Kommer oor wreedheid van plaasmoorde

Argieffoto (Foto: Elmond jiyane/GCIS)

TLU SA sê die wreedheid wat gepaardgegaan het met die twee onlangse plaasaanvalle in Waterval-Boven en Delmas in Mpumalanga is uiters kommerwekkend.

“Ons sien nie net weer ’n toename in plaasaanvalle en -moorde nie, maar ook dat dié voorvalle al hoe wreder word,” sê dr. Gawie Lötter, veiligheidsbestuurder by TLU SA.

Lötter het Woensdag daarop gewys dat daar ’n duidelike toename in plaasaanvalle oor die afgelope paar maande was: In Junie is twee plaasmoorde aangemeld. In Julie is daar sewe moorde aangemeld en in September reeds ses.

Dít bring die aantal plaasmoorde vir 2022 op 33 te staan. Sedert 1990 is daar reeds 2 203 plaasmoorde aangemeld.

“Een plaasaanval of -moord, is een te veel,” sê Lötter nou.

Maroela Media het vroeër berig dr. Jesse Coleman se liggaam is Dinsdagoggend op sy plaas naby Delmas aangetref nadat hy vermoedelik die vorige aand grusaam vermoor is. Dié aanval volg enkele dae nadat Gideon Swart Vrydagoggend leweloos voor sy plaashuis naby Waterval‑Boven gevind is. Hy is glo herhaaldelik aangerand en met ʼn voorwerp gesteek.

Lötter sê die duidelike toename in plaasaanvalle en plaasmoorde is tekenend van die opportunistiese optrede van misdadigers. “Die politieke klimaat met gesprekke wat fokus op onteiening sonder vergoeding, binnegevegte in die regerende party en die ondoeltreffendheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is van die faktore wat ʼn klimaat skep vir misdadigers om ekstra kanse te vat.”

Dít terwyl die regering se dawerende stilte “onrusbarend” is.

“Ons is reeds duidelik bewus daarvan dat die toepassing van wet en orde deur die SAPD nie na wense is nie, en met nog wapens in die hande van kriminele, is dit net ’n tydbom wat wag om te ontplof.”

Lötter sê TLU SA veroordeel die jongste plaasaanvalle en verwag van die regering om alle middele tot hul beskikking aan te wend om die misdadigers tot verantwoording te bring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jr ·

Maar “kill the boer,” is not hate speech volgens n 30 % magistraat

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Squirrel sê plaasmoorde bestaan nie……leuenaar!

My siening ·

Solank wit mense soos NG KERK omverskoning vra vir die apartheid sal die ANC en EFF hulle verlistig in die moorde want dit verswelg hul wreedheid vir 30 jaar. Die land versmoor in die bloed van die wreedarts!

Joe Olivier ·

Dis so jammer dat die ja stemmers in 1992 gedink het dat die gruweldade van die mau mau in Kenia net ‘n fiksieverhaal was en dat dit nooit hier sal gebeur nie.

Mariana ·

Dit is onrusbarend ja. Maar met die regering en EFF en al die ander opstokers is dit nie verbasend nie. Wanneer liedere soos Kill the Boer gesien word as heeltemal reg, kan mens verstaan. As die polisie nie hul werk doen en hulle baas Shurrup skree, kan mens dit verstaan. As die kriminele net toegelaat word om hul dade te pleeg,dan kan ‘n mens dit verstaan……en eendag as daar nie meer boere is nie sal mens ook kan verstaan dat daar nie meer kos op die tafels is nie. Maar soos Julius gesê het, dis ok, daar is baie kos in die winkels. Wanneer ‘n regering meer omgee vir homself en niks voel vir ander mense se lewens nie, dan is dit onrusbarend. En steeds is daar geen lig aan die einde in die tonnel nie, nie vir plaasmoorde nie. Dit sal so aangaan tot daar werklik opgetree word teen die moordenaars en aanvallers.

Fanna ·

Watter sap.watter weermag. Watter minister. Watter regsinstansie.Ons is op one self aangewese

Johann ·

En so loop die boosheid self onvermomd onder ons rond. ‘n Gewetenkose lafhaards bende wat aangehits en geloof word vir hulle wreedheid. Geen respek vir lewe anders as hul eie selfsugtige doelwit nir. Soos ‘n besete trop wat onskuldige weerlose mense verskeur. SIEK ANC LEGACY!

Elize ·

Hierdie wesens dink nie een oomblik waar maak hulle hul oë oop na hierdie lewe nie. Geen vrees vir niks want siestog “ons is die minderbevoorregtes”

annie ·

Geskiedskrywer, Prinsloo, vertel oor die sluwe aksies van sendelinge wat die eerste boere in die Garriep van hul plase verdryf met die hulp van Lesotho en Britte. Karel Schoeman skryf oor Franse Sendelinge met groot plase en werkers uit die buurland. ‘n Boer Botes is bv glo kamtig teruggeroep na die Kaap. Toe hy terugkeer woon die Fransman Roland in sy huis wat aanvoer dat Mosjesh dit vir hom gegee het. Toe Botes aanhou protersteer is hy vermoor. Werkers is van perde en wapens voorsien om opstalle af te brand en boere te verdryf. Prospektering was algemeen. Toe diamante ontdek is, het al wat werker is hul ‘goeie’ base gedrop, oeste net so op die land gelos en soheen gehaas.

Marina ·

Ja en kill the boer het niks daarmee te doen nie ….. dis hoekom dit Nou al hoe erger en wreder word

Nico ·

Die regering is meer gepla oor die veiligheid van die sogenoemde VIP’s, hulle verger van plaasboer.

Peter ·

Feit is sou dit minder wreed wees beteken dit nie dis aanvaarbaar nie! Vuilgoed.

George ·

Ek se, baklei terug met alles wat jy het, of hulle skiet jou met baklei, of hulle bind jou vas, torture jou, en skiet jou elkgeval. Gee hulle die opdraende wat jy kan

Andre ·

Wêreldwyd is daar ‘n aksie om die blanke bevolking te vernietig.

Dandeleen ·

Daai is die waarheid, dit is hoekom slegs BLM en nie All lifes nie.

Carel ·

Die ANC-regime gaan nie iets veroordeel wat deur die meerderheid “Our People” as vergelding vir “in-jas-tas-sas of the past” gereken word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.