‘Kragnetwerk is steeds onder druk’

(Argieffoto: Johannes Plenio/pixabay)

Eskom het Donderdagoggend weer eens ʼn beroep op verbruikers gedoen om hul kragverbruik te verminder om verdere beurtkrag te voorkom. Eskom was Woensdagaand genoop om fase 1-beurtkrag in te stel weens groot druk op die kragstelsel.

Volgens die kragreus is daar ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit wat veroorsaak is deur opwekkingseenhede wat afskop of breek. Daar is ook vertragings om eenhede wat reeds onklaar geraak het, weer in diens te stel, wat verdere druk op die kragstelsel plaas.

Fase 1-beurtkrag is reeds Woensdagaand weer ingestel, maar Donderdagoggend opgehef.

Eskom sê indien die druk op die stelsel voortgaan, sal hy gedwing word om weer fase 1- of, indien nodig, fase 2-beurtkrag tussen 17:00 en 22:00 vanaand (Donderdag) in werking te stel.

In dié stadium is 14 711 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar nie, terwyl 2 220 MW weens beplande instandhoudingswerk uit die stelsel gehaal is.

Eskom sê hy sal onmiddellik lede van die publiek inlig indien daar drastiese veranderinge aan die stelsel sou ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.