Koffiefontein-boer oorleef aanval met mes, brand

Andries Myburgh (Foto: Verskaf)

“Ek voel opstandig, bang en kwaad en dan word ek weer oorweldig deur dankbaarheid. Ek is dankbaar dat my man lewe en dat my kinders hul pa gespaar is. Ek is oorweldig deur God se genade.”

Só vertel Lize Myburgh (28) nadat haar man, Andries (31), Maandagmiddag op hul plaas digby Koffiefontein in die Vrystaat deur twee aanvallers oorval en met ʼn mes gesteek is. Brandstof is ook oor hom uitgegooi. Sy is nog erg getraumatiseerd ná die voorval, maar is dankbaar vir almal wat haar gesin in hierdie moeilike tyd bygestaan en gehelp het.

Myburgh het omstreeks 13:45 gaan sit om middagete te eet toe hy skielik rook geruik het. Hy is uit en het rook by een van sy store gesien.

“Ek het uit die huis gehardloop en toe ek net om die hoek van die een stoor kom, het een van die aanvallers my met ʼn voorwerp oor die kop probeer slaan,” sê Myburgh. “Ek het met my arm gekeer dat die voorwerp nie my kop tref nie. My arm het die meeste houe gevat.

“Een van die aanvallers het weer vir my gekom en ek het my teëgesit en hom onderstebo gestamp. Die ander aanvaller kom toe met ʼn mes en tref my teen die kop, arm en sy.”

Die jong boer het homself verbete verdedig.

“Net daarna het die een aanvaller ʼn tree teruggegee. Ek het ook teruggetree en op daardie oomblik my vuurwapen uitgeruk.”

Myburgh het skote op die aanvallers begin afvuur en hulle het weggehardloop.

“Ek het nie besef dat terwyl die een aanvaller besig was om my met die mes by te kom, die ander een petrol oor my uitgegooi het nie.

“Terwyl ek met die vuurwapen in my hand gestaan het, het ek besef my bene is aan die brand.”

Myburgh het na die swembad by sy huis gehardloop en ingespring om die vlamme te blus. Hy het daarna uitgeklim en die bure en polisie in kennis gestel van die voorval.

Nooddienste is na die plaas ontbied en paramedici het sy steek- en brandwonde behandel.

Twee groot skure het afgebrand.

“Ongeveer 300 bale asook mielie-, koring- en lusernplante is vernietig. Twee van my trekkers en baie van my toerusting het uitgebrand. Ek het groot skade gely,” sê Myburgh.

Myburgh se werkswinkel met al sy toerusting was in een van die skure wat afgebrand het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Kokerboom ·

So bly hy is wel.Stuur rekening vir skade aan en verlies van produksiemiddele aan Staatshoof en Minister van Polisie. Iemand moet aanspreeklikheid aanvaar.

Leonard ·

Een-een protesoptrede is iets, maar die terrorisme op boere is ‘n landwye en deurlopende saak.

Henk ·

As dit nie blatant terrorisme en ‘n weldeurdagte plaasaanval is nie wat is dan? Net gewone geweldsmisdaad?…!!!

Pieter ·

Laat ek niks se nie, want rassite en hatters is in S.A en genaamd anc en eff.

Wakkerslaper ·

Baie dankbaar dat jy gespaar is!

Hierdie terroriste kom asof hulle gestuur is om te martel, te vermink en te moor! Ons Boere is onder ‘n georganiseerde aanval! Tyd om ons saak bitter vinnig en bitter sterk te stel aan die buiteland en die VN. Daar moenie twyfel wees wanneer ons gewapende weerstand begin bied nie!

Annelize ·

Hulle is ongetwyfeld gestuur, en die “deur wie” weet ons almal. Die opdrag is eenvoudig, moor uit en buit wat jy kan as jou beloning.

Anton ·

En dan is daar nog steeds mense wat se ons moet terug gaan tafel toe en onderhandel ens. Wat ons ook al oor die laaste 30 jaar gedoen het, het nie gewerk nie. Tyd vir n nuwe strategie!

Zandra ·

Liewe Jesus se blue eyed boy, dankie Here dat U hom spaar,

Vriendelike Frikkie ·

Deja Vu – Verskroeide aarde beleid van 119 jaar gelede?

Elmarie ·

so hulle kan ons boere aan die brand steek maar sodra ons opstaan en net lyk of hier nou gaan drama kom dan word daar ondersoek ingestel en ‘n onskuldige boer word geboei.
Ons moet ons monde hou en nie hulle levels daal maar niks kom van hul gedrag en uittarterry nie. gee kans.. Ons is gaaivol vir dit!!!!

Dries ·

Wie loop sommer so toevallig met petrol rond? Hierdie was ‘n beplande moord!

Riaana ·

Wil jle nogsteeds gaan mooi praat… Mooi praat gaan net volgende boer se dood veroorsaak… Se maar net

ES ·

So bly jy het jou vuurwapen by jou gehad en dat jy die aanval oorleef het, net jammer jy kon hulle nie uit die samelewing verwyder nie. Hulle sal kry wat hulle toekom.

