Kommer oor stand van Gautengse munisipaliteite

Faith Muthambi, voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering (Foto: ANA)

Die parlementêre portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake sê hy is bekommerd oor die algemene stand van munisipaliteite in Gauteng.

Die komitee is veral bekommerd oor die groot aantal vakatures vir senior bestuursposte by dié provinsie se munisipaliteite asook wanfunksionele munisipale komitees vir openbare rekeninge, hoë water- en kragverliese en die ondersoek na en gevolgebestuur van ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes.

Faith Muthambi, komiteevoorsitter, sê hoewel slegs vier munisipale bestuurderposisies van die provinsie se 11 munisipaliteite vakant is, die hoë vakaturesyfer van steundiensteposte vir senior bestuurders veral kommerwekkend is.

Volgens Muthambi het die Stad Johannesburg ’n vakantekoers van 42% terwyl die helfte van die steundiensteposte vir senior bestuurders by Sedibeng vakant is.

By die Lesedi- en Wes-Rand-munisipaliteit staan die syfer op 33% en by Merafong op 42%.

“Hierdie koers kan toegeskryf word aan die gebrek aan strategiese leiding en ʼn gebrek aan finansiële omsigtigheid in daardie munisipaliteite. Hoewel die komitee kennis neem van uitdagings om voldoende geskoolde personeel vir hierdie poste te werf, glo hy dat hierdie uitdagings oorkom kan word.”

Die komitee is boonop bekommerd dat vyf van die 11 munisipaliteite in Gauteng se munisipale komitees vir openbare rekeninge nie die 2019-’20-jaarplan goedgekeur het nie.

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Volgens Muthambi ondermyn dit die komitees se kritieke oorsigrol en dit word weerspieël in die agterstand in die ondersoek na ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes by die betrokke munisipaliteite.

“Die komitee het ʼn beroep op die rade van Ekurhuleni, Tshwane, die Wes-Rand en Midvaal gedoen om hul jaarplanne af te handel en goed te keur.”

Water- en kragverliese is nóg ʼn bron van kommer vir die komitee aangesien dit druk op die kontantvloeibalans plaas en tot swak dienslewering bydra, sê Muthambi.

“Dit is onvolhoubaar om waterverliese van R1 386 000 000 in Johannesburg, R1 051 432 369 in Tshwane en R1 002 005 635 in Ekurhuleni te hê. Die komitee het munisipaliteite nou versoek om klante vas te vat wat onwettig toegang tot waterdienste verkry, asook om onakkurate fakturering te takel sodat meer mense rekeninge betaal en verouderende infrastruktuur te herstel.”

Die komitee het ook sy kommer uitgespreek oor die 77% van ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes vir die 2018-’19-boekjaar, terwyl uitgawes vir vorige jare ook nog nie uitgesorteer is nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat dié uitgawes in die stad Johannesburg van R1,2 miljard in 2014-’15 toegeneem het tot R3,07 miljard in 2018-‘19. In die Wes-Rand beloop dié uitgawes R149,7 miljoen vir 2018-‘19. Altesaam R92,09 miljoen (61%) van die bedrag is boonop nog nie ondersoek nie. In Mogale City beloop ongemagtigde uitgawes vir 2019-’20 altesaam R166,3 miljoen.”

Die komitee vra dat die ondersoek en die inwerkingstelling van die gevolgbestuur teen diegene wat vir ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes by Gauteng se munisipaliteite verantwoordelik is, dringend afgehandel word en dat geld, indien moontlik, ingevorder moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hendrik ·

Soe hoe bly is ek ons gemeenskap is nie deel van Tshwane al bly ons naby.

Aai ·

Alles lyk so sleg want alles is vernuut vir die meerderheid en wie gaan dit betaal en dan nog korrupsie ook.Anc maak julle oe oop en hou op gee

Androclus ·

Dis anc wêreld daardie ,jy moet bekommerd raak oor die stand van daardie munisipaliteite,hulle is baie lief vir verniet goed en geld.

Kokerboom ·

Nuttelose komiteeverslae en kommentare met geen wil of vermoeë om iets te doen aan een kant net om gewetes(bestaan dit nog) van kaders te sus en heerlik skep en plunder aan die ander kant!! Wanneer gaan belastingbetalers wakker skrik en iets doen?

FranWilder ·

Ja nee, stel nog 10 mense aan om ondersoek intestel en betaal hulle goed, niks gaan in elkgeval verander nie,

Anel ·

Hulle praat in miljarde en die meeste van ons kan skaars in honderde praat. Daar is genoeg gekwalifiseerde mense om die werk te doen maar ongelukkig is hulle velkleur verkeerd.

Nie Verbaas ·

En ons almal weet wat is hulle definisie van voldoende geskoolde personeel vir hierdie poste.

Dup ·

Ek het nie baie “faith” in Faith se uitsprake en bekommernisse nie.Haar komitee en die meeste van die genoemde munisipaliteite is appels van dieselfde boom.Die blindes probeer nou om die ander blindes deur n labirint te lei.Geen wonder die Guptas kon hulle so maklik aan hulle neuse/beursies rondsleep nie.

Bosvelder ·

Dus, die staat se finansiële jaar loop 1 Maart 2019 tot 28 Februarie 2020. Die jaarplan is nog nie goedgekeur nie en die nuwe finansiële jaar is al amper 8 maande oud. G’n wonder dit gaan so nie. Hendrik, al is jy nie deel van Tshwane nie, dink ek dit gaan oral so.

annie ·

… ons reken op antie Faith om sake vas te vat. Haar ervaring by die SAUK, indien ek reg onthou, is goud werd. As die munisipaliteite maar nou so flink kan funksioneer soos die land se radiowese na haar hulp.

SomeOne ·

pretoria, booysens, 10 minute nadat ‘n groot water toevoerpyp herstel is wat gebars het, toe bars die pyp weer op dieselfde plek, waar is vakmanskap

Janine ·

Ons munisipaliteit het een foonnr. Hy word meesal nie geantwoord. Jy moet fisies soontoe ry vir ENIGE navrae. Rye waarin jy 3 ure of langer moet wag, want eish, African time…. Absolute skande!

Wakkerslaper ·

Ekurhuleni wil tot soveel as 40 strate se name verander teen miljoene Rande se koste. Maar hulle weier om kapitaal beskikbaar te stel om enige van die 19 rioolsuiweringswerke, wat reeds onder groot druk funksioneer, op te gradeer of groter te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.