Koo-blikkie gaan boon(toe) in Game-advertensie

‘n Skermgreep van Game se video. (Foto: Facebook/Game Stores)

Dit is een dalk een klein treetjie vir ʼn boontjie, maar ʼn groot sprong vir alle groente, oral.

Die winkelgroep Game het Woensdag geskiedenis gemaak toe hy die eerste plaaslike handelaar geword het om ʼn voedselproduk die ruimte in te stuur.

Game het ʼn blikkie boontjies in tamatiesous van Koo – wat volgens die handelaar een van sy klante se gunstelingprodukte is – met ʼn weerballon die ruimte ingestuur as deel van sy 2024-skrikkeljaarviering.

Die blikkie is opgestuur met ʼn pasgemaakte weerballon by Game se winkel op Potchefstroom.

Volgens Game is dié projek, wat al telkemale deur oorsese handelsmerke en YouTubers aangepak is, ook omgewingsvriendelik en is geen skadelike oorblyfsels agtergelaat nie.

In ʼn video wat op die winkelgroep se sosialemediaplatforms gedeel is, kan gesien word hoe die blikkie teruggekeer het aarde toe nadat dit ʼn hoogte van 38 km bereik het.

Hoewel dié afstand indrukwekkend is, het die blikkie egter ver onder die Karman-lyn gevaar en was dit gevolglik nie tegnies in die ruimte nie. Die Karman-lyn lê op ’n hoogte van 100 km bokant die aarde se seevlak en word algemeen beskou as die grens tussen die aarde se atmosfeer en die buitenste ruimte.

Tog het Game se poging om “nuwe hoogtes” met inkopies te bereik, vir groot pret gesorg.

“By Game doen ons nie net kruideniersware- inkopies nie – ons reik na die sterre!” lui die video se gepaardgaande inskrywing op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Gert ·

@Anel
Wonder ek ook want weet jy wat gebeur as n vliegtuig daai blikkie KOO ontmoet teen 900Kmph.

Wicus ·

Gert, daar word honderde van die weerballonne in ‘n maand opgestuur met toerusting om lesings ens te neem, so ek is seker hulle doen dit in areas waar hulle toestemming het en geen gevaar vir enige iemand bied nie. So ek glo ‘n blikkie KOO bone gaan geen gevaar vir enige iemand inhou nie.

Delia ·

Nou wonder ons hoekom kospryse so hoog is. Al die belaglikhede moet gefinansier word

Cherokee ·

Dan vlieg jy rustig tussen die wolke, en huh(!), hier gaan ‘n blikkie sousbone by jou verby!

madels ·

Laat my nou dink aan “The gods must be crazy” solank die blikkie nie afkom en op ‘n boesman se kop val nie :-)

kristi ·

Lekker sit ek en lag oor jul kommetaar….. een klein televisie skerm????

kristi ·

Lekker sit ek en lag oor jul kommetaar….. een klein televisie skerm????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.