geen intellek nie. Wat anders?

Tjaart ·

Hoop hierdie belaglike uitspraak en malemma gaan die reaksie kry wat hulle verdien.

Terence ·

Dis ‘n skande. Duidelik kan ons nou sien wie die hof eintlik dien.

Kobus ·

My siening is dat die Regters baie versigtig is om teen ‘n party soos die EFF te beslis. Dus, die beter opsie maak ‘n beslissing met die wete dat daar teen dit appelleer word maar dat ‘n ander Regter dan uitspraak moet lewer. EFF gaan nou sing en dans dat die biessies bewe , net om ons te tart. Hoe lank sloer sake teen agbare Malema?

Marcello ·

Ja, want dan word die spesifieke Regter nie bedreig nie, dit is hoekom hy die “buck Pass”

Blikkantien ·

En arme Penny Sparrow het slegs ‘n vergelyking getref.

Patch ·

Wonder hoeveel is Molahleni betaal deur die rooikappies vir sy uitspraak! Vat dit verder Afriforum en skenk aan hom ‘n Engelse woordeboek om die woord “kill” op te soek en die betekenins na te slaan.

Bertie ·

Dis maklik om hierdie uitspraak te verstaan. Die regter is swart. Die lied moedig swartmense aan om witmense te vermoor. Daarom kan hy maklik bevind dat die lied nie haatspraak is nie, al het die MRK al vroeër die lied as haatspraak verklaar. Was dit andersom, maw as ‘n witmens ‘n lied sou sing wat witmense sou aanmoedig om swartmense te vermoor, dan sou jy tot in die hel en terug verdoem gewees het.

Nie Verbaas ·

Is daar dalk n sanger wat n liedjie kan skryf met die titel ” Dis hoe die ANC narre rol”

Madelein ·

Ons.land is n sirkus met.n.klomp narre wat dit regeer. Wat anders het ons verwag gaan hier gebeur

Gideon ·

Verbaas my glad nie, die reg span wat die saak hanteer het, het onervare voorgekom en opgetree, die man gaan nie een dag in n sel ooit deurbring vir enige iets wat hy se of doen nie, hartseer maar waar…die is net die begin, maar ek berus myself daarby dat God in beheer is, net jammer dat meeste afrikaners sy God verwerp het

Nettie ·

Nee, meeste Afrikaners/Boere het nie hul God verwerp nie. ‘n Groot klomp ja, maar hulle is nog steeds in die minderheid. Bid en vra God, Hy sal jou wys.

Genis ·

Absolute kader ontplooiing- die regter is gekaap, en is hopeloos… So ons kan ook nou sulke uitlatings maak? Die sogenaamde legacy van ou Mandela- bomplanter loop hoog….

Di ·

Boetie sorg vir boetie. Kan duidelik sien wie die regter is, ANC kader

George ·

Ek is nou nie verbaas nie, die regter sing dit 10teen1 saam Malema. Maar in dieselfde asem word hul “seergemaak” deur die K woord, maar om te se KILL the boer is okay. Mag ek dan nou se Kill EFF, dis ons “struggle” lied.

George ·

Al word dit as haatspraak gesien, dink julle dit gaan hom stop?? Jy mag ook nie geboue afbrand, intimideer, loot nie…en dit gebeur tog met elke “staking” inteendeel dink ek dit sal dit vererger.

Boer ·

Goed om dit te hoor, ek gaan nou die ou vlag en die AWB vlag by my huis opsit want in my oë is dit nie haatspraak nie

Herpiet ·

Ek stem – net jammer hulle sal jou in die tronk stop daarvoor

Laksman ·

en so dog ek al die tyd regters is slim geleerde mense……..

Richard ·

So, kan ek nou “Kill the squatter, kill the protestor!” sing?

Tino ·

Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde.

Geregtigheid en respek vir die medemens in SA bestaan net nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

So, gaan ons nou meer van dié slagspreuk hoor? Moet ons reageer of eerder stilbly?

Keelvol ·

Ek gaan nou my vlag tentoon stel. Dis ook nie haatspraak nie.

