Kleuter gebyt toe hond skrik

‘n Hond het Nicolette du Toit (2) in haar gesig gebyt. (Foto: Facebook)

ʼn Kleuter van Rustenburg wat Dinsdag deur ʼn hond in die gesig gebyt is, sterk steeds aan in ʼn hospitaal op dié dorp.

Nicolette du Toit (2) is Dinsdagmiddag deur haar oupa se staffie in die gesig gebyt terwyl sy saam met haar ma daar gekuier het. “Ek het met my vrou (Lize-Marie) op die foon gepraat toe ek ʼn snaakse gil hoor, een van daai gille waar jy dadelik weet daar is fout. Iets van Nicolette en die hond,” het Hanno du Toit, Nicolette se pa, gesê.

“Ek sit hóé ver weg en ek hoor die hond byt my kind in die gesig en ek is magteloos. Sy is gewoond daaraan om met die kat te speel en ek dink sy het dalk met die hond probeer speel,” het hy gesê.

Die hond het Nicolette aan haar gesiggie gegryp, maar dadelik gelos toe Lize-Marie vir hom geskree het. “Die hond het waarskynlik gebyt omdat hy geskrik het. Hy het dadelik gelos. Dis ʼn liefdevolle hond en hy is baie gehoorsaam. Dit was ʼn ongeluk,” het Du Toit gesê.

Nicolette is inderhaas na die Life Peglerae-hospitaal geneem, waar Du Toit aanvanklik net ʼn gedeelte van die vereiste koste vir behandeling betaal het. Die Du Toits het nie ʼn mediese fonds nie en steier onder die koste verbonde aan Nicolette se behandeling.

Boonop is dit nog onseker watter opvolgoperasies of ‑behandeling sy gaan benodig. “Mense ondersteun ons geweldig. Ons vriende en familie het die woord versprei – ons het niks gevra nie – maar mense bid en help waar hulle kan,” het Du Toit gesê.

Nicolette is deur die gesig gebyt en haar kakebeen en tong is onder meer ernstig beseer. Die wonde is reeds tydens ʼn operasie geheg. Volgens Du Toit kry Nicolette nog gereeld koors en haar ogies is steeds toegeswel. Die swelling moet eers sak voor dokters enige verdere skade kan bepaal.

Nicolette is egter wakker en het vandag self regop gesit, haar tong beweeg en selfs probeer opstaan. Sy sukkel nog om haar oë oop te maak en probeer volgens haar pa die pleisters aftrek en steke uithaal. “Dink net hoe frustrerend dit is. Jy wil opstaan, maar jy kan nie,” het Du Toit gesê.

‘n Facebookinskrywing van Lize-Marie du Toit, Nicolette se ma.

Hy vertel Nicolette is ʼn besige en vrolike kleuter, selfs besiger as haar ouer boetie F.W. (4). Hy word in dié stadium deur sy grootouers versorg, terwyl die egpaar na Nicolette in die hospitaal omsien. Du Toit sê sy seuntjie word in die nag wakker en sê dan vir sy ouma dat die hond sy sussie seergemaak het.

Lize-Marie doen administratiewe werk by die Gereformeerde Kerk Swartruggens en Hanno werk in die private sektor.

“ʼn Mens weet êrens in jou lewe gaan jou kinders seerkry, maar dié het ek nie verwag nie. Ek het twee dae laas ordentlik geslaap.”

Op ʼn vraag oor die pad vorentoe, bly Du Toit stil. Dan antwoord hy: “Jy het my stom. Ek weet nie hoe om te antwoord nie…”

Nicolette du Toit (2), nadat ‘n hond haar gebyt het. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

97 Kommentare

Zettie ·

Ek is in tweestryd met my gevoelens hier……ek is ‘n diereliefhebber, maar ek is ook lief vir my kinders. Wat sou ek doen as dit my “liefdevolle” hond of my ouers se “liefdevolle” hond was wat my kind so moes gryp? Ek weet nie………ongeag wat ookal die rede is, mens los nooit, nooit, nooit jou klein kindjie alleen met diere nie, nie eens as jy die diere ken nie…….diere is baie onvoorspelbaar. Sterkte vorentoe.

arthur v vuuren ·

Staffies is liefdevolle honde, maar het ontsettende bytkrag en twee stelle slagtande. Hulle raak opgewonde en sal dan hap op ‘n speels-manier. Die hap kan baie skade aanrig. Kinders moet altyd onder baie nabye toesig in die teenwoordigheid van honde wees, al is die honde kinders “gewoond”

Iemand ·

Ai ja. Hierdie liefdevolle sag-geaarde vriendelike wonderlike woefies, wat mens se kind se gesig vermink. Ek soek nie so n hond naby my kind nie. Ek gee nie om hoe oulik jou Staffie/Varkhond/Boerboel is nie. Een verkeerde beweging en daai bondeltjie liefde verander in ‘n ondier en jou kind is dood…..

