Kind ernstig beseer toe bus hom tref

Die kind het onder meer ‘n kopbesering opgedoen. (Argieffoto: Unsplash)

ʼn Elfjarige seuntjie is ernstig beseer toe ʼn bus hom raakgery het terwyl hy in Bereaweg in Durban fietsgery het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, sê paramedici is Saterdag kort voor 14:00 na die toneel naby Essenwoodweg ontbied. Die kind het steeds in die pad gelê.

Volgens Van Reenen het die seun ʼn ernstige hoofbesering opgedoen en het hy gevorderde lewensondersteuning nodig gehad om hom te stabiliseer voordat hy met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem is.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AW ·

Kan nie verstaan waarom n kind of enige mens in Berea Weg sal ry op n fiets, veral as daardie stuk pad so besig is met verkeer.

Tiptol ·

AW, kinders hoort nie in enige strate met hul fietse nie. Die kind kan net sy balans verloor dan is hy onder ‘n voertuig.

David ·

‘n Mens behoort enige plek te kan fietsry, maar busse word bestuur deur die meerderheid stem geregtiges en hulle is nie in beheer van hulleself nie.

christo ·

Ry die kind op ‘n stil pad word hy van sy fiets bedroef, ry hy op ‘n besige pad word hy raakgery. Voertuigbestuurders geen nie ‘n duit om vir fietsryers nie. Dit is dalk die kind se enigste vervoermiddel. Ek is ten gunste van die verpligte dra van fietshelms vir kinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.