Klimaathulp ‘buite bereik’ vir armer lande

Pres. Cyril Ramaphosa by die VN se COP27-klimaatberaad in Egipte (8 November 2022) (Foto: Kopan o Tlape/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag aan die Verenigde Nasies (VN) se COP27-klimaatberaad in Egipte internasionale finansierders gekap dat dit baie moeilik is vir armer lande om hulp te bekom vir klimaatsverandering.

“Ondersteuning van multilaterale organisasies is buite bereik vir die meerderheid van die wêreldbevolking weens beleide vir lenings wat risiko-onwillig is en met veeleisende kostes en voorwaardes gepaardgaan,” het hy tydens die beraad in Sharm el-Sheikh gesê.

Volgens hom moet finansierders “die manier verander hoe projekte gefinansier word” om armer lande te help om ook klimaatsverandering te kan bekamp.

Volgens ʼn VN-ondersteunde verslag wat Dinsdag vrygestel is, het ontwikkelende lande en opkomende ekonomieë teen 2030 jaarlikse beleggings van meer as $2 biljoen (“trillion”) nodig indien die wêreld aardverwarming wil stop.

Suid-Afrika, een van die wêreld se top-12 besoedelaars as gevolg van steenkoolverbruik, het verlede week onthul dat hy die volgende vyf jaar sowat $98 miljard gaan benodig om in die stryd teen klimaatsverandering. Die regering het verlede jaar tydens COP26 in Glasgow lenings en toelaes van $8,5 miljard bekom van ʼn groep ryk lande vir die oorgang.

Ramaphosa het ʼn beroep op ryk lande gedoen om hul beloftes gestand te doen, “sodat vertroue nie geskaad sal word nie”.

Die president het die beraad ook verseker dat Suid-Afrika, wat sowat 80% van sy elektrisiteit deur steenkool opwek, op koers is om verskeie van sy verouderde steenkool-kragstasies binne die volgende agt jaar uit diens te stel.

Maroela Media het vroeër berig die Wêreldbank het Suid-Afrika verlede week $497 miljoen toegestaan om een van sy grootste steenkoolkragstasies uit diens te stel en hernubare energie te bevorder. Suid-Afrika sal minstens $500 miljard benodig om teen 2050 koolstofneutraliteit te bereik, het die bank gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Delia ·

Minder onrus, minder oorlog, minder aanwas, minder korrupsie. Dan sal dit beter gaan in baie “arm” lande

KB ·

Meer LUISTER minder praat, meer FEITE minder emosie/impulsiwiteit…nè!

Hendrik ·

Ons was nooit ‘n arm land gewees nie, maar omdat daar mense is wat in miljoene rande se huise wil bly en miljoene rande se motors wil koop, en nog additionele sakgeld wil bekom, het ons arm tot baie arm geword. Neem alles terug, gee laat val salarisse met 50%, hulle kry tog alles gratis, waarvoor nog ‘n vet salaris. Dit het tyd geraak dat ons van die diewe ontslae raak en probeer die land weer oopbou.

Kobus ·

Bedel hy namens Afrika of slegs vir SA? Aan die een kant veg Matashe vir die behoud van steenkool opwekking en nou hou Rampposa klimaatsverandering voor om te bedel. Al kry SA die miljarde sal daar oor 5jaar steeds geen vordering wees nie. Wie gaan die fonds bestuur?