Connie ·

Stuur die rekenig vir CR en vir EFF (julius malema) hulle wil mos alles beskerm teen die boere wat alles so verwoes.

Olly ·

Flink gedink, mooi man! Nuttelose gesiggies in die samelewing, niks beter om met hulle tyd aan te vang as te plunder en te moor.

Jakes ·

Baie dankbaar jy leef maar ook tog jammer dat jy nie die teikens kon tref nie.

Johann ·

Maar volgens ons president edelminder agbare Pinocio, is daar nie so iets soos swart teen wit, BEPLANDE aanslag nie. Dis ter loops. Ons moet nie n ras kwessie hiervan maak nie. Dis nie so erg as wat ons dit maak nie…

Kerneels ·

Johann, ek het nou skielik iets besef…

Ek wonder of jy bekend is met die term “gaslighting” wat deel is van die woordeskat vir geslagsgebaseerde geweld? Die oortreder vertel die slagoffer sy is oorsensitief, dis nie so erg nie, sy het daarvoor gesoek. Dit laat die slagoffer twyfel aan haar eie sanity. (Die slagoffer kan natuurlik ook manlik wees.)

En dis presies wat met die plaasaanvalle gebeur. Ons boere word ge-gaslight.

(Sal ‘n taalpuris asseblief so gaaf wees om my te help met ‘n mooi Afrikaanse woord vir gaslighting?)

Vernon ·

Cele sal nie n woord rep oor dit nie,maar laat n ou “poelies waentjie” vlam vat is die gort gaar! In die Mel Gibson fliek “We were soldiers” is daar n toneel waar die manne rug aan rug sit en hulself verdedig met die woorde,”Gentlemen..prepare to defend yourself”…Meer as ooit het hierdie woorde vir ons volkie waar geword!

Erika ·

Dit is defnitief Polities gemotiveerd die Plaasaanvalle ..Genocide met doel om om ons mense uit te moor uit haat aangedryf deur narsistiese aanhitsers … – Die Government wil dit nie graag erken en iets daaraan doen nie… en is huiwerig om skuldiges aanspreeklik te hou …met rede.
Die Boere is verskaf ons voedselbronne …. -Government gaan hulle self sodoende in voet skiet deur plaas aanvalle te erken as prioriteit misdaad nie

Anoniem ·

Plaasaanvalle word goed beplan en ek sal nie verbaas wees as die EFF wat niks anders is as die ANC se MK in nuwe rooi oorpakke agter baie van die aanvalle sit nie. Die EFF se skermutselings met die ANC is net oëverblindery.

johanf ·

Baie dankbaar jy het terug baklei, en dat jy oorleef het, jy is ń goeie voorbeeld…..
Hoop jy genees gou, en alle voorspoed……

Cornelius ·

Ek is bly om te hoor die boer is ok, maar, dis maar die begin van die ANC EFF
ondersteunde moorde op blankes boere. Ongelukkig gaan dit nie stop nie so boere op plase moet hulle so best as moontlik self beveilig met hoë mure,elektriese heinings en groot alarms wat aan iets of iemand wat kan help gekoppel is.

Peetjie ·

Dankbaar hy is okay, maar nou moet hy kalm bly – word daar gesê….

Annelize ·

Terrorisme, wat deel uitmaak van ‘n goter prentjie en plan, en ek staan by my opinie.

Cecilia ·

Andries. Eks vreeslik bly jy het d aanslag op jou lewe en d van jou gesin oorleef. Eks jammer jy het soveel skade gelei. Eks nog meer spyt jy het d “targets” gemis.
Ek stem 100% saam “kokerboom” se kommentaar. Stuur d skadevergoeding eis vir Cele en sy trawante!
Ons lede v Afriforum moet nou begin druk toepas op d organisasie sodat hulle d Plaasaanvalle in d buiteland kan gaan uitsaai. Om n optog te reel gaan net mooi niks help nie.

Dawn ·

As hierdie nie n duidelike teken is van haat nie. Dan weet ek nie. En hoekom nog try cele en ramaposa te try nice praaitjies verduidelik. Hulle weet hierdie goed man. Praat is verby. Mense ek se nou gaan kry self verdediging klasse. Ek en my dogter het dit gedoen. N goeie skiet instrukteur…hy leer ons nou al…tactical stappe en hoe om jouself te beveilig. Mense ons moet een stap voor wees…kry klasse hulle lok ons uit. En wag om die hoek.

Hercules ·

die verdagtes het beslis nie by die Myburgh’s aangedoen vir koffie en beskuit nie!!

dit is uit en uit terrorisme:

def van terrorisme:
“die onwettige gebruik van geweld, manupilasie en intimidasie, veral teen onskuldige burgerlikes, in die strewe na eie politieke doelstellings” 

Lynette ·

So, Mev Myburgh, jy sê in effek dat God GEEN genade gehad het vir die boere wat NIE die aanvalle op hulle oorleef het nie. Mense moet bietjie BESIN alvorens hulle uitlatings oor ‘God se genade’ maak….dit is meestal ‘n klap in die gesig van vermoorde boere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.