Koperkabel van byna R15 miljoen teruggevind

(Foto: SAPD Gauteng)

Die polisie in Gauteng het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek na misdaad op noodsaaklike infrastruktuur. Beamptes het gesteelde koperkabel ter waarde van ongeveer R15 miljoen gevind en twee verdagtes in hegtenis geneem.

“Lede van die Gautengse hoofwegpatrollie het Maandag reageer op inligting oor ʼn gekaapte vragmotor wat gesteelde koper by ʼn stoorplek in City Deep aflaai,” sê kapt. Dimakatso Sello, woordvoerder van die polisie. “Met hul aankoms by die toneel het hulle op die koper en die vragmotor, vermoedelik alles gesteel, afgekom.”

Twee uitlanders, onderskeidelik 32 en 38 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het die span geloof vir hul vinnige reaksie. “Misdaad op noodsaaklike infrastruktuur is ʼn prioriteit vir die polisie in Gauteng. Dit het ʼn negatiewe impak op die ekonomie en dienslewering in die provinsie.”

Intussen het Nana Zenani, woordvoerder van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) gesê twee Prasa-kontrakteurs is Dinsdagoggend op die Sentraallyn geskiet. “ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat hulle aangeval is terwyl hulle gewerk het. Die aanvallers wou koperkabels steel nog voor dit as deel van herstelwerk gebruik is.”

Zenani sê Metrorail stel ook verder ondersoek in na die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

En die skrootmetaal handelaar …..is hy ook gearresteer?

Delia ·

Dit is presies waarvan ek praat. Hanteer hierdie mense volgens die Wet op Terrorisme. Want dis wat dit is Terrorisme

Frank ·

Ja man, sommer hoogverraad teen Suid Afrika en sy burgers!!!

Claude ·

Ongelukkig het die regering ons landsgrense oopgemaak vir die hele Afrika so almal kan kom maak en breek soos hul wil.

Robert ·

Dis presies waar die probleem begin!! Meerderheid van misdaad word gepleeg deur buitelanders wat onwettig hier is!!!

gpsa ·

Uitlanders. Nie verbaas. Kry hulle hier weg en helfde van ons probleme is weg.

Frank John ·

Dit is nie die enigste nie. Hoop hul vang meer sindikate en gou anders sal hulle die probleem nooit oolos nie.

EnoughSaid ·

“Buitelanders”…..let’s call a spade a spade……hierdie lyk na mede-terroriste vanuit ons buurstate, hetsy wettig of onwettig inni land.

Anel ·

Die ANC se maatjies. Probleem, hulle kry borg en gaan aan waarmee hulle besig was, of hulle word gedoprteer en is binne paar dae terug om dieselfde te kom doen, of hulle gaan ‘n rukkie tronk toe en die belastingbetaler betaal vir hom vir 3 etes op ‘n dag, medies en behuising, en kom hy uit, doen hy maar weer dieselfde!! Mens kan nie so aangaan nie, tensy daar iewers ‘n onbewoonde eiland is waar ons misdadigers kan gaan afgooi dat hulle op hul eie moet sukkel, vir alles. Ek dink ons het nou genoeg gehad!!!!

SjN ·

Uitlanders betrokke, die Kader regering sal hul niks doen nie, dit was deel van hul verkiesings beloftes, pay back time.

Dries ·

Buitelanders is besig om die land leeg te plunder, en die polisie monitor.

christo ·

Dis niks ander as sabotasie teen die staat en sy inwoners nie, maar sal die probleem ooit uitgeroei word? Die buitelanders sal borgtog toegestaan word, maak nie saak hoe hoog die bedrag is nie, en dan verdwyn. Die sindikate betaal maklik die hoë bedrae wat die hof daar stel vir borg en dan verbeur die beskuldigdes hul borg, deur nie op te daag vir die saak nie. So word die sindikaat beskerm en kabeldiefstal floreer. Daar is niks meer frustrerend vir ‘n eerlike polisiebeampte om te sien en te weet dat die kabeldief met die ‘ hulp ‘ van die howe wettiglik gaan ‘ontsnap’ nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.