Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is nog geen teken van Taro Spies nie. Volgens Van Wyk het hulle nog geen leidrade oor waar Spies hom moontlik kan bevind nie
Intussen het Cape Argus berig dat daar sedert Donderdag ʼn grootskaalse soektog na Spies van stapel gestuur is. Veldwagters en helikopters het onder meer Tafelberg begin fynkam in die soektog na Spies.
Volgens die berig is Spies ’n ervare bergklimmer en fokus die soektog op roetes waar hy gereeld stap of klim.
Enigiemand met inligting oor waar Spies hom moontlik kan bevind, word versoek om konst. Mostert Muizenberg te kontak by 082 522 1216.
Ai, ek vertrou dat die soektog goed gaan afloop. Ek glo nie mens kan heeltemal op Tafelberg verdwaal soos byv. in die Naukluft- en Brandberggebergtes in Namibië? Ek was daar en jy kan maklik teenspoed optel.
Ek verwys na die verhaal van Aron Ralston in sy boek “Between a Rock and a Hard Place” (ISBN: 0-7434-9281-1) waar hy as ervare klimmerALLEEN gaan stap het en ook aan NIEMAND gesê het waarheen hy gaan.
Dit het hom, nadat sy arm deur ‘n rots vasgeval is, gekos om na 6dae self sy arm te amputeer om sodoende sy lewe te red.
Sê asb. aan iemand waar jy gaan stap en die roete en moenie daarvan afwyk. Ook die tyd van tuiskoms. In afgeleë wildernisgebiede is dit raadsaam om tenminste 3 maar verkieslik 4 stappers te wees. Sou een seerkry kan een by hom wag en die ander een/twee gaan hulp soek. Dit kan lank vat (dae) voor die beseerde na veiligheid gebring kan word.
Baie waar woorde Peet.
Hi Peet, die voorval waarvan jy praat, is dit nie die gebeure waaroor daar n fliek ook gemaak is nie? Ek dink amper die fliek se naam is “Seventy two hours” of so iets. Terloops, ek is ook van die Vaal en sien soms sms’e van jou in die Vaalweekblad :-)
Ai, hoop nie die arme man lê êrens in ‘n skeur met beserings nie. Hoop regtig hul kry hom gou. En ja, as mens gaan stap sorg dat iemand te alle tye weet. Al is mens HOE ervare kan ‘n ongeluk gebeur, mens moenie arrogant raak en dink jy “ken” die berg of dat jy “ervare genoeg” is nie!
Ek het nog nooit van ‘n onervare bergklimmer gehoor wat verdwaal het nie. Miskien het dit iets te doen daarmee.