Nie Verbaas ·

Eerstens Ramaphosa, Suid Afrika is waar ons is as gevolg van jou en jou ANC kaders en dan het jy die vermetelheid om daar met jou Jannie Jammergat gesig te staan en nonsens kwyt te raak. Om $98 miljard aan Suid Afrika te “skenk” sal geensins help nie aangesien die geld in ANC sakke sal verdwyn met geen verandering nie. Enige land se regering wat ten volle bewus is van die ANC se reputasie en nog steeds geld wil skenk moet vir n volle psigiatriese evaluering gaan.

wim ·

Ramaposa het darem een waarheid kwyt geraak. Die ANC regering het oor die afgelope jare hard gewerk daaraan om steenkool kragstasies buite werking te stel. En hy en sy ryk swaarbou hard aan hernubare krag, Hulle het net nog miljarde in die bedelbakkie nodig

Jessey ·

Lekker lag ek nou, ja die kragstasies werk al minder en minder, so een van die dae gaan hulle heeltemal buite werking wees, en om eerlik te wees, ek dink nie sy agt jaar plan gaan veel help nie, veral as jy kyk na hoe lank hulle nou al sukkel om Medupi en Kusile aan die gang te kry, gaan daar verseker niks nuuts gebou kan word in die volgende agt jaar nie, dit gaan 20 jaar en 10 keer die begroting kos vir die nuwe BMW’s

Ronél ·

Die opmerking: “Ramaphosa het ʼn beroep op ryk lande gedoen om hul beloftes gestand te doen, “sodat vertroue nie geskaad sal word nie”…..
…. vertroue lê in integriteit nie in geld nie

Wendy ·

Regtig???? Klimaatsverandering ?? Nee mense die mens het ni beheer daaroor , God bly die Skepper, Hy is in beheer daarvan ,Hy het dit gemaak , dis net weer n ander geldmaak afleiding.

Loun ·

Suid Afrika was nooit n arm land nie, dis net die laaste 30 jaar wat ons verarm het….

Johan ·

Wat klimaatsverandering aanbetref, dis maar iets wat sedert die begin van tyd met ons is en redelik siklies van aard.
Wat die finansiering aanbetref moet Suid Afrika nie kla nie, en ook nie die ander Afrika lande nie, solank as wat ‘n staat nie fiskale dissipline kan handhaaf nie en sy trekrekord dit ook so uit wys nie, moenie verwag dat finansier dertig gaan toustaan vir besigheid met daardie lande nie.

Nie Verbaas ·

Hou mooi dop wat met die $497miljard gebeur. Die idiotiese ANC hou aan geld leen sonder om te dink hoe terugbetaling gaan geskied. Geld val mos uit die lug uit.

Hennie ·

Afrika het geen belangstelling in klimaatsverandering nie – net die bedelbakkies wat nou uitgesteek word.

Lillian ·

Hou op worry oor ander lande en konsentreer eerder daarop om die vele probleme in jou eie land op te los.

Swerwer ·

En waarom is hierdie eens ryk land 29 jaar later ‘n arm land. Net Ramaphosa en sy kader het daardie antword want dit is hul skuld, niemand anders nie. Weereens klap hy homself met ‘n plank want die hele wêreld weet dat dit die Kommunistiese ANC is wat ons land in hierdie situasie geplaas het.

KwaaiRooikop ·

Ja, veral by belangrike artikels waar ons wil opstaan en ons stem laat hoor, dan word die kommentaar sommer van die staanspoor gesluit.

domheks ·

Ja, so sal ons sien of die geld wel aangewend word waarvoor daar GEBEDEL word. Altyd bakhand om nog te kry en dan woeps waps – sorry staatskaping!

Manie ·

Julle kon in 28 jaar nog niks uitrig nie, wat gaan julle oor die volgende 8 jaar doen om die ou steenkool opwekkings eenhede te vervang? Julle laat my lag.

Samuel ·

Miljard. Nie biljoen nie, asseblief.

Cyril staan seker weer bakhand en moet seker maak daar is genoeg om uit te deel aan ANC kaders.

KB ·

Ou Rama se kabinet is nou nie juis bekend vir insig en vêrsiendheid nie.

JohanR ·

Kan Squirrel nie die volgende keur dat hy met die “people” praat, miskien ‘n hoenderpak dra nie. Ons sal darem dan kan glimlag en lag.

christo ·

Ag, man met die ANC in beheer van SA is enige-iets buite die bereik , behalwe natuurlik korrupte politici se hande in die staatskas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.