Koronavirus: Sekere lesings by Wits opgeskort

Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Wits)

Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg het alle “kontakklasse” vir die mediese kursus MBBCh 3 opgeskort ná ʼn student positief getoets het vir die nuwe koronavirus (Covid-19).

“Wits-universiteit is in kennis gestel dat ʼn mediese student, wat sedert verlede Woensdag in kwarantyn was, positief getoets het vir die koronavirus,” het die universiteit Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Die student het nie simptome gehad nie en het Maandag en Dinsdag klasse bygewoon sonder dat hy daarvan bewus was dat hy die virus onder lede het.”

Die universiteit het gevolglik besluit om alle lesings vir die betrokke kursus op te skort. Die akademiese program sal aanlyn voortgesit word. Alle studente in die betrokke student se klas is aangesê om met onmiddellike effek hulself vir 14 dae in kwarantyn te plaas.

Die fakulteit reik ook persoonlik uit na elk van die 350 studente wat moontlik besmet is. “Hulle sal volledige ondersteuning van die fakulteit ontvang, insluitend die nodige monitering en toetsing.”

Jerome September, dekaan van studente, sal reëlings tref vir studente wat in koshuise woon en moet self-isoleer. Alle studente wat bystand benodig kan Thembelihle Dlamini kontak by 072 839 0223. Diegene wat berading vereis, kan Wits se kontaksentrum by 0800 111 331 kontak.

Die senior uitvoerende span van Wits sal Sondagmiddag vergader “om besluite te neem oor die pad vorentoe” vir die fakulteit en alle ander universiteitsbedrywighede.

“Wees gerus dat ons die kwessie bestuur en besluite neem gebaseer op die beste mediese advies beskikbaar.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pampoen ·

Die plekke waar Corona woed is almal koud. Soos in die noorde van Italie. Dis hoekom Suid Korea sukkel en amper niemand in Bangladesh siek is nie. Die aanname dat die virus onder beheer is in China is vals. China is net besig om warmer te word na die winter. Kyk gerus na die wereld temperature en vergelyk dit met die Corona stats.

Anel ·

Nou hoekom sal hulle berading benodig? Die is net ‘n ander form van griep. As jy geneig is om griep te kry in die winter is die moontlik groter dat jy die virus sal kry. Indien jy gesond is en nie maklik siek word nie, behoort nie ook nie sommer hierdie virus te kry nie. Mense raak op hol oor niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.