
Argieffoto
’n Koue front sal na verwagting die suidelike dele van die land laatmiddag vandag (Woensdag) tref en koel weersomstandighede teweegbring.
Die Suid-Afrikaanse weerdiens (SAWD) sê die koue front gaan nie ’n groot uitwerking hê nie, maar slegs dele in die Wes- en die Oos-Kaap afkoel. Dele in dié provinsies het die afgelope week ’n hittegolf ervaar. Temperature in die suidwestelike en die suidoostelike kusgebiede sal tot in die lae 20’s daal.
Die suidelike dele van KwaZulu-Natal en Mpumalanga gaan teen Vrydag ook koel weer ervaar.
Die koue front sal na verwagting tot Donderdagoggend duur.
Wayne Venter, weervoorspeller by die SAWD, sê ʼn 30%-kans vir reën word vir Woensdag langs die suidwestelike kus van die Wes-Kaap verwag. Reën word ook vir volgende week vir die sentrale en oostelike binneland voorspel.
Die naweek is daar ’n 60%-kans op reën in die oostelike dele van die land, insluitend die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en die Vrystaat.
Donderbuie word vir die volgende week daagliks in Gauteng verwag.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dit wil voorkom asof hierdie Somer, koeler is as die norm, hier in die Weskaap.
Ai die Noord Kaap is bloedig warm, hoop ons kry ook ‘n bietjie koelte en reën.
Yeah!!!! Die humiditeit hier in die Wes-Kaap maak my dood.
Ons in die Oos-kaap het amper verkool! Lanklaas so ongelooflik warm gekry, ons is dankbaar vir die koeler weer.