PieterJ ·

En dis waarom ek nie meer in staat is tot enige empatie of simpatie met enige afrika nie.

Eragrostis ·

Die uitspraak druis teen alle logika in. Dis maar my opinie. Indien hierdie uitspraak die appèl gaan deurstaan, maak dit deure oop vir erge haatspraak vir alle groeperinge, en dit gaan polarisasie tussen rassegroepe en rassehaat vererger, glo my. Waar is objektiwiteit en integriteit in die regbank? Dit breek vertroue in die regstelsel totaal en al af.

Corne123 ·

Dubbele standaarde dat ons nou net iets anders se dan die hel los

Fran ·

Regstelsel is gekaap deur die ANC en sy meelopers. Net die Here kan ons help.

hpven ·

Teenvoeter of gelykmaker vir sy liedjie….. ? Nie die moeite werd om te daal na Malema se intelligensie of redenasie vlak of jouself toe te sluit in sy klein wêreldjie van haat nie….. Dankie maar nee dankie, ek wil nooit maar nooit op sy vlak beweeg nie.

Althes ·

Ek is sprakeloos!!! Kill the Boer is maak die Boer dood!! Ek wonder watter agenda skuil agter die regter se uitspraak. Iets is nie reg nie!

As ons dreunsing bv. Kill the Impi or kill the Xhosa or whatever, was ons skuldig aan haatspraak!
Ons is al vir immers vir nietighede vervolg.

007 ·

Vra vir Steve om vir ons ook ‘n lied te skryf oom Malemmer. Ek sal like om sy bakkies inmekaar te moet ek lag of moet ek huil.

George ·

Maar die ou vlag is…?!?!?!?! n VLAG…maar die letterlike woorde vir moord is nie. Mind blown.

piet ·

Die vraag is wat gaan die blankes se reaksie wees? Daar behoort nou in massas betoog te word (fisies, opruk in groot getalle) om ons misnoee te kenne te gee maar dit sal nie gebeur nie. Betogings is die manier van doen in SA as jy jou siening wil oorbring, al taal wat hulle verstaan. Ons mense moan vanuit die gerief van ons leuenstoele. Dit beteken niks. Hierdie is definitief ‘n gevaarlike presedent, kan nie daar gelaat word nie. Is dit die definisie van haatspraak dat dit tot geweld MOET aanleiding gee? Ek twyfel.

Andrew ·

Dit is wat gebeur as jy jou vryheid weggee vir n bietjie krieket . Meer en meer regters gaan so begin redeneer.

Pieter J ·

Andrew ek stem 100% met jou saam. Soos wat die ANC die regbank al hoe meer transformeer sal dinge al hoe erger word soos in die res van Afrika.

Dolla1961 ·

Krieket wat in vandag se tyd ook ‘n absolute grap is. Wie kyk nog na die simpel krieket wat hier is SA gespeel word.

Vrijburger ·

Voorstel: Volg die VSA model. Begin ‘n ‘Go-fund-me’ om geld te in vir regskoste. Kry ‘n groep slagoffers van plaasmoorde wat bereid is om ‘n groepsgeding teen Malema / EFF te begin met Solidariteit se ondersteuning. Eis miljoene vir pyn en emosionele leiding ens.

gatgogga ·

En wie sit nog steeds op die regbank? Wat gaan anders wees?

Blikkies ·

Absoluut Skokkend. Daai ding wat nou al lank broei moet nou maar begin, maar hierdie nikswerd moet weet, dieselde Boer wat hy so uitard sal net weer uit die as uit opstaan, hy sal nie.

Anel ·

Nou maar ja, as die volgende een sy pote op ‘n plaas sit skiet him vol gate en gaan gooi hom vir die aasvoëls. Maar my volkslied is haat spraak! My volkslied is my foon se luitoon en kyk, as ek in die openbaar is vat ek my tyd om te antwoord. So wie gaan wat aan my doen?