Leser ·

Dit is ongelukkig ‘n feit. Die liefdevolste hond bly maar net ‘n dier, en diere is onvoorspelbaar. ‘n Mens weet nie wat gaan deur die diere se koppe nie, en waarskynlik was dit net soos hulle se uit pure skok uit dat hy haar gebyt het, of wou speel? Hierdie honde se kake is bitter sterk en ek dink nie ons besef dit nie. Wat ‘n hartseer verhaal…Ek hoop hierdie pragtige dogtertjie herstel sommer vinnig. Baie sterkte vir die ouers en grootouers ook.

Rieks ·

Ai siestog. Die arme kind. Baie sterkte vir almal betrokke. ‘n Ongeluk gebeur tog so vinnig. Hoop sy herstel 100%.

Eddy ·

So n pragtige babatjies,sterkte aan haar en vinnige herstel.Ek vertrou geen hond nie.ongeag die hond vriendelik voorkom.Punt.niks te verduidelik nie

Blackie ·

Ongelukke gebeur bitter vinnig ja, en dit is presies wat hierdie was. My liefdevolle hondjie het my dogter in die gesig gebyt toe hy siek was en al wat sy gedoen het is om hom te troos. Ek is dankbaar die skade was gering. Ek het die hondjie weggegee daarna, maar sal dit nooit oor my hart kry om hom van kant te maak nie. Ek moes kies tussen my kind of my “kind”.

Blommie ·

Ek hoop hulle kry die nodige fondse sodat die kindjie in Peglarae kan bly want as sy moet oorskuif PKG toe dan gaan sy nooit weer dieselfde wees nie (as sy daar oorleef). Sterkte vir die ouers en klein poppie xx

NB ·

Aan die Mamma en Pappa. My gesig is verskeur deur ‘n hond toe ek 8 jaar oud was. Ek was oor die 5 ure in teater om dit reg te maak en alles te heg. Dit het ook nie goed gelyk nie en ek onthou dit tot vandag toe, maar die dokters van vandag is goed. Die herstel pad vat tyd, maar vandag kan jy nie die merke in my gesig sien nie. Julle Prinses is baie jonk en haar velletjie groei. Haar gesiggie sal mooi genees. Dink aan julle en bid vir julle. xx

Margaret ·

Die mamma was self ook in die gesig gebyt toe sy 3 was , haar tannie (my suster) was ook baie erg op 9 jaar gebyt. Albei het herstel sonder enige probleem. Ons glo dit sal die keer ook die geval wees.

Liefde ·

Siestog. Julle verstaan dit so mooi, die honde is nie altyd die aggressors nie .. ek hoop die pragtige meisiekind herstel ten volle en dat sy weer saam met die diere kan speel .. sy lyk na ‘n pragtige liewe kind . julle hanteer dit baie goed . BAIE STERKTE vir julle almal .. en dankie vir almal wat finansiele hulp aanbied.

Mariana ·

Sulke goed gebeur. Hoop sy herstel vinnig en dat sy nie haar liefde vir diere verloor nie. Sterkte aan haar en haar familie.

Iemand ·

‘Sulke goed gebeur’….belaglik, sê dit vir iemand wie se gesig vermink is. Stompsinnig!

Diereliefhebber ·

Gee hom liefs weg maarmoet hom nie laat uitsit of doodskiet nie…….die ouers het self gese hyt geskrik…..ek het bullterriers en hul word toegemaak in n groot hok as my kleinkinders kom kuier…..mens vat nie kanse met diere nie….my gebede is met die pragtige dogtertjie en haar ouers en dankie aan die Here dat Hy haar beskerm het.

Erika ·

Baie sterkte en ek weet sy gaan sommer 100% genees en weer ‘n vrolike dogtertjie wees!
Baie dankie dat jul nie die hond uitgesit het nie….

