Malema het geen berou oor ‘Kill the Boer’ – AfriForum

Julius Malema (Foto: AfriForum)

Regter Edwin Molahleni het Maandag in die gelykheidshof in Johannesburg uitspraak voorbehou in die haatspraaksaak tussen Julius Malema, die EFF en AfriForum.

Die saak handel oor die sing van die lied “Kill the Boer” wat reeds vroeër deur die Menseregtekommissie tot haatspraak verklaar is.

Slotbetoë is Maandag in die saak gelewer. Adv. Mark Oppenheimer, regsverteenwoordiger van AfriForum, het aangevoer Malema se getuienis in Februarie vanjaar tydens die saak wys dat hy ten gunste van geweld is en wit mense haat.

Gegewe die feit dat hy in ’n magtige posisie as die leier van die derde grootste politieke party (die EFF) in die land is én die feit dat die lied “Kill the Boer” vroeër deur die Menseregtekommissie en ’n ander hof tot haatspraak verklaar is, is nóg meer rede waarom hy tot verantwoording geroep moet word, het Oppenheimer gesê.

Hy het ook betoog dat die video wat tydens die vorige hofsaak buite die hof geneem is van Malema se ondersteuners wat duidelik “Kill the Boer” gesing het, ook deel van die getuienis in dié saak moet wees.

Dit bewys duidelik dat dit nie strook met die woord “Kiss” wat Malema vroeër voorgehou het in sekere gevalle wel gesing is nie. Terwyl hy ook daarna getuig het dat hy niks daarmee verkeerd sien dat “Kill the Boer” gesing word nie en dat hy nie omgee dat sy ondersteuners dit sing nie. “Sy getuienis kom nie ooreen met die weergawe wat voorgehou word dat die lied gemik is op ’n onregverdige stelsel nie.”

Oppenheimer het betoog dat haatspraak nie net onbillike diskriminasie is nie, maar baie meer as net dit wil bereik. “Die sing van ‘Kill the Boer’ kom op aanhitsing van geweld neer.”

Hy het ook verwys na Malema se uitsprake teenoor wit mense en dat hulle almal skuldig is en steeds moet betaal vir wat hul voorvaders gedoen het.

Malema het ook die fenomeen van plaasmoorde ontken en in reaksie op die hartverskeurende getuienis van slagoffers wat sulke aanvalle oorleef het, gesê dit raak hom glad nie. Dít terwyl daar getuienis en statistieke is oor die omvang van plaasmoorde en die brutaliteit en geweld waarmee dit gepaard gaan.

Oppenheimer het gesê daar kan nie verskillende reëls vir verskillende rasse wees nie soos wat dit onder apartheid was. Malema kan nie anders as enigiemand anders behandel word wat hom aan haatspraak skuldig maak nie. “Malema het in sy getuienis volgehou om ’n onberouvolle houding in te neem wat haat versterk.”

Malema het ook vroeër volgehou dat hy nie kan onderneem dat daar nie die een of ander tyd ’n slagting van wit mense sal wees nie.

Adv. Mfesane Ka-Siboto (Foto: AfriForum)

Adv. Mfesane Ka-Siboto vir Malema en die EFF, het in sy slotbetoog geargumenteer dat Ernst Roets se deskundige getuienis verwerp moet word omdat hy ’n werknemer van AfriForum is en veldtogte teen plaasmoorde dryf. Hy het ook aangevoer dat Roets se boek Kill the Boer “niks anders as hoorsê” is nie. Oppenheimer het geargumenteer Roets is ’n geloofwaardige getuie en dat daar meer as 1 000 verwysings in die boek is om die navorsing te staaf. “Hy het geen persoonlike belang by die saak nie.”

Ka-Siboto het voorts geargumenteer die hof moet verstaan wie en wat Malema en sy politiek is wanneer hy die lied sing. Hy voer aan politieke liedere kan nie letterlik opgeneem word nie en daar moet gekyk word na die spesifieke betekenis wat dit het vir diegene wat dit sing.

Ka-Siboto het ook na aanleiding van die getuienis van dr. Duncan Prinsloo, wat in 2008 saam met sy vrou, Laetitia, in ’n plaasaanval was, voorgehou dat daar geen bewys is dat mense direkte sielkundige trauma of gevolge het weens die sing van “Kill the Boer” nie.

