Krane droog dalk op in Rustenburg

water-kraan

(Foto: Pixabay.com)

Die plaaslike munisipaliteit in Rustenburg in Noordwes het streng waterbeperkings ingestel.

“Die reservoirs het tans geen kapasiteit nie en geen water beskikbaar wat gebruik kan word as ʼn gebeurlikheidsvoorraad vir inwoners, ondernemings of nywerhede indien die normale voorraad opgebruik word nie,” het ʼn woordvoerder vir die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê.

“Weens die gebrek aan reën in Rustenburg ná die winter, tesame met die daaglikse verbruik van water deur privaat en kommersiële kliënte, word noodsaaklike waterbeperkings ingestel, aangesien enige vertraging in die waterbestuurplan daartoe kan lei dat die watervoorraad in sy geheel opdroog.”

Die munisipaliteit het ʼn waterbeperkingsplan met verteenwoordigers van Magalies Water, Rand Water, Impala, Glencore, Anglo American, Water en Sanitasiedienste (WSSA) en Rainbow Chicken Ltd (RCL Foods) bespreek. “Die waterbeperkings sal ʼn negatiewe impak hê op toegang tot water deur kommersiële kliënte en nywerhede en vervaardiging sal dus hierdeur geraak word.”

Geskeduleerde waterbeperkings begin vanaf 17:00 elke aand tot 05:00 elke oggend totdat die stelsel herstel of reën ʼn positiewe impak het op die watervlakke in die onderskeie damme.

“Ons maan alle verbruikers om water spaarsamig te verbruik en nie hul tuine nat te lei of swembaddens te hervul nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Susan ·

Dit gaan ‘n algemene verskynsel onder al die dorpe in SA wees. Ons dam in Phalaborwa is ook leeg. Niks nuut nie, ons is op die druppel van ellende.
Dis net die begin van die einde

Johanna Botha ·

Hier kom n GROOT ramp …al het jy krag en geen water …kan jy maar vergeet !

Penelope ·

Rustenburg sukkel reeds met lae waterdruk oral. Pype bars daagliks by die hordes…
Ons bid dat die Here vir ons reen sal stuur, oral waar dit droog is!

Attie. ·

Ons sal konsultante moet inroep om vir SA te moet kom help met die beplanning van damwalle te verhoog en sommer ook ‘n paar damme te bou. Die regering weet baie goed om plekname te verander en hulle weet hoe verander jy skoon water in riool. Ai ANC, julle het baie geleer in ‘n kwart eeu. Doen so voort.

Infanteris ·

Rustenburgers is al jare gewoond daaraan om sonder water te wees en dit gaan net so met die krag ook daar omdat die munisipaliteit deur onbevoegde mense bestuur word, die hele dorp lyk ook al soos een groot vullishoop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.