Duimsuig ·

Koos, maak seker jy weet waarvan jy praat voor jy jou mond uitspoel met nonsens.

Elsa ·

Die arme kind en hond. En eers gepraat van die oupa. Dit is hoekoem kinders geleer moet word om nie aan honde te karing nie en ouers moet seker maak dat hulle nie alleen gelos word nie. Hoop die dogterjie herstel gou en dat almal besef dit was ‘n ongeluk en nie arme hond van kant maak nie.

PTA commentator ·

My heart goes out to the the little girl and her parents. Had a similar experience just over a month ago where a rottweiler mauled my niece when it jumped into my car. You will get some HORRIBLE people that give nasty opinions of something they were not present with. Let alone have any consideration for the family that is already going through hell. You are in my thoughts and prayers for a speedy recovery.

Beurs ·

Elsa, as dit my kind was, sou ek haar nie weer by die hond wou toelaat nie. ‘n Dier bly maar ‘n dier en ‘n mens kan nie toelaat dat so iets weer gebeur nie. Ongelukkig sal niemand nou die hond wil hê nie en ons almal weet wat sy ongelukkige einde sal wees.

Geelvink ·

Swys, lees die berig weer, stadig met jou vinger die keer. Dalk, net dalk sien jy iets.

Ryan ·

Staffies is in die ou dae ook “nanny dogs” genoem, hulle is baie liefdevol teenoor kinders, en sal met hul lewens oppas. Dit sou waaragtag net ‘n skrik moes wees vir die woef.

Sann ·

Dadelik is daar weer baie geen genade vir honde, wat instinktief optree nie. Ek wens daar was soveel onverdraagsaamheid teenoor boelies. As mense die letsels van hulle eie woorde en dade moes sien wat hulle, berekend, teenoor ander doen, sou daar dalk ‘n sagte oordeel vir diere gewees het, wanneer só ongeluk soos hierdie gebeur. Baie sterkte vir almal wat hierdie trauma moet verwerk.

Elaine vab Heerden ·

EK is baie lief vir diere maar baie baie liewer vir my kleinkinders Het ook n groot hond gehad wat na my kleindogter gehap het Ek het net daarna hom laat uitsit Verlang nog na my hond maar my kleindogter kom eerste Stenig my maar

Gaitsigubib ·

Mense kan jou nie stenig oor logiese, nugter besluite nie, Elaine. As die hond skrik doen hy dit weer.

AB ·

@SANN, die is die beste komment sover en jy het die spyker op die kop geslaan! Ons het met Staffies, Labradors, German Shepherds , Boerboels en Pitties groot geword! As kind het my sis en boetie met ons boerboel gespeel. Sis was per ongeluk gebyt terwyl sy en Keizer met n dik tou gespeel het. Hulle het tug of war met dit gespeel. Daar was ‘n baie groot familie fight na my ouers se sisters en broers vereis het dat die brak dood gemaak moes word. EN DIT HET NET EEN KEER GEBEUR! My pa het gese, hou by julle sake asb. Ons het ‘n hond van 2 jaar aan geneem. Sy was net vel en been, en was wreed mishandel. Sy kan nie kinders van 7 en onder hanteer nie. Ons ander honde het geen probleem met kids nie. Ons hou die erg mishandelde baby in ons kamer as mense met kids oorkom, saam met die oudste ene dat sy nie alleen is nie, net vir veiligheid! Dis so waar wat jy gesê het, as mense kan besef wat woorde doen, sal hulle geskok wees. Hulle staan nie op vir verhongerde, wreed mishandelde kinders nie. Die wat nou so te kere gaan sal nie ‘n dooie woord gesê het nie. Hulle verkies om dit nie te sien en te help nie. Dink net watse groot invloed dit sou gemaak het, as hulle so geveg het vir mishandelde kinders en gesinne sonder huise of enige kos…..

riana ·

Hoeveel kinders/ mense moet deur hierdie honde gebyt word voor mense gaan begin besef jy nie sulke diere aan nie

Annette ·

Hierdie moes beslis `n ongeluk gewees het en dat die hond geskrik het want Staffies is baie liefdevol. Ek het al drie gehad. Die gebeure is bitter tragies en ek bid vir hierdie pragtige dogtertjie se volkome herstel. Baie sterkte vir die hele gesinnetjie.

