Tshwane doen ‘alles moontlik’ om krag te herstel

(Foto: The City of Tshwane/Facebook)

Tshwane se burgemeester het inwoners opnuut verseker dat die metro “alles moontlik” doen om die kragtoevoer na al sy inwoners te herstel nadat verskeie kragtorings Sondagaand tydens ʼn storm meegegee en op die N4 in Pretoria geval het.

Hoewel Cilliers Brink nie ʼn vasgestelde tydlyn kan gee oor wanneer nagenoeg 32 woonbuurte in en om Pretoria en Centurion weer krag sal hê nie, het Eskom intussen ingespring om die metro met herstelwerk by te staan.

Brink het Dinsdagmiddag een van die beskadigde kragmaste saam met die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientsho Ramokgopa, besoek.

Ramokgopa het tydens die besoek onderneem om die metro by te staan om te verseker dat die herstelwerk gou afgehandel word.

“Eskom help tans die metro om monopole te bekom, maar ons is ook in gesprekke met ander vervaardigers, so daar is nie net een enkele verskaffer van die monopole nie,” het Brink aan joernaliste gesê.

“Om die herstelwerk te doen is ʼn massiewe taak, maar hoe meer bystand ons kry, hoe makliker is dit om kragtoevoer te herstel. Daar is nie ʼn vasgestelde tydlyn vir die herstelwerk nie, maar die doelwit is wel om die werk so gou moontlik af te handel.”

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, en Cilliers Brink, Tshwane se burgemeester. (Foto: The City of Tshwane/Facebook)

Minstens 21 gebiede in Pretoria se krag is Maandag en Dinsdag herstel, maar talle woongebiede, waaronder Mamelodi, sit steeds sonder krag.

Brink het vroeër onthul dat herhaalde plundering en beskadiging van kragtorings langs die N4 in Pretoria moontlik die rede is waarom dié strukture eindelik meegegee het.

Ramokgopa sê hy en Brink het reeds samesprekings gehou oor wat gedoen kan word om gevalle soos dié voortaan te vermy.

“Ons besef dat daar op kort termyn iets gedoen moet word om die kraginfrastruktuur te beveilig en gemeenskappe teen langdurige kragonderbrekings soos dié te beskerm,” het Ramokgopa gesê.

“Daarom sal ek die moontlikheid van groter sekerheidsbystand en ander ingrypings met die polisieminister opneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

muffin ·

so soek hulle aandag vir nou en nioot elke jaar om te kyk vir instandhouding nie. lekker geld vir hulself.

Vanessa ·

Tshwane lewer uitstekende diens. Dit was ‘n groot uitdaging.

Patch ·

Ons woon in een van die gebiede waar die krag teen Maandagaand herstel was. Baie dankie vir die harde werk wat ingesit is en wat steeds ingesit word om die hele Pretoria-omgewing weer van krag te voorsien. Julle harde werk gaan nie ongesiens verby nie.

Vriendelike Frikkie ·

Die plundering is selfs sigbaar op Google Earth. Persoonlik dink ek die plundering van die torings kon baie vroeër aangespreek gewees het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Binnelandse diewe en terroriste soos ISIS sal voortaan kragtorings en ander sagte infrastruktuur teiken. Die mank SANDF het harde werk wat voorlê.

Friedrich ·

Sal dit nie beter wees om die weermag te vra vir hulp om Suid Afrikaanse infrastruktuur te beskerm nie? Dis nie asof hulle op die stadium veel anders doen nie, want hulle pas nie grense op nie?

Felix ·

Kan Tshwane net vir die herstel tydperk kwyt gestel word van beurtkrag?Dis ‘n absulute gemors,want beurtkrag werk tans nie soos dit moet nie.Die app sê so,maar dit gebeur nie so nie.Dankie aan ALMAL wat dit so gou as moontlik probeer oplos ????

Anel ·

Toe ek hoor die pale het omgeval het ek dadelik vir die huismense gesê dat dit as gevolg van diefstal is. Ons kragpale is baie goed gemaak en stewig geanker. Die ou windjie sou hulle nie kon om wasi nie. As daar gereeld inspeksie van die torings gedoen word, sal so iets nie gebeur nie. Gemeenskappe waar die torings in hul omgewings is moet gemaan word dat as daar plundering plaasvind, die goed op hulle of hul kinders kan val en dalk die dood van iemand veroorsaak. Dalk help dat dat hulle ook daarop bedag sal wees. Hier in een van die buurtes bly hulle weerskante van die pale. So hulle behoort dit mooi dop te hou. Natuurlik is ons die enigste land in die wêreld waar so iets gebeur. Mense lag vir ons. Wat ‘n skande, en dan nog beurtkrag ook! Ai, ai,ai. En dan dink die minister hy is die kat se snor!!!!

Amelia ·

haha minister wil hul bystaan met krag probleem gaan hy dit reg maak ag nee wat eskom en tshwane werkers gaan dit alleen reg maak Hy sal seker net kyk glo nie hy weet regtig hoe nie

gpsa ·

Dit is onmoontlik om elke paal op te pas. Begin by die wortel van die kwaad.
Maak die grense toe en kry die uitlanders hier uit. Ons het ver te veel mense in die land vir wat ons ekonomie kan dra dan stroom duisende elke dag nog land in ook.
Op die einde le als op die voordeur van die kiesers wat die regerende party instem.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sodra ‘n land begin knak gaan sake vinnig agteruit. Ons is reeds verby die kantelpunt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.