Kommer oor 88 000 tienerswangerskappe in een jaar

Argieffoto

Daar is groot kommer oor die hoë syfer van swangerskap onder skoolgaande tieners.

Meer as 88 000 skoolmeisies van tussen 15 en 19 jaar oud het die afgelope jaar swanger geraak.

Die parlement se veelparty-vrouekoukus het sy teleurstelling oor dié syfer uitgespreek.

“Hierdie kinders word seksueel geskend en in sommige gevalle deur manlike opvoeders, wat veronderstel is om ʼn ouerrol te speel,” het Kate Bilankulu, voorsitter van die veelparty-vrouekoukus, gesê.

Volgens die vrouekoukus moet seksueel aktiewe leerders aangemoedig word om van doeltreffende gesinsbeplanningsprogramme gebruik te maak en ontmoedig word om by hierdie riskante gedrag betrokke te raak. “Daar is geen eer daaraan om ’n kind te hê wanneer die fokus in die klaskamer behoort te wees nie.”

Volgens Bilankulu moet daar, indien nodig, gesinsbeplanningsprogramme wees en moet opgeleide gesondheidsorgverskaffers skole besoek om inligting oor die gebruik van beskerming aan alle kinders te verskaf.

Bilankulu het ’n beroep op mans en onderwysers gedoen om nie seksuele verhoudings met kinders te hê nie.

“Seksbehepte mans moet die verantwoordelikheid dra vir hul kriminele gedrag en sake van verkragting moet teen hulle aanhangig gemaak word. As dit nie gebeur nie, sal hierdie gedrag nie ophou nie. Ons kinders moet bemagtig en beskerm word teen alle vorme van seksuele skending.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Vinny ·

Die klinieke moet na die skole toe gaan en die tiener meisies inlig en voorbehoeding gee.
Daar kom nog 88000 grants elke maand.

SwartBees ·

Wat het die regering verwag gaan gebeur as toelaes links en regs uigedeel word?!

Jack ·

Hierdie mense is ‘n skande en las vir die land.Die basiese toelaag gaan al hoe minder kan koop en die kinders gaan dit eerste voel.As jy nie die som kan maak nie moenie kinders kry nie.Geen hoop en geen verwagting. Slegs armoede en hongerte is julle en julle kinders se voorland.

Peter ·

88 000 kinders x R350 grant=
R30 800 000 per maand
R30 800 000 x12 =
R 369 600 000 per jaar.
R 369 600 000 x18 jaar tot toelaag verval (kind grootis) is
R 6 652 800 000
en die arme belastingbetaler moet maar net opdok.
hierdie is maar net vir laasjaar se babas wat van al die ander babas die volgende 5 jaar of vorige 5 jaar se babas?
Dit is totaal en al belaglik

Rooikopheks ·

Skoolmeisies tussen 15 en 19jr oud weet presies wat hulle doen. Hulle aandag is nie by skoolwerk nie, dis keuses wat hulle self maak.

My Mening ·

Ek glo in meeste van die gevalle weet hierdie kinders presies wat hulle doen. Die blaam kan nie altyd op ander partye geplaas word nie. Hierdie kinders is veronderstel om verantwoordelikheid vir hul eie dade te vat.
Ons weet natuurlik dit gebeur nie (baie volwassenes doen dit nie eers nie), die ouers en belastingbetaler sit met die gevolge, lekker man!!

Gerhard ·

OMW – dit is absoluut skokkend. Sal hulle asb areas bekendmaak ook asook bevolkingsroep. Nie dat ek se dit word beperk tot spesifieke bevolkingsgroep/e nie, maar ek dink dit is seker ons reg om te weet wie eet ‘n deel van ons belasting in die vorm van grants op. Ek is doodseker daar is ‘n groep spesifiek waar dit meer voorkom. Ongeag, dit is skrikwekkend.

Wonder ·

Dit is wat gebeur as kinders meer regte het as ouers wat hull moet dissipline leer en so ook dissipline verbied in skole, kinders mag mos vandag sonder ouers se goedkeuring of medewete dinge doen.

JohanR ·

En al die ouens, minibustaxi bestuurders en gaartjies wat ‘n lekker tyd gehad het hardloop seker noe steeds!

Eloise ·

As mamma van twee tieners kan ek sê dat die sogenaamde seks voorligting hulle baie nuuskierig maak. Ek sê nie hiermee kinders moet nie ingelig word nie, maar dalk eerder na kyk na wat ons alles vir die kinders vertel. Kinders, of hulle nou 15 of 19 jaar oud is, se frontale gedeelte van hulle brein is nie ten volle ontwikkel al op die ouderdom nie. Ja dit is hulle besluit, maar hulle maak dom besluite ook. Ons het oop gesprekke in ons huis en ek gee vir hulle raad en vat hulle vas waar nodig. Nie dat ek weet of ons die regte ding doen nie. Die syfers is skokkend en hartseer.

Karoo ·

PLAN: Vergoed jong meisies om nie kinders te he tot klaae geleer nie. Betaal dan op ‘n gly skaal, b. v Kind 1 @R10 kind 2 @ R5 Kind 3 @ R3 ens.

KB ·

Hulle is nie noodwendig verkrag nie, hulle is swanger. Dus kan dit ook hul eie keuse wees.
Opvoeding/selftrots/respek vir ʼn lewe/verantwoordelikheid is van die groter probleme. Dit sal nie verbaas as drank/dwelms/nuuskierigheid/die afwesigheid van beginsels ook sy bydrae maak nie.

Bolandse Nooi ·

Hmmmmmpffff!!!!! Ek wil sover gaan as om te sê dat 90% van hierdie tienerswangerskappe is NIE die resultaat van verkragting nie. Dit is die resultaat van jong meisies wat verhoudings met ouer mans aanknoop, wat dan aandring om onbeskermde seks omdat dit “lekkerder” is. Daar is geen, soos in GEEN rede, vir enige skoolmeisie om vandag onbepland swanger te raak en ‘n kind in die wêreld te bring nie, want voorbehoedmiddels is gratis beskikbaar by ENIGE van die 1000’e staatsklinieke en ook Clicks en Dis-Chem as deel van hulle gemeenskapsondersteuningsprojekte. Dan kry jy nog die 72-hours “after”-pilletjie ook asook aborsie tot op 12 weke, óók gratis beskikbaar by staatsklinieke en -hospitale.

Maar, wat verwag jy, as jy kinders wat kinders kry, wat weer kinders kry, betáál om kinders te kry? R510.00/kind se staats-papgeld elke maand en hulle kry mediese sorg gratis tot en met die ouderdom van 6 en die “grant” tot en met 18-jarige ouderdom, waarna hulle weer NSFAS-geld kry om te gaan studeer, waarna hulle al klaar weer 3-4 kinders se staats-papgeld kry. ‘n Nimmereindigende aantelingskema waarvoor die belastingbetalende moet opdok ……

Bolandse Nooi ·

@JohanR …. nee, die dêrries in hierdie geval, “loep koep siep” soos die kallits sê – hulle maak ‘n gly agterna …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.