Arno ·

Nee my broer en mede Suid Afrikaners, dis baie duidelik wat hier aant gebeure is, maar verseker dat as die skoen aan die ander voet gesit het, daardie persoon alreeds sonder parool in die tronk sou gesit het. Enige nugter denkende persoon wat nog in ons regstelsel glo, leef in n absolute droom paradys!

Martin ·

Ek kan sien volgens die hoeveelheid mense wat kommentaar lewer dat almal ongelukkig is oor die uitspraak. Ek persoonlik voel ook dat daai liedjie wat gereeld deur die EFF gesing word onvanpas is en aanhitsend rassisties is spesifiek teenoor die blanke bevolking. Solank as wat daar sulke negatiewe liedjies goedgekeur word in SA sal daar rassisme wees.

Willem ·

Ek is geleer dat woorde volgens hul gewone betekenis uitgelê moet word. So wat beteken “Kill the Boer Kill the farmer”? Is dit nie “Maak dood die Boere en maak dood die boere” ? Dit is duidelik soos daglig dat dit opruiend is en moord aanhits. Maar die regter is swart en sy uitspraak strook met wat goed is bir sy rasgenote.

Oosieoos ·

Dit is nog een van die swakste uitsprake in ons geskiedenis en moet met minagting verwerp word. Duidelik is dit aansporing tot geweld. Appeleer asb en doen tog aansoek dat die regter verwyder word van die bank.

PoppieK ·

Ok so ons kan sing “kill the black kill the brown” – dit belowe ek jou sal haatspraak wees

philippus ·

Duidelike bewys hoe die regstelsel met onbevoegde kader hansworse en lakeie besaai is

Stoffeltjie ·

Ongelooflik! Ek het nie woorde nie. Ek wens net die regter kan die prentjie omdraai!

Adam ·

Ek neem gruwelik aanstoot as hulle die lied sing
Net soos hulle die k – woord afstootlik vind.
Ek neem aan ons kan mekaar nou maar toesnou wat ons wil. Die hipokrasie is verbysterend

Maria ·

Hoop Afriforum appelleer. Skandalig maar toe die uitslag so sloer toe besef mens die saak is eers verwys na die geldmagte “elders”. SA is ook maar ‘n pion wat uit die buiteland regeer word van die ABO se tyd af. Dis hoe segregasie ingevoer is en die skuld word op ons gepak . Nou is ons n demokrasie en die direksies van ons myne is die ANC elite, engelse lords en wie weet nog . .

Adam ·

Die huidige regering het elke greintjie morele hoegrond oor die verlede verloor. Die tyd vir jammer se en apologeties wees is verby. Hierdie uitspraak bevestig dat rasse verdeeldheid in hierdie land nooit sal eindig nie..

Marcello ·

Nee, ek glo dit nie…AfriForum hou asb. aan, totdat julle ‘n positiewe uitkoms kry.

T-Man ·

Ons moet onthou ons lewe in n tyd waar verkeerde gedrag reg is en regte gedrag verkeerd, waar mans dink hulle is vrouens en vrouens mans… die uitspraak verbaas my nie meer nie, ons moet terugkeur na ons geloof en bid vir verandering.

blia ·

Ek is besig om my kinders te help met navorsing vir a taak oor Nelson Mandela. Een ding is ek oortuig van… Sy bedoeling was om gelykheid te bring… nie om die skaal van gelykheid en regverdigheid weer heeltemal na die ander kant toe te tuimel nie. Ek is van die mense wat altyd gesê het, ek sal baklei tot die einde, ek SAL NIE my land verlaat nie… maar regtig, dis werklik pynlik om te sien hoe hierdie land ten gronde gehelp word…nou selfs in ons regstelse. Ek is oortuig daarvan dat ‘n soortgelyke saak in enige ander land as haatspraak bestempel sou word.

