Kind, drie ander kritiek toe trok in huis inploeg

(Foto: Verskaf)

ʼn Tweejarige kind en nog drie mense, onder wie ʼn vragmotorbestuurder, veg tans om hul lewe in ʼn hospitaal op Belfast in Mpumalanga nadat ʼn vragmotor Dinsdagoggend in die vroeë oggendure in ʼn huis ingeploeg het.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die inwoners van die huis het ternouernood aan die dood ontkom toe die vragmotor die huis omstreeks 02:45 getref het.

“Inligting tot die polisie se beskikking toon dat die vragmotor in Stofbergweg was toe die bestuurder beheer verloor het nadat hy glo ʼn slaggat probeer vermy het.”

Een van die slagoffers in die huis is 22 jaar oud, nog een is ʼn kind van twee jaar oud, terwyl die ouderdom van die derde jong slagoffer nie dadelik bekend was nie.

(Foto: Verskaf)

Die vragmotorbestuurder is ʼn burger van eSwatini.

ʼn Inwoner van Belfast het aan Maroela Media gesê die ongeluk sou waarskynlik verhoed kon gewees het as die owerhede die reuseslaggat in die dorp – waaroor inwoners al jare kla – herstel het.

“Iemand moet altyd seerkry of doodgaan voordat die owerhede iets aan ʼn probleem sal doen. Nou het ʼn tragiese ongeluk, wat deur ʼn slaggat veroorsaak is, drie kinders, en ʼn trokdrywer in ʼn posisie gelaat waar hulle om hul lewe moet veg,” sê hy.

“Nou is dit reeds te laat. Die owerhede moet leer om proaktief op te tree; hierdie voorval is onaanvaarbaar en dit moes nie gebeur nie.”

Die polisie op Belfast ondersoek ʼn saak van roekelose en nalatige bestuur.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anel ·

Die owerheid moet die mense se mediese kostes dra sowel as die herstel van die woonhuis. Stel ‘n siviele eis in.

Kaptein ·

Nou gaan daar seker n minister van slaggate aangestel word. Sy naam is Sinkholly Slaggate. Daai slaggat is so groot , daar moes eintlik n bord op wees wat sê” Geen duik,visvang of waterski” word hier toe gelaat nie.

Olive ·

En meeste slegte paaie en slaggate word juis deur swaer voertuie veroorsaak. Wonder watse spoed het hy gery in ‘n bewoonde gebied en waar die wonings baie naby aan die pad is! Die rigting wat hy gery het en die kant waarheen hy uitgeswaai het, klop nie? Hoop almal in wat in die huis was herstel vinnig.

Charllas ·

Hy het gejaag of aan die slaap geraak. Jy kan nie daai gat vermy nie – as hy stadig gery het kon hy deur gat gegaan het!!!! Nou moet onskuldige mense betaal vir sy foute! En ons oulike regeering gaan seker net hulle skouers optrek! Ek hoop die gesin dagvaar die staat want hulle moes paaie onderhou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.