Koning Mswati doen oproep om kalmte

Polisielede in ‘n pantservoertuig patrolleer die strate van Manzini in Swaziland vroeër vandeesweek. (Foto: AFPTV/AFP)

Afrika se laaste absolute monarg het Saterdag ʼn oproep om kalmte en gesprekvoering in die koninkryk van Eswatini (voorheen Swaziland) gedoen nadat streeksmediators probeer het om ʼn einde aan ʼn nasionale krisis en dodelike burgerlike opstand te help maak.

Die land is geruk deur betogings wat in Junie uitgebreek het en tot die ontplooiing van die weermag en die opskort van die internet gelei het.

Die jongste oproer duur nou al langer as twee weke en word gelei deur studente, staatsamptenare en vervoerwerkers.

Minstens twee mense is dood en tientalle beseer toe veiligheidsmagte traanrook, skerp ammunisie en rubberkoeëls afgevuur het om skares uiteen te jaag.

Sy tradisionele eerste minister, Themba Ginindza, het op die regering se Twitter-rekening gesê dat “koning Mswati III ʼn proses van nasionale dialoog aangekondig het” wat sal begin ná ʼn jaarlikse seremonie wat in November begin en gewoonlik etlike maande lank duur.

Tydens die seremonie, bekend as incwali, sonder die koning hom af en neem hy nie aan enige amptelike regeringsaktiwiteite deel nie.

Ginindza sê die koning vra vir kalmte en ʼn “einde aan alle geweld omdat geen gesprek kan plaasvind terwyl gemoedere so hoog loop nie”.

Volgens die polisie is 37 mense dood sedert betogings teen die monargie vlamgevat het. Dit is aangevuur deur ontevredenheid oor mense se lewensomstandighede en ʼn gebrek aan politieke vryheid in dié klein koninkryk in suidelike Afrika.

Die plaaslike burgerregtegroep Leftu Sonkhe Institute of Strategic Thinking and Development plaas die sterftesyfer eerder op naastenby 80.

Die regering het Donderdag alle betogings verbied. Mediators van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) het Vrydag ʼn twee dae lange mediasieproses met die koning, regering en burgerregtegroepe afgesluit.

Pres. Cyril Ramaphosa, as hoof van politiek en verdediging by die SAOG, het die idee van ʼn nasionale gesprek gesteun.

“Ek doen ʼn beroep op alle partye om kalmte en selfbeheersing en respek vir die oppergesag van die reg en menseregte sodat die proses kan begin,” sê Ramaphosa.

Die regering het Vrydag ook weer toegang tot die internet toegelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Dries ·

Ramaphosa hoof van politiek. Ha ha. Hoof van n korrupte politieke party klink nader aan die waarheid

Harley Davidson ·

Nooit vrede in Afrika altyd konflik en betogings en dan is hulle so gelukkig om ‘n onafhanklike tuisstaat te hê.

KB ·

‘n Tuisstaat sonder ‘n bron van inkomste…hoe oorleef hulle (met SA belastinggeld?)?

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Die regering was baie moedswillig en kwaadwillig om internet- kommunikasie af skakel.

Alleen Wolf ·

Julle verstaan nie, dis ‘n absolute monargie en die koning doen wat nodig is on die onrus in bedwang te bring, anders as die slaogat regering in D.A.

JohanCzu ·

Die ANC werk al jare daaraan om ook in Swaziland aan bewind te wees. Lesotho sal ook nog so val.

Leeuwyfie ·

JohanCzu. Ek sien sommer weer lig wanneer ek kommentare soos joune lees. Mense wat nie net glo wat aan hulle opgedis word in die media nie, maar die hele prentjie raaksien. Dankie Johan. Moenie ophou om jou kommentaar te plaas nie. Selfs al voel dit asof jy praat teen die wind.

Shakespeare ·

Mswati, jy met jou baie peperduur motors en paleis moet jou maar goed afsonder. Jou mense wat honger ly gaan nog jou keel afsny en jy sal dit verdien. Jy is ‘n verskoning van ‘n mens. Verraderlik.

NetMyOpinie! ·

Nie als glo wat daar in media is nie dit is bedrieglik. Kom hiernatoe dan mag jy dalk werklikheid raaksien en ander deuntjie sing.

Chris dupreez ·

Dit het alles begin met Malema se opstokery teen die Swaziland se regering en koning n paar jaar terug.

Barney ·

Agenda 2030 het nie plek vir ń swart monargie nie. Hy is die laaste een in Afrika. Hulle moet van hom ontslae raak. Dis net ń kwessie van tyd voor hy vergiftig word. Mens moet altyd vra wat is die rede vir die opstand, wie sit agter dit en wie befonds dit. Volg die geld. Dit kom van Britanje se kant af.

Hoekom ·

As jou regering die internet aan en af skakel, dan weet jy, jy bly in ‘n diktatorskap soos bv. Noord Korea…

Jakes ·

N vorige president van SA was 100 persent in die kol oor sy voorspellings oor wat met SA en Afrika sal gebeur wanneer hierdie mense n land regeer. Wat in Mswati tans gebeur is maar deel van die Afrika kultuur.

MakersMark ·

Sê die konig van die mishoop. Het 8 pepeduur mercedes maybachs maar ry ‘n land rover want die Mercedes’s kan nie tussen die slaggate deur ry nie. En 18 vrouens – bankrot staat. Die onderdane eet rietrotte om te oorleef maar hul moet “kalm” wees. Man dis lekker om koning van klapperland te wees.

NetMyOpinie! ·

Ek bly in Swaziland en julle moenie al die twak glo wat julle in die mainstream media sien nie….mense ly nie honger nie. Malema het kom probeer marakas maak en die dom dwase jongmense is mos al wat hy kan opsweep…..die koning sorteer dit uit op sy manner. Sy land sy besluite…as die mense dit nie like nie stop hy hulle nie om te loop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.