Koffiefontein-boer dood langs pad gevind

Andries Myburgh (Foto: Verskaf)

Andries Myburgh (32), ’n boer van Koffiefontein in die Vrystaat, se liggaam is Dinsdagoggend langs die pad naby sy plaas gevind. Sy vuurwapen het langs hom gelê.

Myburgh is in Oktober 2020 op sy plaas deur twee aanvallers oorval en met ’n mes gesteek. Hulle het brandstof oor hom uitgegooi. Twee van sy store is ook afgebrand.

Volgens konst. Masilela Langa, polisiewoordvoerder, het ’n verbyganger omstreeks 08:00 die polisie gebel oor ’n man se liggaam wat langs die R48 tussen Koffiefontein en Petrusburg lê.

“Die polisie het na die toneel gehaas en op ’n 32-jarige man afgekom. Daar was ’n vuurwapen langs hom,” bevestig Langa.

Volgens Myburgh se vrou, Lize, het hy na die veld gegaan om na die skape te kyk. Hy het egter nooit weer teruggekom nie.

“’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood te bepaal.”

Volgens Langa is die saak wat die beweerde aanval op 12 Oktober 2020 betref, gesluit. Dit is omdat daar geen bewyse gevind is wat daarop kon dui dat daar ’n aanval plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Susan ·

Lankal begin ! Ons slaap nog en die -5 is seker nie van SA nie !!

judbox ·

Jinne man dit is so sad van hierdie boer!!! My simpatie dra ek ook aan vroutjie lief en familie :(

Alfred E Neuman ·

Beweerfe aanval in 2020! Maw hierdie man het homself met n mes gesteek en toe brandstof oor homself uitgegooi. Snert man, snert!

Natasha ·

Die wet se hulle moet se beweer tot iemand skuldig gevind is van die insident.

Frank ·

Maar Natasha, dit beteken mos nie dat die ondersoek gesluit moet word nie!!! Hulle moet aansoek!!

Leeuwyfie ·

Die laaste paragraaf het my laat rooi sien. Hoe verduidelik jy dan sy wonde? As dit hyself was, dan moes hy aangekla word, as dit nie hy was nie, moes iemand nog gesoek word vir poging tot moord. Jy kan nie net so ‘n saak sluit nie.

My siening ·

Polisie is pateties self n tiener weet hierdie is moord! Arme land van ons is n grap met ANC en leierloosheid.

Ansie ·

Gesteek met ‘n mes, brandstof oor hom uitgegooi en store afgebrand, maar die onnosele onbevoegde polisielede wat die saak moes ondersoek “kon nie bewyse vind dat daar ‘n aanval was nie”. Vevlaks hopeloos.

Andries ·

Hoe lank is die boere se lont nog? Kan nie so aangaan nie

Pieter ·

Hoe sluit jy n saak, die man was met n mes gesteek,en brandstof op hom uit gegooi?
Ek se julle ,daar word so min as mootlik gedoen met plaasaanval sake. word net onder die mat ingevee, want ek wonder wie sit agter die moorde,,,,,,,,,,,,,,,,,,,?

Hendrik ·

Dis uit weerwraak omdat hy die aanval in 2020 oorleef het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.