Koronavirus: SA toets reeds 95

(Argieffoto: pixabay)

Die Nasionale Sentrum vir Oordraagbare Siektes (Nios) het reeds 95 mense vir die dodelike koronavirus, oftewel Covid-19, getoets, het woordvoerder Sinenhlanhla Jimoh Woensdag gesê. Van dié mense was 53 onder waarneming.

Ál die toetse was negatief.

“Die Nios bevestig dat daar nog geen bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika is nie,” het sy gesê.

Die Nios werk saam met die Afrika- Sentrums vir Siektebeheer, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en Roche Scientific om ander Afrika-lande op te lei om laboratoriumtoetse vir die siekte te doen.

“Die Nios is ʼn verwysingslaboratorium vir die WGO en het reeds toetse vir heelparty Afrika-lande gedoen. Hy gaan voort om leiding te gee en gesondheidswerkers in Suid-Afrika en op die res van die vasteland te ondersteun,” het Jimoh gesê.

Suid-Afrika bly intussen steeds op ʼn hoë gereedheidsgrondslag vir Covid-19 en daar word deurlopend voorberei vir enige moontlike uitbreking.

Volgens die WGO het geen nuwe lande teen gister enige nuwe voorvalle van die uitbreking van die virus aangemeld nie.

Volgens die organisasie se jongste beskikbare syfers is daar wêreldwyd nou reeds 75 204 voorvalle van die siekte aangemeld en 2 006 mense het reeds gesterf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

netekalleen ·

My vraag is net, hoe compitent is die mense wat die toetse uitvoer of is dit maar weer net n issue van ken iemand wat iemand ken en dis hoekom die werk gekry is en nie oor jou actual kwalifikasies nie

ES ·

Ek dink die mense is redelik bevoeg wat daar werk. Die NICD is nie ‘n staatsonderneming nie,

Daniel ·

My vraag is hoe lyk jou taalwerk? Tyd vir jou taalpolitoer.

Johann ·

Die korrekte Afrikaanse woorde is as volg: bevoeg vir compitent, aangeleentheid vir issue en werklike vir actual.

Nette ·

Ek het nou weer Maroela Media se bepalings en voorwaardes gelees en snaaks genoeg nêrens sê hulle dat SUIWER Afrikaans gebruik moet word nie…

Oujongvrou ·

Johann en is jy voor n klaskamer of op Maroela. Ons ander gee nie om as engelse mense ook wil bydrae maak hier nie.

Kaptein67 ·

Dankie Johann, ek glo as jy wil kommentaar lewer moet jy darem bevoeg wees daarvoor

Agter die skerms..... ·

Koronavirus is ‘n erge virus – en almal gaan net aanneem dit is ‘n gewone verkoue – persone wat nie medies het nie gaan net dink dit is normaal en iets by die apteek kry – dit is vir my kommerwekkend, baie kommerwekkend.

VannieBaai ·

Ek sou ongelukkig een van daardie mense wees aangesien ek nie ‘n mediese fonds het nie. Maar ons hoop maar vir die beste en bly weg van siek mense.

E ·

Ek het medies maar is nie iemand wat dr toe gaan gaan as ek net siek voel nie. Sal dalk maar ‘n paar dae by die huis in die bed bly maar niks meer nie. Ek hou ook nie van antibiotikum nie.

E ·

Ag nee wat. Ek dink nie dit is so erg nie. Net 2% mense gaan regtig dood en dit is die wat reeds siektes het. Ek is seker die griep en longonsteking maak baie meer elke winter dood.

charmaine ·

Maar hulle het mos gese as jy knoffel eet is jy ok?
As daar alreeds mense en veral babas doodgaan van n virus in ons hospitale glo ek nie daar is competent mense om hierdie dodelik virus te keer of te behandel as dit SA tref nie.

E ·

As my familie siek word gaan hulle nie hospital toe gaan nie. Ek sal verlof neem en hulle by die huis versorg. By ‘n hospital tel jy 10 ander kieme op. En hier gaan die virus in veral staatshospitale soos ‘n veldbrand versprei.

Louise ·

Dink ons sal eers die einde van die jaar werklik besef watse impak die virus gehad het. Dis baie hartseer!

Danie ·

Moet ook nie vergeet dat ‘n weense worsie en ‘n polonie die staat heeltemal ore aangesit het so ‘n jaar of wat gelede nie nie. As so ‘n maklik beheerbare virus (was jou vuil pote en moenie orals grou en krap terwyl jy met kos werk nie) soos listeriose so maklik handuit kon ruk, wat gaan die gevolge wees sou so ‘n dodelike virus eers in Suid-Afrika uitbreek. Ek is seker dit dodetal gaan vinnig in veelvoude van 10000 klim.

Johan ·

Ek het nou gelees dat daar 2118 reeds oorlede is. Dit is erg hoe baie mense n dag sterf. Nou is daar “conspiracy theories” wat se dit is veroorsaak deur China self. Soos n biologiese wapen “went wrong”. Sal ons ooit die waarheid weet en sal dit binnekort gestop kan word, wie weet?

Nell ·

Ag toe nou julle. Moet nou nie ‘n issue staan en maak van die aangeleentheid nie. netekalleen het actually ‘n punt beet. Ek wonder ook hoe ‘compitent’ die personeel is wat die toetse moet uitvoer.

E ·

Ek wonder dikwels oor die 1918 griepepidemie wat blykbaar amper 1/3 van die wereld se mense gedood het. Ek wonder hoe het die wat agterbly aangegaan? Kinders wat dalk wees gelaat was, Mans sonder vroue skielik met kinders alleen gelaat en vrou dalk sonder hul mans etc. etc. Moes maar “scary” gewees het. Nou daai virus is ek voor bang….

Lorna ·

Ons sal maar sien
Hoop bly so want SA is defnitief nie gereed vir so iets nie

Johann ·

In 1918 was my oorlede ouma ‘n ses jarige dogtertjie gewees op die plaas en daar was nie dokters nie. Sy het my baie van die 1918 griep vertel. Nie een van hulle het dit gekry nie, want haar moeder het vir hulle knoffel-sakkies gemaak wat hulle om hulle nekkies gedra het. Verder het hulle elke oggend en aand ‘n groot eetlepel knoffel asyn ingekry. Dit is die reine waarheid soos eerstehands deur my oorlede ouma aan my vertel is. Hulle was in elk geval ook arm bywoners gewees, maar waardig skoon en trotse mense gewees.

Niklaas ·

Laat ons maar net hoop dit versprei nie in SA. Ons mag dalk sukkel om dit hok te slaan en beheer in talle SA hospitale.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.