Klankopname-skandaal: Sheila nié SA burger tydens aanstelling

Sheila Senkubuge, burgemeesterkomiteelid oor paaie en vervoer. (Foto: Christel Cornelissen)

Sheila Senkubuge, Tshwane se burgemeesterskomiteelid wat haarself te midde van ʼn storm oor haar beweerde gekafoefel met die stad se eerste burger bevind, was nie ʼn Suid-Afrikaanse burger toe sy in 2016 ʼn DA-raadslid geword het nie.

Volgens die departement van binnelandse sake was Senkubuge op daardie tydstip nog ʼn Ugandese burger wat in 2011 permanente verblyfreg in Suid-Afrika verkry het. Sy het eers in 2018 ʼn Suid-Afrikaanse burger geword nadat sy reeds twee jaar ʼn DA-raadslid in Tshwane was en ook op die burgemeesterskomitee gedien het.

Volgens die Grondwet mag slegs ʼn Suid-Afrikaanse burger in ʼn verkiesing stem en as kandidaat vir ʼn politieke party staan. Senkubuge het egter daarin geslaag om nie net as kieser te registreer nie, maar ook as ʼn raadslid vir die DA te staan sonder dat die party of die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) lont geruik het.

Senkubuge was in 2016 no. 28 op die DA se kandidatelys vir die plaaslike regeringsverkiesing in Tshwane en ná die party se oorwinning het die destydse burgemeester, Solly Msimanga, haar onmiddellik as burgemeesterkomiteelid vir paaie en vervoer aangewys.

Sy was toe 31 jaar oud en is deur die party as ʼn opkomende ster gesien.

Na Msimanga se bedanking in Januarie vanjaar is hy deur Stevens Mokgalapa opgevolg wat verskeie nuwe lede vir sy burgemeesterskomitee aangewys het, en Senkubuge behou het. Die twee word tans ondersoek nadat ʼn klankgreep, waarin gehoor kan word hoe hulle raadslede en raadsake bespreek en na bewering ook seks het, wyd op sosiale media versprei is.

Tydens Maroela Media se ondersoek na Senkubuge se verblyfstatus het dit duidelik geword dat haar kollegas in die DA sowel as munisipale amptenare met wie sy te doen gehad het almal geweet het dat sy van Ugandese afkoms is. Vir hulle het sy vertel dat sy in Suid-Afrika gebore is.

Dit het ook aan die lig gekom dat Senkubuge tans met twee verskillende identiteitsnommers op die OVK se kieserslys geregistreer is en dus twee keer in ʼn verkiesing kan stem.

Maroela Media het albei nommers elektronies op die OVK se webwerf geverifieer, maar die kommissie se woordvoerder, Laura Franz-Kamissoko, kon volgens wet nie persoonlike besonderhede van kiesers bekend maak nie en dus nie skriftelike of mondelinge bevestiging gee of vrae oor Senkubuge beantwoord nie.

As gevolg van die navraag is die kommissie egter nou bewus dat daar vrae oor Senkubuge se registrasie as kieser en politieke verteenwoordiger is.

Toe Senkubuge Donderdag om kommentaar genader is, het sy aanvanklik laat weet dat sy, as gevolg van die huidige ondersoek teen haar en omdat sy op spesiale verlof deur die DA geplaas is, nie met die media mag praat nie. Sy het dit nogtans duidelik gemaak dat haar stilswye nie as ʼn bevestiging van die bewerings teen haar gesien moet word nie.

Skaars ʼn halfuur later het haar prokureur, Andries Nkome, wel geskakel en gevra dat berigte oor sy kliënt se verblyfstatus teruggehou moet word tot hy daarop antwoord. Teen spertyd vandag het Nkome steeds nie die beloofde e-pos gestuur nie en sy selfoon was af.

Sheila Senkubuge, burgemeesterkomiteelid oor paaie en vervoer, en Stevens Mokgalapa, burgemeester van Tshwane. (Foto: Christel Cornelissen)

Lex Middelberg, ʼn voormalige DA-raadslid in Tshwane en tans die voorsitter van Tshwane Money Matters Caucus, het die inligting vroeër vandag onder die aandag van die OVK se regsafdeling gebring nadat hy ure lank gesukkel het om klagtes teen Senkubuge by die Garsfontein-polisiestasie te lê.

Polisiebeamptes aan diens het glo geweier om ʼn dossier oop te maak omdat hulle van mening was dat buitelanders wel stemgeregtig is. Die OVK het Middelberg later aangeraai om die inligting na hulle te stuur sodat hulle hom behulpsaam kan wees met die lê van klagte.

In sy verklaring sê Middelberg dat Senkubuge op haar eie, of met behulp van die DA, ʼn wanvoorstelling oor haar immigrasiestatus geskep het om die OVK en stemgeregtigdes te mislei en as ʼn kandidaat vir die party in die Tshwane-metro verkies te word.

