“Ons wil graag dankie sê aan ons ingenieurs wat sonder ophou gewerk het om te verseker dat die kragtoevoer voor vanaand herstel is,” het Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit, gesê.
Gadebe het ook inwoners van Kempton Park bedank vir hulle geduld gedurende die kragonderbreking. Hy sê voorlopige ondersoek dui daarop dat die ontploffing veroorsaak is weens kabelfoute.
Groot gedeeltes van Kempton Park is sedert Vrydag sonder krag na ‘n ontploffing by die Aston Manor-substasie. Aston Manor, Nimrod Park, Bonaero Park en dele van Pomona en Glen Marais was sonder krag.
Swak instandhoudingwerk, want die mense met die kennis is te bleek om aangestel te word.