R ·

Ek kan op my vingers tel hoeveel keer ek al gehoor het van Staffies wat iemand gebyt het, een of twee keer. kry vir jou ‘n staffie dan sal jy sien hulle is die beste kinder honde ooit. My seuntjie trek ons staffie se ore en stert en en en, maar ek hou darm toesig. As ek weer ‘n hond moet kry, dan sal ek weer ‘n Staffie vat.

Griet ·

O hemele ons!
Jy hoor altyd na die tyd hoe liefdevol die ou woefie was en hy het saam ons op die bed geslaap en was so oulik met kinders. Hulle kon maar sy ou oortjie trek, hy gee nie om nie. Wat kon n 2 jarige nou gedoen het aan die hond wat so erg is dat hy haar moet verskeur?
Diere is nie jou maaitjie nie. Hulle is irrasionele skepsels wat instinktief optree

Johan ·

Jakes so al is die hond onskuldig moet hy van kant gemaak word?

TB ·

Wonder wat sal gebeur as mens al die mense laat uitsit vir elke keer as hulle iemand seermaak?

Stella ·

Jammer,,,maar klenkinders knou diere af,,ds hoekom sy gebyt is,so eenvoudig soos dit,end of story

Francois le Cochon ·

Nou moet die oupa ‘n besluit neem. Of sy hond of sy kleindogter. Ek wonder wat gaan hy besluit, veral gesien in die lig van dat hy nie sy hond toegesluit het toe sy kleinkind kom kuier het nie.

Nadine ·

To All those who have a nasty comment… I can’t think that you can look at that beautiful little girl and have something mean or nasty to say coz then you are not a mother that has brought a precious life into this world.. It’s a terrible heart breaking situation

Mia Joubert ·

My seun was 3 toe hy deur sy Pa se polisiehond in die gesig en albei hande gebyt was. As jy nie weet waar die merke is nie sal jy nie weet hy was ernstig gebyt nie. Ons het hom net mooi opgepas by en om die hond, en die SAPD het die hond ook nie uitgesit nie. Mens moet soos met kinders om ‘n swembad, en om diere maar net altyd wakker wees. Mag julle almal gou herstel

Boerin ·

Sjoe…dis n tragedie, sterkte aan julle.

Sweis dis n staffie, jyt seker nou al raak gelees.Ek wil ook die opmerking maak dat n dier net dit is…n dier, hy tree volgens instink op, mense moet klein kindertjies nie by honde alleen los nie,dis waar wat een vd skrywers se…kindertjies besef nie wanneer hulle n hond seer maak nie…
NB: ekt dit nie in die berig gelees nie

Jax ·

Dis nie die hond se skuld nie! Honde-eienaars moet kinders waarsku om nie n hond skrik te maak nie en die kind moet leer om nie in die hond se gesig te wees nie!
My kinders het met staffies groot geword nie nie een van hulle of hulle maats is ooit gebyt nie. My kinders en hul maats is geleer om uit die honde se gesigte te bly, weg te bly as die honde eet en nooit ooit n hond skrik te maak nie.

Baie sterkte liefste kleuter.

ev ·

Weet Maroela of iemanders dalk of daar n fonds gestig is waarby ons kan bydra tot die mediese onkoste?

Mathilda ·

FNB
JJG DU TOIT
62726510193
CHEQUE
of
PEGLARAE LIFE
RUSTENBURG
Verwysing:
Nicolette du Toit

Ruan Smit ·

Hoekom hou ons as volk nie op stry oor die hele situasie nie en skenk eerder vir die gesin geld vir die mediese onkostes nie?

Anoniem ·

Baie sterkte, hoop kleinlyfie herstel gou en sterkte aan die ouers.
In my mening is afgetrede Oupas en Oumas se honde maak nie saak watse soort, dalk vriendelik maar nie noodwendig gewoond om elke dag om klein kinders te wees. My Skoonma se hond is ook baie vriendelik maar ons hou ons seuntjie dop saam met haar hond, hy het al gehap na hom, net omdat hy nie gewoond aan kinders is nie en omdat woefkind elke dag in Ouma se geselsskap is. Kinders vat hard, trek dalk ore en party honde is meer sensitief op hul lywe wat jy liefs moet vermy om te vryf.
Die beste is om kleinlyfies en honde wat nie elke dag aan kinders gewoond is, dop te hou.

