Minstens een mens sterf elke dag in Suid-Afrika aan die hand van ʼn polisiebeampte, wys die data.
Lees meerAlles vir Saterdag 23 Oktober 2021
Beurtkrag geld weer van Saterdagaand
Om voldoende reserwes vir die komende werkweek te verseker, is dit nodig om die oorblywende noodreserwes so ver moontlik voor Maandag op te vul.
Nando’s slaan vure dood ná rasherrie oor geselsprogram
Nando’s, ewe bekend vir sy peri-peri-hoender as vir sy satiriese advertensies, het Saterdag in ʼn verklaring gesê hy steun gesonde debat en die reg op vryheid van spraak. Die maatskappy het egter besluit om sy borgskap van die program op te skort.
Koning Mswati doen oproep om kalmte
Die jongste oproer duur nou al langer as twee weke en word gelei deur studente, staatsamptenare en vervoerwerkers.
Talle vrae oor ware stand van koningin se gesondheid
Die hospitaalbesoek is aanvanklik nie bekend gemaak nie omdat dit na verwagting nie lank sou duur nie en gedoen is om die koningin se privaatheid te beskerm.
Bietjie De Hoop vir almal wat dit nodig het
Wat is dan nou lekkerder as om weg te breek na ʼn plek waar die bokke, volstruise en bergkwaggas vry rondloop, kinders kan hardloop en lag en jy met ʼn skemerkelkie die sonsondergang kan dophou? Kom loer in by De Hoop.
Onderwysspesialis gevonnis oor bedrog met begrafnispolis
ʼn Eis vir die kammadood van die polisiereservis is by twee lewensversekeraars ingedien en suksesvol uitbetaal, terwyl die “oorledene” eintlik springlewendig by die werk was.
Protea-kolwers sal hul sokkies móét optrek
Die boulers kan inderdaad wedstryde vir die Suid-Afrikaners wen, maar hul kolwers sal ongetwyfeld hul kant moet bring. Vandag sou net tien ekstra lopies ’n reuseverskil teen Australië gemaak het.
Video: Dié robot kan braai
Ford se “geheime” robot kan 120 stukke braaivleis in net 12 minute braai.
Kind ernstig beseer toe bus hom tref
Die seun het ʼn ernstige kopbesering opgedoen.
Kommer oor reuse-opeenhopings by Beitbrug
Beitbrug is een van Afrika se besigste grensposte en het onlangs ʼn opknapping van sowat R4,4 miljard ondergaan.
Internasionale oorsig: EU-arrogansie bereik nuwe hoogtes in stryd teen Poolse regering
Lees hier oor sommige van hierdie week se belangrikste wêreldgebeure.
‘Stem met jou verstand,’ vra DA se Steenhuisen
Steenhuisen sê dienslewering het reeds in tientalle munisipaliteite landwyd in duie gestort en 107 van Suid-Afrika se 278 munisipaliteite het óf reeds ineengestort óf staan op die rand van ineenstorting.
Driekwart van SAAT nou hul werk kwyt
“Ons is net mense. Ek het kinders, ʼn gesin. Ek moes mense in die oë kyk, broodwinners, en sê ‘jammer, jy het môre nie meer werk nie’.”
Koos du Plessis postuum vereer
“Hy het tydlose musiek geskryf wat oor dekades en generasies steeds met mense se harte praat.”
Strafregtelike klag teen minister oor Vaalrivier-gemors
Tenkwaens word intussen gebruik om onverwerkte rioolvuil van Emfuleni na die Vaalrivier te vervoer waar dit in die rivier gepomp word.
Woedende Verstappen wys Hamilton kru teken
Verstappen het op die spanradio ook gekla dat Hamilton ʼn “onnosel idioot” is.
Wallabies skraap deur teen Japan
Dit was die Wallabies se vyfde opeenvolgende sege vanjaar en die eerste keer dat hulle dit kon regkry sedert hul Wêreldbekerveldtog in 2015.
Adam Barnard hou moed ondanks talle terugslae
“Jare se gewag op ʼn nieroorplanting en die een na die ander gesondheidsterugslag vreet die tyd op.” Maroela Media het met Louis Barnard, Adam se pa, oor sy gesondheidstryd van die afgelope paar jaar gesels.
‘Dwelmhandelaar’ verongeluk toe hy vir polisie vlug
Polisiebeamptes het die mans genader, waarna een in sy motor weggejaag het.