Gaitsigubib ·

Ek is bly jy maak so n studie Bla, dan sal jy begryp wat ek vir jou se, jy is in die kol as jy se dat hy gelykheid wou bring, hy was immers ‘n stoere kommunis. Onder NM het Peter Mokgaba begin met “Kill the Boer” en is baie strate en stadions later na hom vernoem, voor die Blinde Sambok met sy gal gewerk het.

blia ·

Die sing van die lied hits nie geweld aan nie. So… Die die plaasmoordenaar wat op die mure geskryf het met sy slagoffers se bloed “Kill the Boer” was nie aangehits deur ‘n lied met presies dieselfde woorde nie? Die moordenaar het dan self getuig dat die lied hom aangespoor het om dit te doen!

Jr ·

Mense hierdie is nie n probleem. Nou by enige sports byeenkoms as die Landlied gespeel word KNIEL ONS, OF BLY SIT MET ONS VUIS IN DIE LIG VIR DIE NKOZI GEDEELTE EN STAAN AS DIE STEM GEDEELTE WORD GESING EN SING HARDOP EN KEEL LUID UIT. OF AS NKOZI BEGIN DAN SING ONS DIE STEM UIT VOLLE BORS SODAT ONS DIE ANDER LIED OORDOOF. HIERDIE IS NIE HAAT SPRAAK NIE, DIS ‘N VORM VAN PROTES. Dit is nie nodig vir die skryf van n liedtjie, die STEM VAN SA is klaar daar.

Mike ·

“Die hof het egter bevind dat AfriForum nie voldoende bewyse kon lewer dat die lied geweld veroorsaak het en gevolglik op haatspraak neerkom nie” dis belaglik maw daar moet eers geweld plaasvind agv so ‘n liedjie voordat dit dalk as haatspraak geklassifiseer kan word.

“Die lied is reeds vroeër deur die Menseregtekommissie (MRK) tot haatspraak verklaar” dws die een hand weet nie wat die ander doen nie, die een “menseregte” instansie verklaar dit as haatspraak en die hof (‘n regter) sien dit nie so nie, hoe dan nou?

Die feit dat die woorde “kill” en “boer” of “farmer” saam in een sin in die liedjie gesing word is so duidelik soos daglig haatspraak en aanhitsing tot geweld. My oplossing sou dan wees om ‘n soortgelyke eie liedjie saam te stel om dan so die howe se neutraliteit te toets.

gpsa ·

Dit wat ek gesien het, het malema die vloer gevee met Afriforum se prokureer. Afriforum het nie die vermoee om hom aan te vat nie. In my opinie

Marelize ·

Ek weet nie van ander nie, maar dit laat my baie onwelkom in my eie land voel. Wonder of ek kan weier om tax te betaal.

Kattebol ·

Die frase “kill the boer” is reeds haatspraak en aanhitsing. Wonder net hoe sou “kill the zulu / xhosa ” ontvang word?

Christine ·

Absoluut skokkend! Hoe kan daar ooit harmonie tussen wit en swart mense wees solank as hierdie lied gesing word. Dit vul my met afgryse.

Darts girl ·

So dan gaan ek ook nou n lied opmaak en dan gaan ek ook se dit moenie letterlik gevat word nie. Dit staan mos duidlik in die titel dat dit haatspraak is.
Malema jy moet bietjie dink voor jy praat of doen en sommer die regter ook, ek stem om teen die bevinding te appeleer as ons nie die stem mag sing nie mag kill the boer ook nie gesing word nie.

Wendy ·

Ek glo nie wat ek hoor nie sulke uitsprake KAN mos nie aanvaar word ,?

Nico ·

Dir verklaar waarom daar klaarblyklik net blanke “rassiste” kan wees, maar ook nie Swart “rassiste” nie. Dit verklaar ook hoekom ‘n “Black Lawyers Association”nie “rassisties” is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit as “rassisties” beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte verbied word, dit is hoekom die saak geskraap is.

Nico ·

“Rassisme” kn as niks anders as ‘n lawwe verbeeldingsvlug (fanciful speculation) beskou word nie.

ALTA ·

Dit hang ook maar af wie sit in die regter se stoel.Laat ek nou sing KILL THE…….dan gaan jy sien hoe vinnig maak hulle n U-draai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.