ʼn Regeringsamptenaar wat glo 224 km/h op die N12 naby Alberton gery het, is Sondag in hegtenis geneem.
Lees meerAlles vir Sondag 17 Mei 2015
Noordwes-munisipaliteite se ‘uitvoerende funksies’ weggeneem
Die Ventersdorp- en Tswaing-munisipaliteit se uitvoerende funksies is deur die provinsiale regering oorgeneem weens wanadministrasie.
Polokwane se munisipale bestuurder geskors
Die munisipale bestuurder van Polokwane in Limpopo is geskors hangende ʼn ondersoek na onbekende bewerings.
Nuwe regulasies: Lisensie nodig om hommeltuig te vlieg
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Sondag aangekondig dat daar van 1 Julie af nuwe regulasies ingestel sal word rakende die gebruik van hommeltuie (drones).
Klimmer se verdwyning steeds ʼn raaisel
ʼn 25-jarige man, glo ʼn ervare bergklimmer van Muizenberg, word sedert Dinsdag vermis. Sy motor is naby Tafelberg gevind.
Ontploffing het brandbestryders in gebou vasgekeer
Die twee brandbestryders wat vroeg Sondagoggend dood is in ʼn brand in ʼn gebou in die Johannesburgse middestad, was weens ʼn ontploffing in die gebou vasgekeer.
Vermiste Pta-vrou gevind
Belinda Theunissen (24) van Dorandia in Pretoria wat op 4 Mei in Primrose, Germiston, spoorloos verdwyn het, is opgespoor.
SAID het glo op NVG gespioeneer
ʼn Voormalige agent in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het erken hy het onwettig spioenasietoerusting by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se kantore aangebring, berig Sunday Times.
Twee sterf in motorfiets-botsing
Twee mense is dood en nog twee beseer in ʼn botsing tussen ʼn motorfiets en ʼn motor in Uvongo, KwaZulu-Natal.
Illustrasies: Liefde is…
Die Koreaanse kunstenaar bekend as Puuung meen liefde is iets waarmee almal kan identifiseer en dat dit in maniere kom wat ons maklik in die alledaagse lewe kan miskyk.
Eskom begin met fase 2-beurtkrag
Eskom het Sondagoggend fase 2-beurtkrag begin toepas.
Vier sterf in Ventersdorp-botsing
Vier mans is dood en nog een beseer in ʼn botsing reg van voor op die R30 naby Ventersdorp in Noordwes.
Maties-dosent afgedank oor ‘rassistiese SMS’
Die Universiteit Stellenbosch (US) het een van sy dosente afgedank nadat hy glo erken het dat hy ʼn rassistiese SMS aan ʼn student gestuur het.
Twee brandbestryders sterf in Jhb-brand
Twee brandbestryders is vroeg Sondagoggend dood in ʼn brand in die Johannesburgse middestad.
Gedagte vir die dag: Vrees maak dood
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos 1:9)