Prinsloo het vroeër tydens sy getuienis bewoë vertel hoe die gebeure sy en sy gesin se lewe onherroeplik verander het. Hy het ook sy lewensmaat in die aanval verloor.

Ka-Siboto het met verwysing na ’n aansoek deur die applikante dat Malema en die EFF die koste moet dra, aangevoer die hofsaak het te lank geduur en volgens hom was ’n groot gedeelte van die getuienis sonder enige meriete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Andries ·

Wanneer die klaer nie gelyk gegee kan word nie, word uitspraak voorbehou. Sulke optrede sal maak dat die hof sy geloofwaardigheid verloor.

AmY ·

Gelukkig is daar DIE GROOT REGTER wat eendag finaal daaroor sal besluit.

Kokerboom ·

Die EFF is SA se sprekende voorbeeld van swart rassisme. Hul floreer daarop, slaan munt daaruit en die regstelsel is te slapgat om dit hok te slaan veral waar swart regters voorsittend is. Hul vrees reaksie uit die militante deel van hul gemeenskap. Is dit so moeilik om die rubicon te kruis?!

Althes ·

JM wat jy saai sal jy maai. Mense is net untouchable vir ñ tydperk. Die Bybel het die oeroue lewenswaarhede wat jy kan maar gaan opswot.

Annelie ·

Hoe redeneer n mens met so n persoon wie se hart so verhard het en hy tree op soos n persoon met n baie lae IK.

Hannelie ·

Kon nie iets anders verwag…..want hy is daai tipe wat maar net rassisties sal bly.

Natasha ·

“Hy voer aan politieke liedere kan nie letterlik opgeneem word nie en daar moet gekyk word na die spesifieke betekenis wat dit het vir diegene wat dit sing.” – Met daai redenasie kan ons die ou landsvlag en die stem terug bring.

Skim ·

Jy moet onthou hy bedoel dis reg vir hulle om die lied te sing, maar die wit mense mag niks sê of doen nie. Hy maak my so kwaad , ek gaan nog ‘n aar bars

Daniel ·

Gelukkig weet ons die wiel draai!
If you live by the sword, you die by the sword”

Cherokee ·

Ek lei af jy vergeet dat die wiel reeds gedraai het tydens die referendum op 17 Maart 1992.

Toy ·

Hoekom sal hy berou he, hy kan ons blanke mense nie verdra nie. Die Here sien hoe hy is en wat hy doen, hy gaan nog rekenskap gee.

Martin ·

Julius is ‘n groot rassis en hy is lief vir aanhitsing van geweld teen minderhede. Wat sal gebeur indien iemand ‘n liedjie more publiseer “Kill the Blacks “… Dit sal onvanpas wees om ‘n liedjie “Kill the Blacks ” uit te bring en die BLM beweging sal definitief nie stil bly oor so ‘n liedjie nie. Julius moet vas gevat word in die hof vir rassisme en aanhitsing van geweld.

Dup ·

Miskien kan een van ons vele Afrikaanse liedjieskrywers vir ons ñ trefferliedjie skryf oor JM en sy meelopers.Soos die Engelse spreekwoord sê: “It takes two to tango”. …….

Cherokee ·

Nou wil jy hom werklik nòg meer bekend maak. Die media is die oorsaak deur hom op voorblaaie te adverteer en jy wil dit voortsit met liede oor hom. Ag tog, daar’s beter dinge om oor te sing!

Manie ·

Hou eenvoudig op om die knapie en sy patetiese party hoegenaamd enige publisiteit te verleen. Hy hou daarvan om omstrede en in die kollig te wees. Hy sal dit nie kan hanteer indien hy geen media dekking kry nie. Hy floreer egter nou daarop en ongelukkig speel die media reg in sy hand om hom heeltyd in die kollig te hou.

Harley Davidson ·

Die media is malema se grootste vriend in Suid-Afrika as hulle hom nie so aanblaas weens sensasie soekery nie sal sy boodskappe nie so baie dom mense bereik nie.

annie ·

Hy kon skynbaar nie ‘n plaas in Zim bekom soos van sy familie destyds nie toe Oupa Mogabe dit soos soetkoek uitgedeel het. Nou probeer die voordanser dieselfde truuks in SA baie te voor in die koor. Die artist moet oppas hy word dalk een van die uitlanders wat weer terug deur die heining moet spartel as plaaslike ‘naastes’ dik word vir die uitlandse oorheersende uitbundige dreunsang.

