Kragtorings wat omval dalk met ‘monopole’ vervang

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, en Cilliers Brink, burgemeester van Tshwane. (Foto: Twitter / Cilliers Brink)

Die Tshwane-metro oorweeg dit om die kragtorings wat op die N4 in Pretoria omgeval het, met monopole te vervang.

Volgens Cilliers Brink, Tshwane se burgemeester, is dié monopole “soortgelyk aan selfoonmaste” wat ook uit staal vervaardig word.

Brink het Dinsdag aan verslaggewers op die toneel gesê dat hierdie moontlikheid deel vorm van die metro se planne om ʼn permanente oplossing vir die plundering van noodsaaklike infrastruktuur te vind.

Die burgemeester het vroeër bevestig dat drie van die kragtorings wat omgeval het vermoedelik met opset beskadig is. Hy het die oorsaak van die voorval aan “herhaalde plundering” oor ʼn tydperk toegeskryf.

Nog ʼn kragpaal is volgens Brink kort ná hierdie voorval oor die R101 afgesny. Hoewel dit ʼn afsonderlike voorval is, het hy aan Jacaranda FM gesê dat meer gedoen moet word om beweerde vandalisme van dié aard te ondersoek.

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het onderneem om met Bheki Cele, minister van polisie, te praat oor die beskerming van infrastruktuur en gemeenskappe wat steeds ná Sondagaand se voorval sonder krag sit.

Talle buurte in en om Pretoria is in die donker gedompel toe die kragtorings omgeval het, en die grootste gedeelte van dié buurte het steeds nie elektrisiteit nie.

Brink kon nog nie ʼn tydlyn bevestig van wanneer kragtoevoer na hierdie buurte herstel sal wees nie, maar het Dinsdag gesê hoe gouer hulle meer en beter bystand van Eskom kan kry, hoe gouer kan hulle ʼn aanduiding gee van wanneer die probleem opgelos sal wees.

“Ons verstaan die frustrasie van die gemeenskap. Ek het reeds gesprekke met min. Ramokgopa gehad oor hoe ons die gevolge van hierdie verlengde kragonderbreking kan versag,” het Brink op Twitter gesê waar hy en die minister die toneel langs die N4-snelweg besoek het.

Ramokgopa sê die verantwoordelikheid kan nie net op die skouers van Brink en sy administrasie rus nie, en die departement sal ook hulp verleen en die nodige ondersteuning bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

domheks ·

Jammer vir die wat NIE deel was van die ‘vandalisme’ NIE! Maar geen simpatie aan die klomp stropers/skelms/vandale nie!

Koen ·

Ook die kopers. Dis hulle wat die brandstof verskaf vir die stropers.

Andrew ·

Die “plundering” is eintlik polities (voor 94 terroristies) van aard. Hulle gaan nie toelaat dat die DA se
burgermeester kan regeer nie. Die poppe gaan nog dans en die narre gaan mekaar probeer uit-nar in daai raad saal.

piket ·

Is dit nou waaragtig so moeilik om dit op te los! Die soort “afval skroot ” noem dit wat jy wil, is maklik herkenbaar. Gaan soek dit by die skrootwerwe, en as dit daar gekry word, maak die plek toe en vervolg die eienaars. Enigiemand wat met dit in sy besit betrap word moet vervolg word met die volle krag van die landswette. Ondersoek ALLE skrootwerwe, ook die in plattlandse omgewing. A nee A! Dis nie so moeilik nie.!

Tino ·

Jyt ‘n funksionele polisie mag nodig wat wil, om dit te doen…

Moereloosverby ·

Dink hulle regtig om met een van die genoemde ministers te praat gaan hulle iets in die sak bring? Met alle respek…hulle is maar te bly as die DA sulke moeilikheid in die gesig staar. Ons sal self moet inspring met die oplossings – en dit sal konsekwent toegepas moet word met ons as belastingbetalers se geld.

Adri ·

Die maste behoort nie aan die plaaslike owerheid nie; dit is Escom se eiendom. Escom moet dit in stand hou en oppas!

Di ·

Dis nie plundering nie – dis TERRORISME en moet ook so hanteer word. Die regering moet BAIE STRENGER strawwe ople vir hierdie tipe kriminele want dit raak nie net ons gewone landsburgers nie maar ook die groot invloed op die land se ekonomie

Papsak ·

Ek gee nie om wie betrokke is nie geen simpatie vir hulle nie sit of stel iets in as hulle dit doen sluit toe met groot boetes klaar

Marina ·

Sabotasie as jy my vra, enige iets dat ons sonder krag sit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.