Sy moes geweet het dat sy nie as kandidaat kon staan of op die burgemeesterskomitee kon dien nie, voer hy aan. Sy het ook ʼn aansienlike salaris in hierdie hoedanigheid ontvang waarop sy nie geregtig was nie.

“Dis nie alleen bedrog in terme van die Grondwet en die Verkiesingswet nie, maar ook ten opsigte van die finansiële voordeel wat sy verkry het,” sê Middelberg.

Die DA se provinsiale voorsitter, John Moodey, het ontvangs erken, maar nie verdere kommentaar gelewer nadat sy kantoor per e-pos oor die saak ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Petrus ·

Die Ugandees leef al te lekker in SA. Zille se DA val uitmekaar.

Jared ·

Die DA het hierdie oor omself gebring avg sy obsessie met transformasie en sy oorname van RA by die ANC. My tone krul van die lekker elke keer as ‘n getransformeerde DA-lid die party in die verleentheid bring. Ek dink dan aan Schweizer-Reneke.

daniel ·

Van al die mense wat ek weet wat openlik DA ondersteuners was gaan met die volgende verkiesing vir die Vryheidsfront stem. Virseker!!!.

Willie ·

Ag hoe lekker. So val die apies een vir een uit die boom uit.

KG ·

Ek dink nie enige politieke party is squeaky clean nie en ek vertrou nie enige politikus nie. Ten spyte van al die drama in die DA, sal ek regtig ook nie wil hê die ANC moet beheer oor Kaapstad vat nie……

Chris ·

Laat mens wonder hoeveel ander is daar met twee of meer id’s, hoeveel ander buitelanders sit in die parlement

Arak ·

Presies, en hoeveel van die DA parlementslede het twee paspoorte. Nou waar presies is hulle lojaliteit?

Chris ·

Laat mens wonder hoeveel ander is daar met twee of meer id’s.

Wingman ·

Daar is duisende onwettige buitelanders in belangrike poste.

Schalk ·

Los die vrou sy is onskuldig die papier van die grondwet is ideaal vir toilet papier Mandel Mbeki Zuma vee hul daarmee af soos al die bedrieers.

Taxpayer ·

En so staan die vlekkelose DA ook tussen die eerloses agter die deur. Ons het haar nie hier nodig nie. Hier is genoeg van haar tipe. Sy behoort met onmiddellike effek gedeporteer te word.

Stefan ·

Die DA het volgens die berig Me Senkubuge as ‘n opkomende ster beskou.

Dit wil voorkom of die DA die afgelope jare meer verskietende sterre het, as nuwe ondersteuners wat aansluit.

So val die DA stukkie vir stukkie uitmekaar.
Die DA moet beslis hulself in ‘n benarde posisie bevind as hul reeds al buitelandse persone vir kanidate moet aanwys.

Die DA doen dan ‘n volledige ondersoek van elke moontlike kanidaat. Hoe kon hierdie wanvoorstelling dan misgekyk word?

Ek wonder of daar nog sulke skokkende wanvoorstellings binne die DA is.

Sterkte DA met jul voertuig wat net een rat oor het en dit is TRU-RAT!!

Koos Pienaar ·

Niks verbaas mens meer van die DA nie. As mens na hulle beleid die afgelope 10 jaar kyk en nou hulle skielike omdraai strategie. Dit is dan dat mens besef hulle is tot enige iets instaat. Selfs om iemand aan te stel wat onwettig is. Nou word Zille terug geroep om die choas te red. Wel ek weet nie hoe kan sy die beeld van een van die swakste opposisie partye wat die land nog gedien het kan verbeter nie. Haar black slash verbindtenis is ook nie iets om op trots te wees nie. Wat nog korrupsie uit roei. Ek hoop hierdie insidente laat SA besef hoe moeilike taak lê voor om die land uit die kloue van korrupsie te red.

Spook op thaba ·

Pay back the money….Die salaris wat jy nie moes kry Sheila Senkubuge . So pay back

Chris du preez ·

Vir seker en sy het dit goed gebruik. Ek wonder of die vorige burgermeester Solly Msimanga ook n hand in die pie gehad het met haar aanstellings

Frik ·

Wil weet of die nuus oor die Burgermeester kommitee lid van Roads en Transport in Tshwane geloof waardig nuus is.

potlood ·

Ek kan nie meer die verskil tussen die DA en anc sien nie,dit sal interessant wees om te sien watter swape stem vir hulle in die munisipale verkiesing.

Wielspore ·

Dit wil voorkom of Sheila se sukses in die politiek deur die lakens gekom het.

Neels ·

En as ‘n “voorheen benadeelde” het sy seker baie te sê gehad oor die onregte van die verlede en die bevoorregte wit minderheid.

Gert Retire@Midstream ·

If I can get away with, why not. Leef die lewe voluit. So veel geleenthede bestaan. Benadeeldes maak oop jul oe. Soos sake tans lyk sal jylle in baie jare nie lig sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.