Virginia ·

God gaan haar uit daardie hopitaal bed uit op lug plaas haar in God se Groot en sterke hand “healing hands”

Brandfort ·

Hoe oud is die hond?my dogtertjie was so 2 jaar terug deur ons eie hond gebyt ook in haar gesig sy was so 3jaar oud.ons hond se gedrag was vreemd rondom die tyd toe sy gebyt was.en n maand later het sy hart gaan staan.sterkte vir die familie

Anthony ·

Baie hartseer, hoop die kid herstel vinnig. Ek het 2 alsations en n klein dogtertjie. Sy word geleer om die honde te respekteer en sag te behandel. Kinders is soms hard met diere, nie uit opset maar omdat kinders maar kinders is en diere is maar diere. Solank jy die 2 leer om mekaar te respekteer sal daar tensy n ongeluk gebeur niks foute wees. Ek dink die is maar net n ongeluk gewees. Kon dit verhoed word? Ja seker. Maar net so kan enige ongeluk verhoed word, as mens op jou gemak stoel ure later daarin sit en dink. Ek hoop die kind herstel mooi en ek hoop die dier word nie van kant gemaak nie, ek is seker hy het nie uit agressie gebyt nie

Besorg ·

Almal lê eiers oor dieregedrag en wat nog.

Sê asb hoe / waar mens ń donasie kan maak Maroel Media!

Simpel mense.

Mathilda ·

FNB
JJG DU TOIT
62726510193
CHEQUE
OF
PEGLARAE LIFE
RUSTENBURG
VERWYSING:
Nicolette du Toit

Just saying ·

Enige hond gaan byt as jy hom seermaak. Maar wat my verstand te bowe gaan is dat mense nie honde toemaak as daar kinders is nie. Ons almal weet kinders kan soms hard vat of ore trek. N hond se enigste manier om te sê stop dit is byt.
As jy weet mense met kinders kom kuier by jou sit die honde weg. Hoekom wil jy verandwoordelik wees vir n kindtjie se pyn.
Dis common sense. My honde byt nie maar ek sit hulle nogsteeds weg as mense kom kuier.

Pieter ·

So waar! Hou op dink aan die mense en gee R50!

Sterkte vir die familie, met n randjie daarby is darem beter medelye!

Kom ouens!!!!!

Hartseer ·

Maroela, kan julle asseblief die bankbesonderhede verskaf vir n bydrae?
Baie dankie

Mathilda ·

FNB
JJG DU TOIT
62726510193
CHEQUE
Of
Peglarae life
Rustenburg
Verwysing
Nicolette du Toit

Wielspore ·

Die honde ras is jaloers teenoor die eienaar en voel bedreig as die eienaar aandag aan ‘n besoeker, veral kinders gee. Hulle reageer deur te byt (hap) aan die besoeker en die gedrag is onvoorspelbaar, so jy weet nie wanneer dit gaan gebeur.
Sterkte aan die mensie, ek hoop jy word gou gesond.

Ongeluk ·

Ek het ongelukkig twee keer al self gesien hoe ‘n kind in die gesig gebyt word, eenkeer deur een van my eie honde deur ‘n skuifhek. Ek hoop regtig die littekens herstel baie mooi.
Dit is ongelukkig nie ‘n ongeluk nie. ‘n Hond byt omdat hy/sy op daardie oomblik wil byt, maak nie saak of daar ‘n goeie rede daarvoor is of nie.

Muffin ·

Baie jammer vir die 2 jarige meisiekind. Ek het almal se kommentaar gelees. Ek ken honde vernaam terries. Baie lief vir diere maar as n hond ongeag ras n kind byt sit hom uit. Dit gaan weer gebeur.

Christa ·

Hoop kleinding is gou beter. My kind is al in die Gesig gebyt deur n bokser. Altwee het dit oorleef want hy het die hond seer gemaak. Die wat goed versorg en geleer word byt nie Sommer nie, tensy hul skrik of seer gemaak word. Sterkte.

Elaine van Heerden ·

Ongelukkig is die nie altyd die kind se skuld nie n boerboel het met sy kop op my kleinseun se skoot gele en my kleinseun het hom gevryf almal was buite en ewe skielik vlieg die die hond op en val my kleinseun aan SY kop was sleg gebyt Hy sal die res van sy lewe met die litteteken loop Rest my case

lanie ·

Sterkte. Dit was n ongeluk. Moet asseblief nie die hond uitsit nie.

