Delmas-plaasmoord: Slagoffer was bekende veearts   

Dr Jesse Coleman (Foto: Facebook)

Die 72-jarige man wat op ʼn plaas tussen Delmas en Bronkhorstspruit in Mpumalanga vermoor is, het as ʼn veearts in Benoni gepraktiseer.

Dr. Jesse Coleman se liggaam is Dinsdagoggend op sy plaas aangetref. Hy is grusaam vermoor.

Daar word vermoed dat Coleman vroeg Maandagaand in sy plaashuis oorval en geskiet is nadat die aanvaller(s) deur die agterdeur toegang tot die huis verkry het. Sy vasgebinde liggaam is in die plaashuis gevind nadat sy familie onraad vermoed het.

Volgens kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, is Coleman se liggaam in ʼn plas bloed aangetref. “Sy hande en voete was vasgebind en die huis is geplunder.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. Enigiemand met inligting word versoek om ao. Jacques Smook by 082 527 2974 te kontak of Stop Misdaad by 08600 10111.

Llewellyn Hemmens, AfriForum se streekshoof vir veiligheid in die Noordstreek, het vroeër gesê die moord het die gemeenskap van Delmas geruk. “Hierdie ou was verskriklik betrokke by die gemeenskap.”

Huldeblyke vir Coleman stroom intussen ook in op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Delia ·

Ag Here tog…nog diere wat nou ook moet swaarkry. Praat nie eers van sy familie.
Ek stel weer voor.
Kry n inklokstelsel. Die man is ook eers die volgende oggend gekry.
Dall help daai paar uur om iemand vroeé te kan help.
Mag hy in Vrede rus. Geen mens verdien om so te sterf.

KatjieDeKat ·

Ek het skaars woorde vir die woede wat ek voel. Maar ek gaan NIE die “maak my knorrig” emoji gebruik nie. Mense voel knorrig as hulle n koppie koffie per ongeluk omstamp. In gevalle soos hierdie is daardie emoji n belediging. Ons is KWAAD, om die absoluut minste te sê!!

Kalla ·

Sterkte aan al sy mense, ek bid baie sterkte en krag vir julle.

Miena ·

Nee nogal nie hoor. Ek bly in die nabye omgewing en al wat ons beleef het is die local community wat van gister-oggend vroeg af al die pad toegemaak het tussen die Delmas afrit vanaf die R25 in Bronhorstspruit tot naby die N12 waar hulle saamgekom het en hulle oorweldigende frustrasie uitgeleef het want “wie gaan nou na hulle omsien en dinge doen vir hulle?” Dit is aaklig om te sien hoe mense wat regtig hulp benodig en aanvaar van dit ontneem word omdat sekere ander mense dalk verontreg voel of wat ookal daai ene se denke mag wees. Maar terug tot by jou kommentaar – Cele sal nie ons ou plaasdorp-nedersetting-on-the-outscirts-of-Pretoria kom besoek nie. Die bloulig karre ry liewer met die N4 of N12 net reguit deur Bronkies na Witbank na Middelburg na Nelstpruit toe. Ons is mos nie goed of bekend genoeg nie.

Groen Ghoen ·

Ai, tragies. Die leemte in die samelewing sal nooit gevul word nie. Verder, is dit ook terreur: Dit boesem vrees in, nog meer mense verlaat die platteland. Wat bly uiteindelik oor? Verskroeide Aarde Deel 2?

Bernard ·

Reuse toename in barbarisme – en niemand beveg dit nie.

Grassie ·

Met ‘n werkloosheidsyfer van meer as 40% en ‘n absoluut onbevoegde regering wat nie wet en orde kan handhaaf nie gaan misdaad steeds drasties toeneem. Ek sien nie ‘n oplossing nie, net agteruitgang en wanorde. Ek het myself al probeer wysmaak dat ek nie rassisties is nie maar dan sing ‘n vent met rooi klere dat en my soort doodgemaak moet word en ons regstelsel bevind dat dit nie haatspraak is nie. My raad aan my volksgenote – Hou jou kruit droog en jou yster geolie en jou oë oop.

Faraway ·

Wat freaken scary is . . . Oor n paar dae lees ons van NOG N PLAASMOORD!!!

Skappie ·

Baie sterkte aan sy gesin en vriendekring. Mag onse Liewe Heer hulle styf in Sy arms vashou in hierdie moelike tyd wat vir hulle wag.

Swanie ·

Hoeveel nog ? Waneer doen ons iets ? Elke dag n nuwe geval of twee!!

Nettie ·

Hoeveel nog?

Nog ‘n familie wat met die waaroms en hoekoms en vrae moet worstel. Wat die gemis en hartseer moet probeer verwerk. Innige simpatie en medelye.

Ons het nie meer woorde nie. Ons kan nie meer die groot gat in ons Volk se psyche probeer toestop met mooi woordjies nie. Dit help nie meer nie. Dit troos nie meer nie. Die seer word net meer en groter. Ons harte pyn saam met elke familie.

Danie ·

Dit euwel misdaad moet nou stop.Vriende familie van bejaardes en boere op plase en hoewes wees paraad maak planne om verdere moorde en aanvalle te bekamp.Die polisie gaan niks doen dit is in julle hande.

Miskruier ·

Kyk mooi, soos alle byna alle plaashuise is daar nie luukse artikels nie. Dis dus moord.

Alleen Wolf ·

Hy was ons veearts gewees, die woede in my is onbeskryflik, die wreedheid om hom vas te bind en dan dood te skiet, dis onvergeeflik. As hulle ooit gevang word, sal hulle maar net weer loop a.g.v. onvoldoende bewyse, die polisie is te slapgat om ‘n saak behoorlik te ondersoek.
My innige simpatie met sy familie en vriende in hierdie tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.