Kip Moore op pad na Jakarandastad

Kip Moore is eersdaags in Pretoria te sien. (Foto: verskaf)

Die Amerikaanse country-hartebreker Kip Moore sal binnekort in die Jakarandastad kuier vir ʼn reusekonsert by g’n ander plek as Loftus Versfeld nie.

Nadat kaartjies vir sy eerste konsert in Kaapstad binne minute uitverkoop het, het Wimpie van der Sandt, uitvoerende hoof van Bok Radio 98.9fm, geweet dat dit nie Kip se enigste konsert in Suid-Afrika kan wees nie.

“Ons het glad nie beplan om meer as een konsert te hou nie,” erken Wimpie aan Maroela Media.

“Dit was ’n groot verrassing om te sien hoe goed mense gereageer het.”

Die eerste konsert van die Boots & All Country Festival vind op 1 April by die GrandWest Grand Arena in Kaapstad plaas. ’n Tweede Kaapstad-konsert is intussen bygevoeg en sal op 2 April plaasvind.

“Die groot nuus is dat ons Pretoria toe kom,” verklap Wimpie.

“Die derde konsert sal op Loftus Versfeld gehou word.”

Hierdie opwindende konsert vind op 26 Maart plaas en kaartjieverkope open 27 Januarie om 15:00.

“Ons kan nie wag om julle te sien nie, ons is oorbluf deur jul ondersteuning,” lui ʼn onlangse video-boodskap wat Kip op Instagram gedeel het.

Plaaslike kunstenaars soos Brendan Peyper, Riaan Benadé, Ray Dylan en Bobby van Jaarsveld sal saam met Kip op Loftus Versfeld te sien wees.

  • Kaartjies vir die drie vertonings kan hier aangekoop word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanEtz ·

Daars is nie geld vir kos, petrol, krag ens nie, maar altyd geld te make met buitelandse talent? LOL

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.