Komitee hoor OB-regskoste beloop R147 miljoen  

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) se regskoste beloop byna R147 miljoen.

Dit is tydens Donderdag se sitting van die parlement se artikel 194-komitee, wat gelas is met die proses oor die moontlike verwydering van Busisiwe Mkhwebane as OB, bekend gemaak.

Adv. Nazreen Bawa SC, een van die getuienisleiers, het hersienings- en verwante aansoeke waarby Mkhwebane betrokke was, onder die loep geneem. Sy het aan die komitee gesê konsultasie- en professionele fooie beloop R158 miljoen. Hiervan is nagenoeg R147 miljoen tussen die 2016/2017-boekjaar tot aan die einde van die 2021/2022-boekjaar bestee.

Die komitee het gehoor dat die rekenings vir die Absa-CIEX-Reserwebank-aangeleentheid meer as R14 miljoen is. Die DA/Casac-aangeleentheid het meer as R5 miljoen gekos. Die litigasie rakende parlementsreëls het reeds R15 miljoen oorskry.

Bawa het die komitee ingelig dat meer as 80 hersieningsaansoeke reeds gebring is. Minstens 37 formele verslae is hersien. Daarbenewens is daar 24 hersieningsaansoeke hangende wat die OB se kantoor teenstaan en 23 wat nie teengestaan word nie. Daar is ʼn aantal sake wat nie verband hou met hersienings nie, maar wat ook hangende is, insluitend Mkhwebane se aansoeke om hierdie komiteeproses te stop en teen haar skorsing.

Adv. Dali Mpofu, namens Mkhwebane, het tydens kruisondervraging van Muntu sithole, hoof van regsdienste in die OB-kantoor, gesê dat Mkhwebane se wyle personeelhoof Sibusiso Nyembe ʼn “groot bewonderaar” van Paul Ngobeni was. Ngobeni het na bewering artikels geskryf waarin hy diegene aangeval het wat die OB gekritiseer het en het hy glo in ruil daarvoor groot betalings ontvang.

Volgens Mpofu was een van die redes waarom Ngobeni, na wie daar tydens vorige verhore verwys is as ʼn voortvlugtige van die gereg in die VSA, vir ʼn spesifieke taak aanbeveel is weens sy regskundigheid, maar ook omdat hy ʼn skrywer in die openbare ruimte was. Mpofu het gesê Ngobeni het soms regsinsette gelewer en ander kere kommunikasie-insette.

Tydens die vraesessie wou sekere lede van die komitee weet hoekom dit blyk dat Mkhwebane se persoonlike prokureurs, Seanego Attorneys, die leeueaandeel van die sake kry wat deur die kantoor van die OB gelitigeer word. Sithole het in reaksie gesê die firma het hoëprofielsake ontvang en dit skep die indruk dat hulle die meeste sake ontvang het.

Die komitee gaan vandag voort met sy werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wondermaarnet ·

En wie de ongeluk betaal hiervoor? Ek betaal nie belasting vir sleg kaders nie!

Johan ·

Al die geld net n gemors van belasting geld fire haar en kry klaar as sy nie bevoeg is om haar werk te doen nie.

Andre ·

Joe, dis baie geld. Ander bêre dit blykbaar sommer tussen hulle meubels.

Kokerboom ·

Skaam julle regering! Die verdomde kader het die land nognet skade aangedoen. Hoe heg jul soo min waarde aan skaarste van geld? Hoe regverdig jul die nuttelose uitgawe terwyl miljoene nie kan leef?”Fire” haar net en kry klaar!!!!
Die ANC pandemie het land totaal verwoes…hoe absoluut vermetel!!!!?

Nie Verbaas ·

Hoekom moet belastingbetaler vir haar saak betaal? Laat sy self betaal en raak nou asseblief ontslae van die hopelose mens.

Willem Hendrik ·

ONBEKWAAM en moes nooit eers aangestel te wees. Kon seker nie beter verwag van n persoon wat nie eens laerskool voltooi het.

annie ·

… die komitee gaan vandag voort met sy werk… Wat tot wanneer sal duur? Binnekort gaan die komitee ea ook vir weke ondervra word soos die polisie nou tov die sokkerspeler en die aanklaer en joernaliste deur Zuma. Boewe is in beheer. Die bodem van die put is naby want die klankie raak erg.

Jr ·

Kan nie dink aan EEN SAAK wat sy of haar vriend dhali mphofu gewen het. Dink nie eers hierdie twee kan n verkeers kaartjie saak suksesvol verdedig

Johanncb ·

Ken hierdie vrou géén einde nie? Dit alles om haar werk te behou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.