Kind se liggaam in vlak graf op plaas gevind

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Die verkoolde liggaam van ’n jong kind is vandeesweek in ’n vlak graf op ’n plaas in die omgewing van Ladismith in die Wes-Kaap gevind.

Die seuntjie, vermoedelik sewe jaar oud, se liggaam is onherkenbaar verbrand. DNS-toetse en ’n lykskouing sal nou uitgevoer moet word om die moontlike oorsaak van die kind se dood asook sy identiteit te bepaal.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie het ’n wenk ontvang, waarna die kind se liggaam Dinsdag omstreeks 11:40 in ’n vlak graf op die plaas Hartmansleegte in Hoeko gevind is.

Die liggaam is opgegrawe en aan die forensiese patologiediens oorhandig terwyl forensiese deskundiges die toneel vir leidrade gefynkam het.

Die Wes-Kaapse polisie het intussen ’n 72-uur-aksieplan geaktiveer sodat kritieke hulpbronne, waaronder gespesialiseerde eenhede, gemobiliseer word as deel van die polisie se ondersoek.

’n Saak van moord word ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op lede van die publiek om enige inligting rakende die vooorval by die plaaslike polisie of die ondersoekbeampte, AO Clinton Crawley, by 028 551 8144 aan te meld.

Inligting kan ook by die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Vaderland maar hierdie lewe is boos. Dit is tyd dat daar ‘n wet ingestel word dat die skuldige party dieselfde straf toegedien word wat hy/sy gepleeg het.

Alex ·

Wat ek nie verstaan nie, iemand moet tog seker agter kom hulle 7 jarige kind is vermis? Dan sal daar al n aanduiding wees dat wie se kind dit mag wees. Ook as niemand dit geraporteer het nie, dit duidelik kan wees dat dit miskien gesins geweld is en mense in die omgewing dalk uit vra of hulle weet van n vermiste kind?

Angel ·

Ek dink ook hier is gesins geweld want niemand het n vermisde kind gerapporteer nie, die wereld is wreed , hoe kan jy dit aan jou eie kind doen of self iemand anders en op so n manier ontsale raak , ek kan my nie indink wat daai kind moes deurmaak nie.

Papsak ·

Nee wat dit mos lekker land geword die our people maak net Soos hulle Wil

Casper ·

Ek sien nêrens dat hy as vermis aangegee is nie of is daar iets anders aan die gang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.