Koeriervoertuig in KZN beroof

(Foto: Rusa/Facebook)

ʼn Koeriervoertuig is Maandag in Mount Edgecombe in KwaZulu-Natal beroof.

Reaction Unit South Africa (Rusa) se operasionele sentrum in Phoenix is omstreeks 11:40 na die toneel ontbied.

“Die twee personeellede het in Siphosethuweg gery toe ʼn wit Toyota Etios en ʼn swart Toyota Yaris hulle voorgekeer het,” het Rusa in ʼn verklaring gesê. “Twee mans het die Isuzu-bakkie genader en die assistent opdrag gegee om die bagasieruim oop te sluit. Een van die verdagtes was gewapen.”

Die rowers het vermoedelik selfone gesteel en in ʼn onbekende rigting gevlug. Niemand is beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JM ·

Dit gaan darem maar net te lekker en maklik in die land. Elke Jan Rap en sy maat het deesdae vuurwapens.

Sean ·

Wat van die Ram courier diens bakkie wat in Munziville geroof is vrydag oggend?

Hasie ·

Hoe het die rowers geweet dat daar duur goedere vervoer gaan word? Just asking….

Harley Davidson ·

Die skelms weet presies wat in die voertuie is voor hulle beroof word.

Swerwer ·

Beslis weer ‘n “Inside Job” gewees want wie weet wat in die spesifieke afleweringsvoertuie is. Dit is mos amper Kersfees so die MKF se lede is weer goed besig met privatisering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.