Ann ·

Julle wat sulke nasty opmerkings maak, het julle die berig gelees??? Dink julle die hond sou dadelik gelos het as hy die kind aangeval het? Ag nee, julle ruk die ding uit verband. Net die feit dat die hond onmiddellik gehoorsaam het, sê vir my dat dit ʼn ongeluk was.
Sterkte pop xxx

R ·

Baie jammer om te hoor van die kleinlyfie se ongeluk.

Ek het self ‘n seuntjie wat 21 maande is en het ook ‘n staffie reun. Hulle het altwee saam groot geword en kan nie sonder mekaar nie, maar ons hou hulle onder die oë. Die twee speel baie lekker. Ek weet self dat staffies saggeaard is, en dat hulle baei beskermend is teenoor hul eienaars. Ek sê altyd dat hy nie iemand sal dood byt nie, maar dood lek van die liefde. Tog so opgewonde as daar mense by die huis kom kuier.

Kobie ·

Ek het jare gewerk in ‘n ongevalle. Honde is pragtige diere en almal is onvoorspelbaar. Ek het 2 Jack Russels en hou hulle weg van kinders en sorg dat selfs my eie gesig nooit te naby hulle tande kom nie. Opleiding van honde kan help maar dit is nie gewaarborg nie. Ek het te veel trauma gesien van vredeliewende honde. Moet nooit die hond verkwalik nie. Die veiligheid van mense by jou hond is die eienaar se verantwoordelikheid. Sterkte aan die familie ek voel jammer dat so iets julle getref het.

B ·

Presies so Kobie. Diere is nie kinders se speelmaats wanneer hulle gaste is nie. Ek self het streng reels as dit by my honde kom, oa presies ook dit – geen vreemdelinge (familie ens) naby en NOOIT gesig naby dier. (En allermins naby terwyl daar kos in die bak is)

Nettie ·

@Kobie. Netso. Ek is ‘n volwasse vrou en defnitief die “Alpha Dog” van my “pak” honde – maar nou die aand toe ek liefdevol by my Rottweiler buk om haar om ‘pat’ op die kop te gee, terwyl sy pas begin eet het, blaf sy vir my en ontbloot haar tande. Duidelik ‘n waarskuwing: “Ek raak groot en is reg om te “fight” vir my plek in die pak”. Mens moet respek hê vir diere en jou kinders dienooreenkomstig leer.

Heksie ·

Ek is ook in my gesig gebyt deur ‘n hond, Rottweiler toe ek ‘n kind was, en hy het ook geskrik toe ek skielik op my knieë sak en met my knie op sy voet druk, toe hap hy. Ek was baie kwaad vir hom en my pa wou die hond gaan skiet.
Vandag is die merk nog in my gesig, en dit herinner my maar net altyd dat mens versigtig moet wees.
Hoop die kleinding herstel gou en dat ou Steffie nou nie ‘n doodskoot gaan kry nie.

Kobus ·

Ons het ń hond wat in 8 jaar nog nooit anders as liefdevol en geduldig was nie maar ek laat geen vreemde kind naby haar toe nie. Diere bly onvoorspelbaar.

tinker ·

Ek het twee staffies en hulle sal nie net byt nie, dis nie in hulle geaardheid nie. Ek het kinders van alle ouderdom om my honde kinders en ek sal tien keer eerder staffies aanhou met kinders as ander honde. My honde sal kinders met hulle lewe beskerm, hulle sal nie eers kos by n kind vat as ek nie se hulle mag nie. Staffies is baie slim en daai woef het dadelik besef hy het n groot vout gemaak. Ek wens die famielie alle sterkte toe en hoop woef is ook oraaid.

@Riaan ·

Alle honde kan byt, ongelukkig was die nou n staffie voorval. Ek het self n staffie, is n staffie lover. Dit was n ongeluk, dit is wat dit is.

Db ·

Ek is baie jammer vir die dogtertjie maar wragtig hier is darem baie mense wat lief is vir doodmaak! Hoekom is julle stemme nie so dik wanneer ‘n plaasaanval gedoen word waar iemand gemartel is met geweldige wonde nie. Gooi maar die klippe want dit is al wat goed gedoen kan word.