Jack ·

Nee wat.Die verskil tussen ‘n wit en swart regter hier sal beslissend wees.Besef julle nou die probleem as howe en sportorganisaies nie meer geloofwaardig is in hulle besluite nie? Daar is nie meer hoop nie.

ES ·

Klink vir my of adv Ka-Siboto gryp na grashalms. AfriForum het dan soliede bewyse gelewer.

domheks ·

Uitspraak voorbehou? Vir hoe lank? Tot die perde horings kry?

Andre ·

In die algemeen word mense soos skape na die slagpale gelei met sogenaamde leiers wat onvermoë is of nie die wil het om vir ‘n ander bestel te veg nie. Wat aan ons voorgelê is 28 jaar gelede werk net nie

Esme ·

Bestaan daar nog ‘n regstelsel in die land? As ek na misdaad kyk en sake wat wel opgelos word, is hierdie nie werklik vir my nuwe nuus nie – net ‘n voortsetting wat begin is en die einde is nie in sig nie. Afhangend van wie jy is, mag jy praat, maar sommiges van ons, mag nie eers ‘n eertydse vlag vertoon nie, want dan is dit haatspraak.

Pieter ·

So beteken dit ons kan ook die lied sing by politike byeenkomste en die woorde net verander na iets wat vir ons dan ons struggle sal uitbeeld? Op die oomblik word ons blankes onderdruk met dinge soos BBEEE, plaasmoorde en nog baie meer, so ons kan dit ook dan n struggle lied maak vir ons ?

Jr ·

Julle sal dit nie plaas mm maar hierdie vent en sy puppets wat hom volg is ook nie ons vriende. Jy sal jou dag kry. Die spreeksin wat sê ” die ding wat jy haat die meeste sal jou dood maak” Bring it on fatboy

Miena ·

…Malema se uitsprake teenoor wit mense en dat hulle almal skuldig is en steeds moet betaal vir wat hul voorvaders gedoen het… ek weet nie van my mede wit mense nie – maar ek leef beslis nie in die verlede soos die res van die volk nie!!! so ek voel nie eersk bietjie skuldig oor wat 40 jaar gelede gebeur het nie – dis nie my skuld nie – ek het niks met dit te doene gehad nie – wat nog te se van Slag van Balmoral, Slag van Bloedrivier, enige Boere-oorlog – ag nee my magtig geen wonder ons land kan nie vooruitgaan nie want (hulle) almal leef in die verlede en nie vir die toekoms nie. Nie vir dit wat kom nie. Nie vir dit wat ons nou beter kan begin maak nie… agge nee ek moet dalk sommer nou n bloeddruk pil loop soek want dit jaag my bloed se refs sommer die hoogtes in!

Frank John ·

Hey Malema, jy’s mos ‘n Zimbabwean, wat soek jy hier? Jy het mos nie politieke reg hier nie. Jy’t klaar jou land opgevoeter nou wil jy dit hier ook doen. Na Suid Afrika, watter land gaan jy dan aan vat en opvoeter?
Ek kan nie glo dat jy gevolg word deur Suid Afrika mense nie. Kan hulle nie hul eie leiers volg nie?

JM ·

Malema is nie ‘n Zimbabwiër nie. Hy is in Limpopo provinsie gebore.

Vanessa ·

Alles is vir Malema ‘n groot grap. Hy maak ‘n bespotting van alles. Die nar van Suid-Afrika.

Korrelkop ·

Kan nie wag vir die dag dat dié grootbek sy rieme styf loop nie!

Stephanus ·

Kyk, die einde kom vinnig, dan sal die Heilige God van Abraham, Isak en Jakob die sondaars verdelg en die goddelose doodmaak, en die erfenis van die land sal aan Sy gunstelinge uitgedeel word.

Nadat die toorn van die Here oor die blankes uitgewoed het, sal God met die swart nasies van hierdie land  afreken, omdat hulle in wreedheid geheers het en hulle sondes groot en wyd opgehoop het, soos ‘n hooiberg wat, as daar ‘n vonk sou ontstaan, in vlamme sal opgaan en afbrand voordat iemand die vlamme kan blus. Hierdie nasie is strooi, en soos kaf word hulle voor die wind in die vuur gedryf, en hulle einde sal ‘n swart, afgebrande land wees.
Dán sal Hy alles herstel; die hele aarde sal met gejubel uitbreek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.