Kleuter dood ná hy op plaas skok

Donald Mclellan (Foto: Love of Laughs Photography via Donald Mclellan, Facebook)

Die 18 maande oue Donald Mclellan van Lephalale, Limpopo, is Vrydagoggend oorlede nadat hy ʼn week tevore deur ʼn kragkabel op ʼn plaas naby die dorp geskok is.

Burre Burger, van die maatskappy sonder winsbejag Droogtehulp met Burre Burger, het Donald se dood bevestig. Hy staan sy ouers, Donald sr. en Cornel, by.

“Tot ons weer sien, my liefste Donald. My hart is seer. Ek wil nog baie tik, maar ek sal jou eendag sien. Van ons hele span, sterkte aan Donald, Cornel en ouboet,” skryf Burger op Facebook.

Donald is verlede Woensdag per helikopter na die Netcare Unitas-hospitaal in Centurion gehaas ná wat familievriende as “ʼn fratsongeluk” beskryf.

Donald sr., Cornel en Donald jr. (Foto: Cornel Viljoen Mclellan, Facebook)

Hoewel dit nog nie presies duidelik is wat gebeur het nie, het Donald volgens inligting per ongeluk aan ʼn gelaaide kragkabel op sy ouers se plaas geraak.

Donald se ouers het verlede Sondag gesê breinskanderings wys hul geliefde seun het weens die skok uitgebreide skade aan die linker- en regterbrein opgedoen. Die breinstam wat die asemhaling, hartklop en bloeddruk beheer, het nie skade opgedoen nie.

Burger het ʼn fondsinsameling vir klein Donald ná sy ongeluk van stapel gestuur en ook vir mense gevra om vir die kleuter te bid.

Gebede het vir klein Donald ingestroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Christine ·

Hierdie is die meeste traumatiese ervaring, om jou kindjie aan die dood af te staan. Innige simpatie aan die familie. Ouers en grootouers, loop om en deur jul huise, veral op die vlak van ‘n kleuter, en kyk wat is potensieel’ n veigheidsrisiko waar hulle handjies kan bykom. Selfs binne kaste wat oopgemaak kan word. Ook visdammetjies en kwaai honde wat aggressiwiteit toon.

Nommer 7 ·

Baie hartseer. My innige simpatie aan die familie. Wat ek nie verstaan nie , is dat ons almal omtrent elke dag aan lewendige (nie gelaaide nie) kabels vat, en niks oorkom nie (Bedkassie lig-, ketel-, stofsuier-, snackwich ens kabels)

Marcello ·

Jy sal nie skok nie, want jou huis is ge-aard. Ek neem aan dit is ‘n kabel wat los gelê het, wat lewendig was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.