Db ·

Ek is baie jammer vir die dogtertjie maar wragtig hier is darem baie mense wat lief is vir doodmaak! Hoekom is julle stemme nie so dik wanneer ‘n plaasaanval gedoen word waar iemand gemartel is met geweldige wonde nie? Gooi maar die klippe want dit is al wat goed gedoen kan word.

Carien ·

My dogter is ook in haar gesig gebyt deur n groot hond. Sy wou met Bakkies speel maar hy het nie lekker gevoel nie. Die tannie het vir haar gesê sy moet hom los maar sy het bly sit en hom gevryf. Ons vermoed hy wou haar net wegkry maar haar gesig was baie naby aan hom en toe byt hy. Haar skade was gelukkig nie so erg soos julle dogtertjie nie maar n klomp steke verder ry my man terug na die tannie toe. Bakkies het onmiddel na my kind toe gekom en sy kop onder haar arm ingedruk..asof hy skuus sê! My dogter het vandag n rits honde en gladnie n vrees oorgehou nie. Ek bid dat julle pragtige poppie mooi gesond sal word. Ons is self liefhebbers van staffies en almal wat ons oor die jare gehad het, was liefdevol en het ons met hulle lewe beskerm.

Domvraag ·

Wat n flou verskoning dat die hond geskrik en toe gebyt het. Daar is altyd die ontkenning en rede wat as verskoning gesoek word wanneer n hond byt. As n hond eers eenkeer n mens gebyt het dan gaan hy dit weer doen.
Volgens die foto was hierdie nie n ligte byt nie.
Party honde kan nie vertrou word nie. Een van my liefdevolle honde het niks aan ons kinders gedoen in ons teenwoordigheid nie, maar wanneer hy dink ons sien hom nie dan grom hy en wys sy tande en dit vir kinders wat hy ken? Ek het hom van kant gemaak.

AH ·

Honde is nie altyd die skuldiges nie. Klein kindertjies speel gewoonlik te roof met honde en katte. Hulle moet geleer word om nie aan diere te vat nie. My honde is soos my kinders, maar ek waarsku alle kinders om nie aan hulle te vat nie, want hulle is baie liefdevol teenoor grootmense, maar vertrou nie kinders nie aangesien ‘n familielid se kleuter hulle met ‘n stok geslaan het. Leer eerder kindertjies om weg te bly van diere af soos jy hulle sal leer om weg te bly van oop vure, kaggels ens of die swembad af. Dis onnodig om altyd die honde te wil doodmaak!

Nettie ·

@AH – iemand wat uiteindelik sin praat en nie summier alle Pittbulls, Staffordshire Terriërs, Alsatians, Boerboele, Dobermanns en Rottweilers tot “moordenaars” verklaar nie. Leer jou kind reg en hou ALTYD ‘n oog oor jou kind waar hy/sy naby honde is of speel of sluit jou honde maar eerder toe en hou hulle in jou erf, en alle probleme word voorkom of opgelos.

MW ·

My trop honde is al almal oud en grumpy, grom en mor onder mekaar maar nog nooit mekaar of mense gebyt nie. Kinders en honde moet van kleins af streng groot gemaak word om nie mekaar seer te maak nie, mekaar spasie te gee. Nie een hond het dieselfde temperament nie en baie is nie lief vir klein kindertjies nie, veral die skoot hondjies wat mense so lief is om vir hul kleuters aan te skaf – gaan altyd vir die gesig. Ek hoop nie dit laat ‘n sielkundige knou nie en veral dat haar gesiggie mooi herstel. Gelukkig nie ‘n geval van verskeuring nie. Die ou mense het altyd gesê as ‘n hond eenmaal gebyt het moet jy tweemaal dink oor sy toekoms, dis ‘n 24/7 risiko

Blondie ·

Ek het ook n Staffie gehad. Sy was die duurbaarste, liefdevolle hond. Sy was goed teenoor my kind, n regte moeder, sy het my kind so goed opgepas en gaan soek waar hy speel as ek het haar gevra om te gaan kyk.

IE ·

Hoop jy herstel gou pragtige Pop. Baie sterkte aan die familie.

Rian ·

Ek maak my honde net toe, maak nie saak wie kom kuier nie! Dis twee liefdevolle boerboele, kry hul jammer as hulle agter die swembad hekkie moet staan terwyl ons ander braai! Baie sterkte, my peet dogter is ook by haar oupa se huis gebyt terwyl sy in die sandgat gespeel het, die hond het by haar gelê en slaap.
Alles sal weer regkom!

Pieta ·

Ek hoop regtig die dogtertjie se gesiggie sal weer regkom. As mens nog nie deur so iets is kan mens nie regtig iets se buiten baie sterkte en hoop Ons Hemelse Vader sal die dokters die nodige kennis gee en hul hande vashou om die regte operasies te doen nie. Ek is meer as mal oor diere. My een skoonsus is mal oor katte en hulle bly ongelukkig nie meer naby my nie. Sy het egter een kat gehad wat erg befoeterd was. Sy het ‘n rugoperasie gehad en met die het vriende kom kuier met hulle kindertjies. So terg die een kind die hele liewe tyd die kwaai kat. My skoonsussie het seker 7x gese pasop maar dit val op dowe ore ook die ma sin. Die seuntjie was so drie jaar oud en het die hele tyd die kat geterg. Sy stert getrek en gehap. Toe vererg die kat hom en kap na die kat maar ongelukkig raak. Die seuntjie moes seker vier steke kry. Dit klink seker nie so erg maar vir ‘n driejarige se klein gesiggie was dit baie erg vir my gewees. Gelukkig het niemand die kat blameer nie

Attie. ·

Ek is groot liefhebber van honde, enige hond. Tog is daar ‘n verskil tussen honderasse. Bullterriers en Staffies is dierbaar en saggeaard maar redelik jaloers. Hulle byt isook erger as ‘n Jack Russel sin en wanneer enige hond toegang het tot ‘n kindjie van twee moet mens weet enigiets kan gebeur. So weet enige mens mos dat ‘n Golden Retriever of ‘n spaniel rustiger is as n Alsation od ‘n Doberman. Ek sal nie my kinders grootmaak by ‘n Stafie nie. Ek was nog nooit in my lewe gebyt deur ‘n hond nie maar is altyd omring deur brakke. Jammer vir die pragtige kindjie. Dit was beslis nie die hond se skuld nie maar beslis die eienaar sin. ‘n Hond wat iets verkeerds doen kan altyd teruggevoer word na sy baas want honde is nie stout nie. Gee die hond genoeg liefde op die regte tyd. Moenie dat die hond kompeteer met kinders vir liefde nie. ‘n Hond is altyd bewus waar die mense en kinders is in die vertrek, hy sal nie skrik nie. Mense moet meer leer hoe om hul beste vriend te hanteer.

Lizel ·

Uit die kommentare hierbo besef ek net weereens hoekom ons land lyk soos dit lyk en hoekom dit so sleg gaan met ons as Afrikaners. In plaas van om net boodskappe van bemoediging te sien vir die arme slagoffertijie en haar gesin, is daar massas van ons mense wat mekaar eerder aanval met venyn, beterweterigheid en heel dikwels ook net onsensitiewe dom dinge plaas. Dis maklik as jy ‘n skuilnaam gebruik! “Put your money where your mouth is” (of vingers in die geval) en dra eerder geld by om die pragkind se ouers te help. Hou jou opinie, raad en kommentaar vir jouself. As jy iets MOET plaas, kies positiewe, opbouende kommentaar en help eerder so om ‘n klimaat te skep van omgee vir jou naaste.

dodgy ·

jammer as n hond 1 keer bloed geproe het gaan hy dit weer doen ek life honed don’t get me wrong maar as n hond my kind so gebyt het was hy lang boome toe sorry julle kan se net wat julle wil

Nettie ·

MOET IN HEMELSNAAM ASSEBLIEF NET NIE DIE HOND UITSIT NIE. Dit was nie die hond se skuld as hy geskrik het (vir iets wat die dogtertjie dalk gedoen het) nie en sy/haar veg of vlug instink ingeskop het nie. Of dit nou ‘n stofpoepertjie Malteser of straatbraak of ‘n “power breed” soos ‘n Pittbul, Rottweiler, Boerboel of ‘n “guardian” hond soos Alsatian is of nie – MENS LOS NIE ‘N KLEINE KINDJIE SOOS HIERDIE ALLEEN MET ‘N HOND NIE!!! LEER HIERUIT IETS, MENSE!!! Sterkte aan die kleinding en haar ouers – ek hoop sy genees 100%.

marieta ·

hopelik kan almal wat geld vir n hond kon insamel en gee ….nou meer gee vir die kindjie wat n ongeluk gehad het…… ek kan ongelukkig nie geld gee nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.